Steven Billington (43) van Claremont in Kaapstad wat juwele ter waarde van meer as R85 000 van sy meisie gesteel het, is Dinsdag tot drie jaar huisarres gevonnis.
Lees meerAlles vir Woensdag 24 September 2014
Vier vas oor gekaapte vrag sigarette
Vier mense is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om ʼn vragmotor vol sigarette te kaap.
Gee die grond terug, sê EFF
Die EFF het Woensdag gesê Suid-Afrikaners se grootste erfenis is hul grond en historiese onteiening moet reggestel word.
IS-onthoofdings: Vierde video vrygestel
Jihadiste wat verbind word aan die Islamitiese Staat (IS), het ʼn video van die onthoofding van ʼn man van Frankryk wat in Algerië ontvoer is, vrygestel.
Video: Nigerië-ineenstorting: Ses ontslaan; nóg oorlewendes land by OR Tambo
Ses Suid-Afrikaners wat beseer is toe ʼn gebou in Nigerië ineengestort het, is uit die hospitaal ontslaan.
Groot onduidelikheid oor water in JHB, PTA
Ná watertekorte die afgelope week was dit Woensdag nog steeds nie duidelik wanneer dele van Johannesburg en Pretoria weer water gaan hê nie.
Meyer kies Oupa vir toets teen Wallabies
Oupa Mohoje as die nr.7-flank is een van drie veranderinge aan die span wat teen die All Blacks gespeel het vir Saterdag se toets teen die Wallabies op Nuweland.
Video: Braai-etiket
Of jy nou ‘n braaier, die braaitangmeester of net ‘n toeskouer om ‘n vuurtjie is waar ‘n paar stukke boerewors of tjoppies lê en warm kry, verduidelik hierdie oulike tong-in-die-kies video presies wat jy mag, en nie mag doen nie.
Brandstofpryse – vooruitsig vir Oktober
Motoriste kan moontlik in Oktober ‘n geringe daling in die prys van petrol te wagte wees.
Vingers word gewys oor kernooreenkoms
Rosatom, Rusland, of die media kan nie verkwalik word vir ’n “voortydige” gevolgtrekking oor ‘n kernkragooreenkoms tussen Suid-Afrika en Rusland nie, skryf Herman Toerien.
5 jaar tronkstraf vir 5 kinders se dood
Phelelani James Mchunu (25) is Dinsdag tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat vyf kinders dood is toe sy bakkie in ʼn dam beland het.
Nóg ʼn baba weggegooi
ʼn Pasgebore baba is Woensdagoggend in ʼn toilet by ʼn taxistaanplek oorkant die hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, aangetref.
Dinge om te doen in SA op Erfenisdag
Suid-Afrika het nie ʼn tekort aan ʼn kulturele erfenis nie en daar is ʼn verskeidenheid maniere waarop ons Erfenisdag kan vier: baie van ons gaan ʼn tjoppie op die kole braai en net rustig saam met vriende verkeer, maar daar is ook ‘n hele paar uitstappies waaraan jy kan deelneem om ons erfenis te gedenk.
Nuuskommentaar: Erfenisdag – stories uit die spens
Herman Toerien onthou die heerlike spenskoekies en ingelegde vrugte uit sy kleintyd, maar wil nie sy erfenis in ‘n spens opgesluit sien nie.
“Nog geen kernkrag-kontrak nie”
Die Suid-Afrikaanse regering het Dinsdag ontken dat hy ʼn kernkrag-kontrak ter waarde van $50 miljard aan Rusland toegeken het, en gesê die lande het slegs ʼn samewerkingsooreenkoms onderteken.
Derby-Lewis-kwessie na die VN geneem
Front Nasionaal gaan ʼn formele klagskrif oor die Suid-Afrikaanse regering se hantering van Clive Derby-Lewis se paroolaansoek by die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie indien.
Gedagte vir die dag: Vertrou op die Here
Hy is die Een op wie jy jou lewe lank kan vertrou. (Jes 33:6)