ʼn Fabriekswerker is Woensdag in Hammersdale in Durban beseer toe sy arm in ʼn industriële tekstielmasjien beland het.
Lees meerAlles vir Woensdag 15 Oktober 2014
Opblaaskrokodil “aangekeer”
Britse polisiebeamptes wat Woensdag ontbied is om ʼn krokodil in Plymouth aan te keer, het uiteindelik ʼn 1 meter lange opblaasplastiek-krokodil opgespoor.
WGO waarsku oor ebola-getalle; ebola-verpleegster was op passasiersvliegtuig
Die VN se Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) meen dat daar teen Desember tussen 5 000 en 10 000 nuwe ebola-gevalle per week in Wes-Afrika kan voorkom.
Nóg ʼn skoolmoord
ʼn 19-jarige skolier is Woensdag in Embalenhle naby Secunda in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn medeskolier met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.
Vermeende rower doodgeskiet; makker gewond
ʼn Vermeende rower is Woensdagoggend in Phoenix, KwaZulu-Natal doodgeskiet en ʼn tweede verdagte gewond in ʼn skietgeveg met die polisie.
Vier in hof oor renosterhorings
Vier mans van Mpumalanga wat daarvan beskuldig word dat hulle 112 renosterhorings ter waarde van R116 miljoen gesteel het, het Woensdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn.
Oscar Pistorius-saak: “Ek het gehoop hy verneuk Reeva”
Kim Martin het gehoop Oscar Pistorius het haar niggie, Reeva Steenkamp, met iemand anders gekul toe sy die nuus oor die radio gehoor het dat hy sy vriendin doodgeskiet het.
Vrou tronk toe na moord op kêrel
ʼn 20-jarige vrou van Noordwes is in die Bloemhof-streekshof tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op haar kêrel.
Reeva se pa knak in hof
Die staat het Reeva Steenkamp se niggie, Kim Martin, Woensdag geroep om te getuig in Oscar Pistorius se saak in die hooggeregshof in Pretoria.
Oscar Pistorius soek nie geld terug nie
Die geld wat Oscar Pistorius aan sy vriendin Reeva Steenkamp se ouers betaal het, is onvoorwaardelik betaal en hy soek dit nie terug nie, het sy regsverteenwoordiger Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria gesê.
Alberton-ongeluk: Vragmotorbestuurder môre in hof
Die vragmotorbestuurder wat glo Dinsdag se noodlottige kettingbotsing op die N12 in Alberton, Johannesburg, veroorsaak het, sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn op aanklag van strafbare manslag.
Oscar Pistorius: ‘Gemeenskap soek ʼn swaar straf’
Mense sal die reg in eie hande neem as moordenaars vonnisse soos huisarres en gemeenskapsdiens kry, het die hooggeregshof in Pretoria Woensdag gehoor in die Oscar Pistorius-saak.
Gedig: Twee swaeltjies
“Twee swaeltjies het kom plak op ons voorstoep,” skryf Wessel Pretorius in sy gedig, “Twee swaeltjies”.
Kaapstad-polisieman se bejaarde ma vermoor
Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord nadat ʼn polisiebeampte van die bende- en dwelmeenheid se bejaarde ma vermoor en sy 44-jarige broer geskiet en gewond is.
Video: Agtjarige is ʼn klein Patrick Swayze
Charlie (8) het die rolprent Dirty Dancing al só baie gekyk dat hy Patrick Swayze se danspassies amper perfek kan naboots en dit sonder ʼn dansmaat.
Winnie daag egskeidingsbevel vir Madiba se Qunu-huis
Winnie Madikizela-Mandela beweer in hofdokumente wat by die hooggeregshof in Mthatha ingedien is, dat die egskeidingsbevel van haar huwelik met wyle oudpresident Nelson Mandela ʼn bedrogspul was, het die Daily Dispatch Woensdag berig.
Nuuskommentaar: Koppestamp van die e-tollenaars en Gautengse “imperialisme”
Die besware teen tolpaaie, en e-tol in die besonder, is wydlopend, en byna elke dag word nuwe besware geopper. Dit veroorsaak onder meer dat baie mense alternatiewe roetes gebruik, en eintlik paaie voos ry wat nié deur die tolgeld in stand gehou word nie, skryf Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Meer tier in tenk, maar nie almal is bly
Herman Toerien bespiegel wat moontlik met die olieprys kan gebeur as wêreldgebeure in ag geneem word.
Kinders in dié skole binnekort sonder kos
Sowat 64 000 leerders in Gauteng wat van skoolvoedingskemas afhanklik is, word geraak deur ’n besluit van die Nasionale Tesourie om nie geld hiervoor beskikbaar te stel vir die sogenaamde kwintiel 4- en 5-skole nie.
Kovsie-student word sedert Vrydag vermis
ʼn Manstudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) word sedert Vrydagaand vermis nadat hy op pad kampus toe aangeval is.