Die Olimpiese silwermedalje-langafstandatleet Mbulaeni Mulaudzi is Vrydag in ʼn motorongeluk oorlede.
Lees meerAlles vir Vrydag 24 Oktober 2014
Mpuma-skolier doodgeskiet
Die provinsiale departement van onderwys het Vrydag bevestig ʼn 17-jarige skolier het ʼn medeskolier in Witbank doodgeskiet.
Oscar Pistorius: Nog geen besluit oor appèl
Die Nasionale Vervolgingsgesag het Vrydag gesê hy het nog nie ʼn besluit gemaak of daar appèl aangeteken gaan word teen die vonnisuitspraak in Oscar Pistorius se moordverhoor nie.
R50 000 skadevergoeding vir huishulp
ʼn Huishulp gaan R50 000 skadevergoeding ontvang nadat ʼn verkoper haar ʼn rassistiese term toegesnou het tydens ʼn woordewisseling.
Pastoor se aanrandingsaak word dalk uitgegooi
ʼn Pastoor van Mpumalanga wat glo ʼn 79-jarige vrou só hard geslaan het dat sy twee tande verloor het, kan moontlik vrygelaat word indien die staat nie sy sake in orde kry nie.
VF Plus vra Phiyega om medaljes terug te gee
Die Vryheidsfront Plus het gesê die toekenning van verskeie medaljes aan genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, is nie net ʼn “verleentheid vir die polisie nie, maar ʼn verleentheid vir die hele Suid-Afrika”.
Taalreël: kan of mag?
Taaltoffie ondersoek of daar enige voorskrifte in Afrikaans bestaan rondom die gebruik van “kan” en “mag” (Engels: can/may)
SA broers in VSA aangekla oor renosterjagtogte
Twee Suid-Afrikaanse broers word in Amerika van sameswering aangekla oor die verkoop van renosterjagtogte aan Amerikaanse jagters.
Rhodes-student dood aangetref in woonstel
ʼn Vierdejaar-student aan die Rhodes-universiteit in Grahamstad in die Oos-Kaap, is Donderdagaand dood aangetref in sy woonstel.
Hof beveel SAUK-bedryfshoof moet geskors word
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Vrydag beveel dat Hlaudi Motsoeneng, omstrede bedryfshoof van die SAUK, dadelik geskors moet word.
Eskom borg R43 miljoen se ontbytkonferensies
Colin Matjila, waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, het vir omstredenheid gesorg by die kragvoorsiener oor ʼn kontrak van R43 miljoen om The New Age (TNA) se ontbytkonferensies te borg, het Mail & Guardian Vrydag berig.
Video: SA fliek speel af in Frankryk
Die lokprent van ʼn nuwe plaaslike rolprent, French Toast is vandag bekend gestel. Die rolprent is gemaak deur dieselfde span wat Pretville en Liefling vervaardig het.
Video: Jordan word in styl gekarwei
Jordan Pelser, die dapper vierjarige seuntjie wat die stryd teen kanker gewen het, is vandeesweek met ʼn rit in ʼn spoggerige bloedrooi Ferrari bederf.
Leading Lady: Hollywood-akteur kom kuier in Johannesburg!
Die Kanadese akteur, Gil Bellows, gaan binnekort in Suid-Afrika kom kuier en skouers skuur met van ons beste plaaslike akteurs.
Tien vas oor ‘gesteelde’ koperkabels
Tien mense is in hegtenis geneem nadat hulle glo koperkabels gesteel het, het die polisie in Noordwes Vrydag gesê.
Redakteursbrief: Kankerbewusmaking, etiek en goeie bedoelings
“As mens se bedoelings goed is, is etiek skynbaar nie ʼn kwessie nie.” Stem jy saam? Lees bietjie wat skryf Susan Lombaard vandeesweek in haar redakteursbrief aan jou.
Nuuskommentaar: Plofkrag van die vrot appels
Die ding met ʼn vrot appel is – as hy van die boom af val, spat die vrottigheid in alle rigtings…
Nuwe vrystellings 24 Oktober 2014
Hier is ‘n aantal nuwe vrystellings wat onlangs by sommige radiostasies se speel- en/of trefferslyste gevoeg is en in aanmerking kom vir Maroela Media se…
Midrand-ongeluk eis drie
Drie mense is Donderdagaand dood en sewe is beseer tydens ʼn ongeluk in Midrand, Gauteng.
Pinetown-ongeluk: Trokbestuurder weer in hof
Sanele Goodness May van Swaziland, wat verlede jaar in Pinetown, KwaZulu-Natal die dood van 24 mense veroorsaak het, verskyn weer Vrydag in die Durban-hooggeregshof. Hy gaan na verwagting skuldig pleit op 24 aanklagte van strafbare manslag.