Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) trou komende naweek in Seshego, Limpopo.
Alles vir die maand Desember 2014
SA’ners in die buiteland: Só vier ons Kersfees in Kanada (deel 3)
Cathy Kotzé en haar man bly al 13 jaar in Kanada. Sy skryf oor hul “anderste Kersfees”.
Nuuskommentaar: Elke dag in die gees van Kersfees
Ja, Sondagoggende deur die jaar is dit ʼn aardigheid om te sien hoe motoriste op pad kerk toe voet in die hoek sit en al wat verkeersreël is ignoreer. Hoekom sal dit oor Kerstyd anders wees? vra Herman Toerien.
Presidensie ontken nóg ‘n vrou vir Zuma
ʼn isiZulu-idioom wat pres. Jacob Zuma tydens ʼn geleentheid vir senior burgers gehou het, is verkeerd geïnterpreteer, het die presidensie Woensdag gesê.
Sewe vas oor poging tot moord
Ses mans en ʼn vrou is Woensdag in Crossroads naby Kaapstad in hegtenis geneem vir poging tot moord en die besit van ʼn onwettige vuurwapen.
10-jarige verdrink in Ficksburg
ʼn 10-jarige seun het Woensdag in ʼn munisipale swembad in Ficksburg verdrink.
Gedagte vir die dag: Die openbaring van God se liefde
God is liefde. Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. (1 Joh 4:8-9)
Die jaar van die verlore skaapboud
Dis nou ‘n lekkerleesverhaal, spesiaal vir Kersfees en enigiemand wat al ooit ‘n skaapboud uit die land wou smokkel…
Babalykie in Delft opgespoor
ʼn Pasgebore baba se liggaam is in ʼn plastieksak in Delft in die Wes-Kaap opgespoor.
Ma in hof wat glo baba wou weggooi
ʼn 29-jarige ma van vier het Woensdag in die landdroshof in Mbibane, Mpumalanga verskyn nadat sy glo die geboorte van haar seun verberg het.
Vuurwerke ontplof in Bloem-tiener se hand
ʼn 14-jarige seun van Wilgehof in Bloemfontein is beseer nadat vuurwerke Woensdag in sy hand ontplof het.
Video: Nuwe skool staan steeds leeg
Terwyl talle skole steier onder die druk van oorvol klasse en gebrekkige infrastruktuur, staan ‘n nuutgeboude skool in Limpopo reeds sowat twee jaar lank leeg.
Video: Kersliggiefees by Jakaranda-kinderhuis
Meer as 40 000 mense het reeds vanjaar daar ‘n draai gemaak, maar as die reën wegbly meen die organiseerders hulle kan verlede jaar se 65 000 besoekers nog verbysteek.
Kleuters aangeval: Man in hof oor Dobsonville-inbraak
ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy twee klein kinders en hul ma tydens ʼn rooftog in Dobsonville, Soweto aangeval en met ʼn mes gesteek het, het Woensdag in die hof verskyn.
(Video) Resep: Nutella-sjokoladesterbroodjie
Hierdie Nutella-sjokoladesterretjie is baie eenvoudig om te maak en perfek vir Kersfees. Bederf gerus jou gaste met hierdie soetigheid!
Olyfolie reeds 8 000 jaar gelede in Israel gebruik
Die bewyse vir die oudste gebruik van olyfolie in Israel en moontlik die hele Middellandse Seegebied is in die laerliggende dele van Galilea gevind, berig die Jerusalem Post.
SA Ruimte-agentskap vier vierde verjaarsdag
Die Suid-Afrikaanse Ruimte-agentskap, (Sansa) is in Desember 2010 deur die departement van wetenskap en tegnologie in die lewe geroep, en het hom reeds as waardevolle vennoot aan ander lande gevestig in onder meer die lansering van tuie na die diep ruimte.
Video: Vinkel en Koljander
Hier is die musiekvideo van “Vinkel en Koljander” van Jacqueline se debuutalbum.
Video: Vergeet eers Mars – reis na Venus
’n Groep wetenskaplikes by Nasa werk aan ’n konsep om die mens se eerste reis na ‘n ander planeet nie na Mars nie, maar die aarde se naaste buurman, Venus, te onderneem.
Suid-Afrika se eerste Grootmeester in skaak
Die skaakspeler Kenny Solomon het Suid-Afrika se eerste Grootmeester in skaak geword toe hy die Afrika Individuele Skaakkampioenskap in Windhoek, Namibië gewen het.