ʼn Staatsaanklaer by die Kimberley-landdroshof was Dinsdag die een in die beskuldigdebank toe hy in dieselfde hof op ʼn aanklag van korrupsie verskyn het.
Lees meerAlles vir Woensdag 29 April 2015
Tunisië-aanval: SA vrou se toestand verbeter
Estelle du Preez (64), die Suid-Afrikaanse vrou wat in Maart in die terreuraanval op ’n museum in Tunis, die hoofstad van Tunisië, beseer is, se toestand het aansienlik verbeter.
Pta-skietdood: ‘Nicolene was onvervangbaar’
Nicolene Schreuder (35), die vrou wat Woensdagoggend ten aanskoue van kollegas by haar werkplek in Pretoria doodgeskiet is, was ʼn opgeruimde mens wat altyd gelag het en met almal oor die weg gekom het.
Honderde onwettige Zimbabwiërs gedeporteer
Honderde Zimbabwiërs het die afgelope twee weke uit SA gevlug uit vrees vir xenofobiese geweld, maar meer as 400 Zimbabwiërs wat onwettig in die land gewoon het, is ook gedeporteer.
Foto’s: Trane vloei toe boer stapper teen plaasmoorde ontmoet
’n Emosionele en hartverskeurende toneel het vanmiddag op die plaas Vaalbank, buite Bronkhorstspruit, afgespeel waar Duncan Nyawo, die stapper teen plaasmoorde, sy naamgenoot, dr. Duncan Prinsloo, ontmoet het wat in 2008 die slagoffer van ’n wrede plaasaanval was.
ToekomsVenster: Hy verander ons
https://rak2.spens.co.za/radio/2015-onderhoude/jannie-pelser-toekomsvenster-63.mp3 As ek aan my eie groei na geestelike en emosionele gesondheid dink, dink ek aan ’n val-en-opstaan lewe. Ons is nie skielik gesond nie….
Brandstofpryse bykans onveranderd in Mei
Indien die huidige olieprysvlakke deur die loop van Mei stabiel bly of selfs verder styg, gaan plaaslike brandstofpryse op 3 Junie weer beduidend styg.
Stapper teen plaasaanvalle sal memorandum aan Zuma oorhandig
Die 37-jarige Duncan Nyawo, ʼn studente-onderwyser van Mpumalanga wat van Nelspruit tot by die Uniegebou in Pretoria stap in protes teen plaasaanvalle en die moord op polisielede, sal na verwagting Donderdag in Pretoria aankom.
Video: Vou die oulikste servethasies
Verras gerus jou gaste met hierdie oulike servethasies.
‘Rower’ minute na hofverskyning weer vas
Etlike minute nadat ʼn 21-jarige man uit die Port Elizabeth-landdroshof gestap het, is hy weer in hegtenis geneem.
Indonesië stel agt van nege dwelmveroordeeldes tereg
Indonesië het agt van die nege dwelmveroordeeldes oor wie se voorgenome teregstelling ’n storm losgebars het, tereggestel.
Terminaal siek man vra hof vir genadedood
Die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag gehoor dat diere beter behandel word as mense tydens ʼn aansoek van ʼn man wat terminaal siek is en genadedood wil ontvang.
Video: Só lyk Kaapstad tydens en ná beurtkrag
Die gebruiker Eric Nathan het ‘n video op YouTube gelaai waar mens baie duidelik kan sien wanneer Eskom ná beurtkrag weer die ligte in Kaapstad aanskakel.
Vrystaat-tieners vermis
Twee tieners van Odendaalsrus in die Vrystaat word vermis nadat hulle vermoedelik saam weggeloop het.
Vrou doodgeskiet by Pta-werkplek
ʼn 33-jarige vrou is Woensdagoggend ten aanskoue van kollegas doodgeskiet, vermoedelik deur ʼn man aan wie sy vroeër verloof was.
Werkers op Bela-Bela kleinhoewe oorval, vasgebind
Die polisie is opsoek na ʼn groep verdagtes wat twee werkers Woensdagoggend op ʼn kleinhoewe buite Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo oorval het.
Chicago – my tipe stad
Verken Chicago saam met Marianne – en kom besluit self of dit ook jou tipe stad is.
Foto’s: Boere staan saam en trek nege ‘rowers’ vas
Nagenoeg 100 boere het met behulp van ʼn stroper en twee hoogloop-spuite nege gewapende verdagtes vasgetrek.
Enkelma pos kwyt nog voor sy begin – weens Facebook
ʼn 27-jarige enkelma van Texas in Amerika is haar pos by ʼn dagsorgsentrum kwyt nog voordat sy kon begin werk, te wyte aan ʼn inskrywing wat sy op Facebook gemaak het.
Vaalwater-boer steeds kritiek na plaasaanval
Ian van Druten (44), ʼn plaasbestuurder in die Vaalwater-omgewing wat verlede week oorval en in die gesig geskiet is, se toestand is kritiek.