ʼn Paartjie van Singapoer het met hul troufoto’s ʼn opskudding op sosiale media veroorsaak.
Lees meerAlles vir Woensdag 15 Julie 2015
Polisiekonstabel in hof oor wapens, ammunisie
ʼn Polisiekonstabel en nog twee verdagtes het in die Delareyville-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van die besit van ongelisensieerde ammunisie en gevaarlike wapens.
94-jarige tronk toe oor Auschwitz-moorde
Gröning het skuld beken en aangedui dat hy moreel medepligtig voel.
Meisie (14) glo wreed verkrag; met klippe toegepak
ʼn 22-jarige man het in die Grabouw-landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn 14-jarige meisie verkrag en erg aangerand het.
Ramaphosa gryp in oor SA’ners in China
Die Suid-Afrikaanse regering het met hoëvlak ingrypings begin om die vrylating van Suid-Afrikaners wat in China aangehou word te bewerkstellig.
Waarnemende Eskom-hoof se kontrak verleng
Eskom het Woensdag aangekondig dat hy sy waarnemende hoof se kontrak verder verleng het.
ToekomsVenster: Regverdigheid, ‘n kernwaarde vir ons tyd
Ons moet leer om in sirkels te dink in plaas van in rye. God plaas mense nie in rye nie, maar in sirkels. En in ‘n sirkel vat almal hande. Wie is nou eerste en wie is laaste? Almal is gelyk. Niemand staan nader of verder van Hom wat in die middel staan nie! Dis hoe God se regverdige liefde werk.
Boek: Kleur – my lewe, my lied – Randall Wicomb
Kleur – my lewe, my lied is die resultaat van ses jaar se gesprekke met Randall Wicomb ̶ van herinneringe aan sy kinderjare tot vertellings oor die eensame bestaan wat hy nou voer.
Nog bewerings teen polisie ná meisie bebloed langs straat gevind is
Die polisie ondersoek bewerings dat beamptes geweier het om ʼn saak oop te maak nadat ʼn jong vrou bebloed langs ʼn straat in Kaapstad gevind is, omdat hulle glo gesê het sy “is net dronk”.
Kleinhoewe-aanval: ‘Jesus staan langs sy bed en hy veg’
Braam Blignaut (35), wat verlam is nadat hy Vrydag in ʼn aanval op ʼn kleinhoewe drie keer ten aanskoue van sy kinders geskiet is, “veg baie hard en sy wil om te lewe is groot”.
Luister: Proesstraat se Cindy Swanepoel is veel meer as ʼn grapjas
Cindy Swanepoel laat mense gereeld skaterlag in ‘Proesstraat’ maar vanjaar was sy ook in haar eerste vollengte rolprent, ‘Ballade vir ʼn Enkeling’, te sien. Die besige aktrise is egter veel meer as net ʼn grapjas. Maroela Media het met haar gesels oor haar vermoë om mense te laat lag en haar nuwe rol in die televisiereeks ‘Getroud met Rugby’.
Bemagtig jou kind met dié mensgerigte vaardighede
Vandag (15 Julie 2015) is die eerste jaarlikse World Youth Skills Day, ’n dag wat deur die VN aangewys is om bewustheid te skep van die belangrikheid van tegniese en beroepsopleiding en vaardigheidsontwikkeling onder die jeug.
Akademia gaan volstoom voort
Met die bekendmaking vandag dat ’n kampuskompleks in Centurion aangekoop is, het Solidariteit ’n groot stap vorentoe geneem met die uitbouing van Akademia tot ’n volwaardige Afrikaanse universiteit.
Woordewisseling lei glo tot Knysna-man se dood onder bakkie
“Ek het my seun verloor. Niks sal hom ooit terugbring nie.”
Video: Die wegholbruid-resies
Talle vroue neem jaarliks – in hul trourokke – deel aan ʼn “wegholbruid”-wedloop in Narva, Estland.
Boek: Beste uit Vrouekeur 3: 50 Gesinsresepte
Beste uit Vrouekeur 3: 50 Gesinsresepte is die derde van ‘n reeks boeke wat LAPA die lig laat sien het om gesinne gesond te hou en heerlik te laat eet.
Video: SA super-rockgroep staan saam teen kanker
Die Vrede Foundation wat daarop fokus om jongmense bewus te maak van kanker, het vanjaar kragte saamgesnoer met die super-rockgroep ‘Blood Brothers’. Francois van Coke is ook deel van die groep en Maroela Media het met hom gesels oor hoe die Vrede Foundation tot stand gekom het en wat aanhangers van die supergroep kan verwag.
Luister: Sakelui help skole hoër hoogtes bereik
Die organisasie Partners for Possibility maak van sakelui se vernuf in die sakewêreld gebruik om skoolhoofde landwyd te help om hul skole te laat groei en uit te bou tot ʼn suksesvolle skool.
Video: Delmas-rooftog op kamera vasgevang
WAARSKUWING: Die beeldmateriaal kan sensitiewe kykers ontstel.
Vrou wend haar tot Facebook oor pa se onopgeloste moord
Nadat Mariska Meyer (34) se pa vyf maande terug koelbloedig in sy bed doodgeskiet is en niemand nog vir die moord in hegtenis geneem is nie, het sy haar tot Facebook gewend in haar soeke na geregtigheid.