Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se tydelike basis in Kommetjie naby Kaapstad is onbruikbaar ná ʼn brand vroeg Saterdagoggend.
Alles vir die maand Augustus 2015
Man ernstig beseer toe boot in PE omslaan
ʼn Man is ernstig beseer toe ʼn boot in die Swartkopsriviermond naby Port Elizabeth omgeslaan het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Saterdag gesê.
Opslagkoeël tref man wat gordeldier skiet
ʼn Man van Texas in Amerika is beseer nadat ʼn koeël, wat hy op ʼn gordeldier gevuur het, teen die dier opgeslaan en die man in die kop getref het.
Reunion-wrak: Nóg ʼn vliegtuigdeel spoel uit
ʼn Tweede wrakstuk, wat vermoedelik deel was van ʼn vliegtuig, het op Reunion, ʼn eiland in die Indiese Oseaan, uitgespoel.
Vrou stuit krokodil met lepel en bakkie
ʼn Huisvrou in die oostelike deel van Indië het ʼn krokodil afgeweer met kombuisgereedskap, het beamptes Saterdag gesê.
Polisiekommissarisse steun Phiyega
Suid-Afrika se nege provinsiale polisiekommissarisse het hul steun aan die nasionale kommissaris, genl. Riah Phiyega, gegee en gesê hulle is besorg oor die “onregverdige en negatiewe houding” teenoor haar.
Boetebessies keer talle dronkbestuurders aan
Talle persone wat glo onder die invloed van alkohol bestuur het, is Saterdagaand in Pretoria deur vroulike verkeersbeamptes in hegtenis geneem.
[Video] Dief kom sy moses teë
Kringtelevisiebeeldmateriaal van ʼn jong meisie wat vinnig reageer het toe ʼn dief haar selfoon wou steel, word wyd op sosiale media versprei.
Motorfietsryers sterf in Newcastle-botsing
Twee mense is Saterdag in Newcastle in KwaZulu-Natal oorlede toe hul motorfiets met ʼn motor gebots het.
Vlieënier beseer in Benoni-vliegtuigongeluk
ʼn Vlieënier het Saterdag matige beserings opgedoen toe sy ligte vliegtuig by ʼn vliegveld in Benoni neergestort het.
Gedagte vir die dag: “Vrede vir julle!”
Mag die genade en vrede van God ons Vader en van Jesus Christus met julle wees. (Galasiërs 1:3)
[Video] Só maak jy blitsig ‘n vrugteslaai
In Suid-Afrika is ons bederf met die hoeveelheid vrugte tot ons beskikking, maar dit is soms baie moeite om die vrugte te sny vir ‘n lekker nageregslaai.
Tutu bly in die hospitaal
Die Desmond en Leah Tutu-stigting sê die afgetrede aartsbiskop Desmond Tutu het ʼn “klein prosedure” ondergaan sodat dokters die infeksie, waarmee hy nou al ʼn paar weke lank sukkel, kan ondersoek.
Vyf vas ná Jeppestown-skietery
Vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ʼn skietery Vrydag in Jeppestown, Gauteng, waartydens ʼn polisiekonstabel doodgeskiet en drie verdagtes gewond is.
Gesoekte verdagte danksy publiek aangekeer
ʼn Gesoekte verdagte is aangekeer vier dae nadat die Brooklyn-polisie in Pretoria die gemeenskap om hulp gevra het.
[Foto’s] Só lyk Disney-prinse regtig
Jirka Väätäinen, ʼn Finse kunstenaar en ontwerper in Melbourne, Australië, het ʼn reeks illustrasies gemaak van hoe die prinse en helde uit Disney-verhale in die werklike lewe sou lyk.
‘Goeie vordering’ gemaak in McGown-vrylating
ʼn Beleggingskonsultant van Mali wat sy hulp vrywillig aangebied het om die vrylating van die gyselaar Stephen McGown te verseker, het gesê hy het geloofwaardige nuus dat die Suid-Afrikaner “gesond en in ʼn goeie toestand” is.
Presidensie ontvang reaksie oor Phiyega se geskiktheid
Die presidensie het die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, se reaksie ontvang in antwoord op ʼn vraag oor haar geskiktheid om haar pos te beklee.
Tiener sterf in Kimberley-huisbrand
ʼn Tiener, vermoedelik 14 jaar oud, is Vrydagaand in ʼn huisbrand in Kimberley in die Noord-Kaap oorlede.
Goeie nuus: Tiener red hondjie by fietswedren
Rickus Grobler, ʼn gr. 11-seun aan die Hoërskool Menlopark in Pretoria, word geloof vir sy goedhartigheid ná hy ʼn rondloperhondjie by ʼn bergfietswedren gered het toe hy raakgery is.