Crystal Donna Roberts het ook onlangs internasionale sukses geproe toe die nuwe fliek waarin sy te sien is, The endless river, nie net aanvaar is vir die Venisië-filmfees nie, maar toe sy self ook genomineer is as beste aktrise.
Alles vir die maand September 2015
Gedig: Wete
“Dit is nie die liggaam nie, nee – want liefde is meer as lyf…” Lees Joan Hambidge se gedig, “Wete”
Nuuskommentaar: Moenie “komkommer” – misdaad is onder beheer sê minister
As die land se moordkoers ’n derde agtereenvolgende jaar bly styg, kan daar nie veel positiefs uit die jongste misdaadstatistiek afgelei word nie. Tog het die minister en nasionale kommissaris probeer om dit as deel van die ANC se “goeie storie” aan te bied. Maar nou ja, ook rillers kan literêre pryse losslaan omdat dit goeie stories is (wat die hare op ‘n mens se kop laat orent staan).
Drie onthoof in parkeerterrein
Drie mans is onthoof toe ʼn vragmotorbestuurder beheer oor die voertuig verloor het in ʼn kelderparkering in Seepunt, Wes-Kaap.
Misdaadstatistieke: Tyd vir Operasie Misdaadvry
Na aanleiding van die stygende geweldsmisdaadsyfers in Suid-Afrika, wat Dinsdag deur die nasionale polisiekommissaris, generaal Riah Phiyega en die minister van polisie, Nathi Nhleko, bekendgemaak is, stuur AfriForum Woensdag hul Operasie Misdaadvry van stapel.
Talle reageer op soekende student se vrae
Die antwoorde stroom omtrent in na aanleiding van A de Jonge se brief – ʼn student wat belangrike vrae oor die lewe vra.
[Video] Voëlvryfees op Erfenisdag
Kunstenaars doen deesdae te min om musiek in te span om maatskaplike euwels aan die groot klok te hang.
Man en sesjarige verdrink in Randburg
ʼn Sesjarige kind en ʼn volwasse man het Dinsdagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in Bordeaux in Randburg, Johannesburg, verdrink.
Vrou sit lank oor ontvoering
ʼn Vrou van Mosambiek wat ʼn driejarige kind naby Oos-Londen ontvoer het, en weke lank voortvlugtig was nadat sy skuld beken het, is Dinsdag in die Mdantsane-streekshof gevonnis.
[Foto’s] 14 by ou myn in Pongola aangekeer
Altesaam 14 verdagtes, tussen 20 en 32 jaar oud, verskyn Woensdag in die Pongola-landdroshof in KwaZulu-Natal op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, besit van springstof, rou ongeprosesseerde goudklippe en dagga.
Gedagte vir die dag: Die God van kindertjies
Jesus se reaksie was: “Laat staan die kindertjies. Moenie hulle keer om na My toe te kom nie, want God se koninkryk is juis bedoel vir almal wat soos hulle is.” (Matteus 19:14)
Porsche gedagvaar ná Paul Walker-ongeluk
Die Fast and the Furious-akteur, Paul Walker, se dogter dagvaar die motorvervaardiger Porsche ná haar pa se noodlottige ongeluk twee jaar gelede.
[Video] Baba maak ʼn plan
Kykers staan verstom oor die vernuf van dié baba wat ‘n plan moes beraam om by ʼn hoë bed af te klim.
Huurmotorbende skuldig bevind
Agt mans van Soweto wat huurmotors van maatskappye soos Avis, Budget Car Rental en Europcar gesteel het, is in die hooggeregshof se sitting in Palm Ridge gevonnis.
Ma gevonnis wat kinders verwaarloos
Mapula Mabiletsa, ʼn ma van drie, is Dinsdag in die Brits-landdroshof in Noordwes gevonnis op aanklag van kinderverwaarlosing.
Drie sterf toe vragmotor huis tref
Drie mans is dood nadat ʼn vragmotor Dinsdagmiddag ʼn huis in Fresnaye in Kaapstad getref het.
Hulp gevra vir weduwee van Transnet-pensioenheld
Die VF Plus doen ʼn beroep op mense om hul hand uit te steek na die weduwee van Johan Kruger, een van die twee eisers in die klasaksie-hofsaak van R79,5 miljard teen Transnet, wat onlangs dood is aan longkanker.
ToekomsVenster: Smagtend na God
Ek bid dat die Here vir elkeen van ons iets van hierdie onversadigbare honger na sy Woord en Gees sal gee.
Water op Mars is van groot belang
Water op Mars beteken onder meer dat vuurpylbrandstof vervaardig kan word, dat suurstof onttrek kan word, asook dat drinkwater gesuiwer kan word.
Begraafplaas-verkragter kry lewenslank
ʼn 29-jarige verkragter wat deel was van ʼn bende wat paartjies naby ʼn begraafplaas in Brits in Noordwes geteister het, is Maandag in die dorp se streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.