ʼn Pretoriase sanger en radio-omroeper is Sondagmiddag in die ateljee van ʼn huis in Doringkloof in Centurion aangeval en erg aangerand.
Alles vir die maand September 2015
ToekomsVenster: Uitdagende tye is goeie tye
God is op ‘n besondere manier betrokke en teenwoordig waar mense swaarkry. Ons loop Hom dalk beter raak tussen die plakkershutte en staan-maak skuilings, as op baie ander plekke.
Aardklop 2015: Groot name by vanjaar se Diskoers-gesprekke
Feesgangers van die Aardklop Nasionale Kunstefees kan solank hul tande slyp vir die immergewilde Diskoers-gesprekke waartydens Freek Robinson met bekendes soos Mmusi Maimane en Zwelinzima Vavi gaan gesels.
Beoordelaars vir The Voice SA bekendgemaak
Die bekende Amerikaanse televisiereeks, The Voice, wat voornemende sangers ʼn geleentheid gee om voor ʼn paneel bekende sangers te sing, gaan nou ook ʼn Suid-Afrikaanse weergawe kry
Sirkusleeus by nuwe tuiste vrygelaat
Jora en Black, die twee sirkusleeus wat uit haglike toestande in Bulgarye gered is, is Maandag in hul nuwe tuiste in die Shamwari-natuurreservaat, 75km buite Port Elizabeth in die Oos-Kaap, vrygelaat.
Kleuter skok dood op Vrystaat-plaas: ‘Boetie kom nooit weer huis toe nie’
“Toe die ambulans daar aankom, het hulle nog lank met hom gespook en hom probeer bybring, maar ek kon sien dit was tevergeefs. Hy was klaar weg.”
Nuwe vrystellings: 28 September 2015
Jay en Lianie, Anders en Jennifer Zamudio het nuwe liedjies wat onlangs bekendgestel is en binnekort op verskeie radiostasies se speellyste gehoor sal kan word.
Maroela Media Top 20: 28 September 2015
Andriëtte neem die eerste plek oor met “Pêrel vir ‘n kroon” terwyl Cordelia na die tweede plek terugsak.
Daar ís hulp vir disleksie
Sommige mense glo dat die disleksielyer se brein op ʼn sekere manier “bedraad” is en nie verander kan word nie. Du Plessis moedig ouers aan om nie tou op te gooi met hul kinders nie.
Vyf liggame by Springs-myn gekry
Die liggame van vyf vermeende onwettige mynwerkers is Maandag naby die Grootvlei-myn in Springs aan die Oos-Rand gevind.
Klipwerf stel nuwe album vry
Die Klipwerf Boereorkes is so eie aan die Afrikaanse kultuur dat mens sommer terug na jou ouerhuis verlang as jy hul musiek hoor. Dié groep vier vanjaar sy 46ste bestaansjaar met ʼn nuwe album genaamd Hantam Tydloos.
SA aktrise met miljoene se dwelms by lughawe betrap
ʼn Suid-Afrikaanse aktrise is Sondag by die Internasionale Lughawe OR Tambo in hegtenis geneem nadat dwelms in haar besit gevind is.
Resep: Pasta Alfredo met geroosterde knoffel
Met hierdie kookboek kan jy ‘n vinnige, heerlike bederf vir jouself maak, of ‘n driegangmaaltyd vir ‘n spesiale geleentheid voorberei.
Bekende in vermaaklikheidskringe in huis aangeval, beroof
ʼn Bekende in vermaaklikheidskringe is die naweek saam met sy gesin in hul huis aan die Oos-Rand deur vyf gewapende mans aangeval en beroof.
Panayiotou, medebeskuldigde weer in hof
Christopher Panayiotou, wat beskuldig word van die huurmoord op sy vrou, Jayde, het Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.
Verdagte vas ná jong man se dood by nagklub
ʼn 38-jarige man sal Maandag in die hof verskyn vir die moord op Shane Boruchowitz (23) wat Donderdag in die vroeë oggendure dood is tydens ʼn onderonsie by ʼn bekende nagklub in Pretoria.
Vier verdagtes vas ná Thabazimbi-plaasmoord
Vier verdagtes, onder wie twee werknemers, is in hegtenis geneem in verband met ’n plaasaanval in Thabazimbi verlede Vrydag waartydens Petro Res (59) doodgeskiet is.
Boek: Marie-Louise
Na ’n stormagtige en ongelukkige huwelik trek Marie-Louise na Kaapstad. Sy ontmoet Douw Lategan en sy word oorreed om by hom op Stellenbosch in te trek.
Nuuskommentaar: Katalane stem wéér vir onafhanklikheid
Die verkiesing vir Katalonië se streekparlement het opnuut op ’n oorwinning vir die pro-onafhanklikheidsgroepe uitgeloop. Die uitslag bied ruimte om ook die Suid-Afrikaanse posisie onder die loep te neem.
Nóg ʼn antwoord aan soekende student
Jy hoef nooit ’n slagoffer van ’n oppervlakkige kultuur te word nie! Jy kan op grond van die waardes wat jy deel, keuses maak wat tot volheid en betekenis lei.