Sanco (die SA National Civic Organisation) het Vrydag voorgestel dat rykdombelasting ingestel word om studente-onderrig te befonds.
Lees meerAlles vir Vrydag 23 Oktober 2015
Reeksverkragter verdwyn voor vonnis
ʼn Man van Pretoria wat skuldig bevind is aan talle aanklagte van verkragting en ʼn aanklag van moord, het Vrydag nie by die hof opgedaag waar hy gevonnis moes word nie.
Ondersoek kom oor ‘hardhandige polisie optrede’
Die Wes-Kaapse polisie-ombudsman sal die polisie se hantering van betogende studente tydens die afgelope week se studiefooi-betogings ondersoek.
ToekomsVenster: Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees
Onthou dat dit die toppunt van seën vir enige mens is. Dit beteken God sal hulle met Homself en sy teenwoordigheid seën.
Kabinet verslap visumregulasies
Binne die volgende jaar sal die besonderhede van Suid-Afrikaanse ouers in die kind se paspoort gedruk word, sodat die ouers nie ʼn volledige geboortesertifikaat hoef te toon wanneer hulle met hul kinders reis nie.
Zuma: Geen verhoging in studentefooie vir 2016
Pres. Jacob Zuma het Vrydagmiddag aangekondig daar sal geen verhoging in tersiêre instansies se 2016-fooie wees nie.
Boek: Lekkerlag stories
In hierdie boek word ware onware stories vertel van lekkerlag insidente wat die skrywer self beleef het of van gehoor het. Hierdie stories kan na hartelus om die braaivleisvuur, potjiekos, kaggelvuur, viswaters of om die kampvuur oorvertel en na smaak aangedik word.
Redakteursbrief: ‘n Brief aan elke betogende student
“Met spanning wat lank reeds op verskeie terreine in die land hoog loop, het ons almal eintlik lankal verwag dat die onrus onder die oppervlak op die een of ander georganiseerde manier tot ʼn uitbarsting sou kom.” Lees Susan Lombaard se redakteursbrief.
Herrie oor ‘munisipale beampte’ se rassistiese uitlatings
In die Facebook-inskrywing skryf hy dat hy witmense se tonge met ʼn kapmes sal uitsny en dit sal “geniet om hulle te hoor pleit om vergifnis”.
[Video en foto’s] Chaos by die Uniegebou
Chaos het Vrydagmiddag by die Uniegebou in Pretoria uitgebreek nadat betogende studente oproerig geraak het en die polisie skokgranate begin gooi het.
Derick Hougaard se hartroerende brief aan seuns
“Julle is die rede hoekom ek soggens opstaan, al voel dit ek kan nie,” het hy geskryf.
Israel geskok oor Hamas-besoek aan Suid-Afrika
Israel het sy ontsteltenis uitgespreek oor die besoek van Hamas se politieke leier, Khaled Mishaal, aan Suid-Afrika op 18 en 19 Oktober.
ANC: ’n Bevrydingsbeweging onder druk, is uiters onvoorspelbaar
Die nasionale algemene raadsvergadering (NARV) van die ANC moet beoordeel word teen die agtergrond van ʼn uiters dinamiese Suid-Afrikaanse politieke landskap. Hierdie dinamiese politieke omgewing konfronteer die ANC tans met van die grootste uitdagings waarmee die organisasie in sy meer as honderdjarige bestaan te make gehad het.
[Video] Lizz Meiring en Marion Holm oor die TBF
Die Teaterbystandsfonds (TBF), ʼn liefdadigheidsfonds wat vrywillig deur mense in die vermaakbedryf geadministreer word, het vanjaar ʼn draai by Aardklop gemaak.Maroela Media het met Lizz Meiring, bestuurslid van die TBF, oor dié fonds gesels en Marion Holm deel ook haar mening waarom sy dink dit belangrik is om die fonds te ondersteun.
PE-boer tydens plaasaanval geskiet; verdagte sterf toe hy vlug
“Die plaaseienaar het hulle in ʼn kantoor op die plaas gespreek. Twee van die verdagtes het vuurwapens uitgeruk en al die selfone in die huis en die kluis se sleutels geëis.”
[Foto’s] Duisende studente by Uniegebou verwag
Honderde polisiebeamptes, onder wie lede van die taktiese-reaksie-eenheid, het Vrydagoggend hekke en rolle doringdraad by die Uniegebou in Pretoria aangebring terwyl duisende studente daarheen begin stroom het.
Gebou by UNIZULU aan die brand gesteek
ʼn Gebou by die Universiteit van Zoeloeland (UNIZULU) se hoofkampus in KwaDlangeza is vroeg Vrydagoggend aan die brand gesteek.
Nog niemand vas vir Modimolle-broers se moord
Niemand is al in hegtenis geneem in verband met die dubbelmoord van die twee sakemanne en broers van Modimolle in Limpopo nie.
Resensie: ‘Beautiful Beautiful Hymns’ – Rocco de Villiers
Mense wat nog glo dat ʼn mens op ʼn Sondag rustig moet verkeer sal veral baie hiervan hou. Miskien sal dit ook byval vind by diegene wat nie gewoonlik na Rocco se musiek luister nie, maar tog van iets met ʼn meer klassieke aanslag hou. Dit is beslis een van sy beste albums nog en dalk een van die heel beste instrumentale albums van die jaar.
Los Angeles binne 2 jaar ‘goed geskud’
Die kanse is 99,9% dat Los Angeles binne die volgende twee en ‘n half jaar deur ’n sterk aardbewing van 5 of meer op die momentmagnitudeskaal getref kan word.