Alles vir Donderdag 24 Desember 2015

Nuuskommentaar: Plaasmoorde kan gees van Kersfees steel

So kort voor Kersfees het ontstellende syfers oor plaasaanvalle en plaasmoorde weer die lig gesien, maar dié werklikheid ontbreek heeltemal uit pres. Jacob Zuma se veiligheidsverslag in sy jaaroorsig van Suid-Afrika vir 2015. Die regering se swye, en skandalige pogings van sy diplomaat in Genève laat die probleem egter nie verdwyn nie. So kan die gees van Kersfees vir baie gesteel word.