Die ma en dogter, wie se lyke in die Visrivier-canyon gevind is, was glo in Namibië om haar ander dogter se as te strooi nadat sy verlede maand in dié land in ʼn motorongeluk oorlede is.
Alles vir Woensdag 13 Januarie 2016
[Foto’s] Skattige graad 1’s vertel oor eerste skooldag
“Ek moes gisteraand al agtuur gaan slaap het. Ek mag nie eers televisie gekyk het nie,”het ʼn gekwelde Connor Rossouw, wat Woensdagoggend graad 1 by Laerskool Rooihuiskraal in Pretoria begin het, gesê. “Maar dis oukei, want my pa sê ek moet skool toe gaan as ek eendag ʼn krieketspeler wil wees.”
Resensie: Afrikaanse volksmusiek met Beeskraal en vriende
Met hierdie album het Beeskraal en vriende egter die kol getref. Dit sal jou van voor af na liedjies laat luister wat jy gedink het jy ken, terwyl dit ook ʼn paar vergete liedere aan ʼn nuwe generasie bekendstel. Daarom kan hierdie album sonder voorbehoud aanbeveel word.
Gedig: Gebed van die loot aan die wynstok
Sheila Cussons se gedig, “Gebed van die loot aan die wynstok”
“Luipie” die Cheetah is gevind!
Zoë Terre Blanche van Pretoria se liefste “Luipie” is gevind!
Polisie se vuurwapenbevoegdheid bevraagteken
Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan ʼn versoek aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens rig om die bevoegdheid van polisiebeamptes om vuurwapens te dra, te ondersoek.
Was die eerste hartoorplanting werklik in Suid-Afrika gedoen?
“Want sien, dit is moeilik om In teenargument te stel as iemand grappenderwys noem dat die land waar so ʼn mediese wonder geskied het se huidige president dink hy kan Vigs vermy deur ʼn koue stort te vat…”
Pa sterf ná kar trok tref
ʼn Man is dood en sy vrou en agtjarige seun kritiek beseer, nadat hul motor Dinsdagaand in Johannesburg teen ʼn vragmotor gebots het.
Dis mos om `n Sanzar-baas te laat verstik
Die Sanzar-rugbybase moet seker in hul graanvlokkies verstik wanneer hulle in die oggende die nuusblaaie oopmaak en die webwerwe lees.
’n Nuwe era van ridderlikheid
Nomineer die volgende Romanza Ridder! Daar is groot pryse op die spel, insluitend R15 000 vir die galante heer wat met die titel wegstap.
Seun verdrink in swembad
ʼn Driejarige seuntjie het Dinsdagaand in ʼn swembad by ʼn huis in Vanderbijlpark verdrink.
Registrasie by Wits hervat, Tuks steeds gesluit
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) in Johannesburg het Woensdag gesê registrasie by die instelling sal Woensdag hervat, terwyl die Universiteit van Pretoria (Tuks) se hoofkampus steeds gesluit is.
Man verdrink glo in Hartbeespoortdam
Die soektog na ʼn man wat vermoedelik in die Hartbeespoortdam verdrink het, duur voort.
Duisende sonder plek in Gauteng-skole
Skole in Gauteng het Woensdagoggend geopen, ondanks paniek weens duisende leerders wat nie plek in graad 1 het nie.
Nuuskommentaar: Rassistiese betogings by Parys-boere verhoor ou probleem
Opruiende betogings waar mense verklaarde haatspraakliedjies by howe sing, soos nou weer in Parys gebeur het, is uiters gevaarlik in ʼn land waar dit pas weer gedemonstreer is hoe diep rassepolarisasie in die land steeds lê.
Tweede sterfgeval tydens Dakar
Een persoon is Dinsdag dood ná ʼn ongeluk tussen ʼn paar voertuie, insluitend ʼn voertuig wat aan die Dakar-wedren in Argentinië deelneem.
Gauteng gewaarsku oor kitsvloede
Die Ekurhuleni departement van ramp- en nooddiensbestuur het gesê swaar reën kan kitsvloede in Gauteng veroorsaak.
Vier vas oor juweliersware-diefstal
Die polisie in Kaapstad het vier persone in hegtenis geneem in verband met ʼn diefstal by ʼn juwelierswarewinkel Dinsdag in Mitchells Plain.
Gedagte vir die dag: Gee meer!
Gee vrylik aan jou broer wat arm is, en moenie sleg voel omdat jy vir hom gegee het nie, want juis omdat jy vir hom gee, sal die Here jou God jou voorspoedig maak in alles wat jy doen en aanpak. (Deuteronomium 15:10)