Die Afrikaner sal ‘n wilsbesluit moet neem of hy ernstig oor sy skoolwese, en of hy maar voortgaan om baie te praat oor eie skole, terwyl elkeen se persoonlike finansiële sekuriteit en jaarlikse vakansie steeds gaan voorkeur kry bo die toekomsbelang.
Alles vir Dinsdag 31 Mei 2016
[Resep] Blou Bul-biltongpotjie
Jy hoef vir geen besondere rugbyspan te skree om hierdie potjie te geniet nie, maar ons vermoed dit smaak beter as jy nie die Blou Bulle ondersteun nie …
Solidariteit en AfriForum wil sportkwotas finaal stopsit
Die vakbond Solidariteit en die burgerregte-organisasie AfriForum het vandeesweek omvattende regstappe teen die minister van sport, Fikile Mbalula, se onlangse uitsprake oor kwotas in Suid-Afrikaanse sport bekendgemaak.
ToekomsVenster: ons hanteer mekaar gelykwaardig en menswaardig
Vir ons in Suid-Afrika is hierdie leefwyse, waar ons alle mense menswaardig en gelykwaardig behandel, baie moeilik. Reik vandag uit na iemand wat nie in jou normale vriendekring is nie.
Roodepoort-eiendomsagent vermis ná afspraak met kliënte
ʼn Eiendomsagent van Roodepoort word vermis nadat sy Maandagaand ʼn huis in Krugersdorp aan kliënte sou gaan wys en nie weer teruggekeer het nie.
Vrouerowers teiken inkopiegangers in Pta-winkelsentrums
Die polisie is op soek na drie vroue wat oor die afgelope twee weke tydens soortgelyke gevalle ander vroue by winkelsentrums in die ooste van Pretoria beroof het.
Nuuskommentaar: As Afrikaans die dag saamtrek
Die teenspoed wat Afrikaans by universiteite kry, is ’n duidelike aanduiding dat alles in die stryd gewerp moet word om saam te werk om die taal te bevorder en te bemark. Die webwerf www.Afrikaans.com bied so ’n geleentheid vir deelname deur almal vir wie Afrikaans belangrik is.
Vrou sterf in Randfontein-botsing
ʼn Vrou in haar 30’s is dood en sewe mense beseer nadat twee motors Maandagaand in Randfontein, Gauteng, gebots het.
Zephany Nurse sal agter geslote deure getuig
Die media sal nie toegelaat word om oor die getuienis van die 19-jarige Zephany Nurse te berig wanneer sy in Augustus vir die staat teen haar ontvoerder getuig nie.
SAUK-verbod: ‘Sensorskap sal nooit ophou nie’
Die vakverbond Cosatu het Maandag die SAUK se besluit om geen beeldmateriaal of foto’s van gewelddadige betogings te beeldsaai nie, ten sterkste veroordeel.
Tienerseun glo oor klere vermoor
ʼn Tienerseun is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo Saterdagmiddag sy 17-jarige vriend met ʼn mes doodgesteek het.
Gedagte vir die dag: Hoop met ons
En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde! (1 Korintiërs 13:13)