Jason Rohde se regspan het uitgevaar teen die polisie en die media nadat hy Dinsdag in Stellenbosch op borgtog vrygelaat is.
Alles vir die maand Augustus 2016
‘Moddergooiery oor Gordhan en Valke moet einde kry’
Die voortgesette openbare twis tussen die Valke en die minister van finansies, Pravin Gordhan, veroorsaak verwarring onder Suid-Afrikaners en moet ophou, het die ANC gesê.
Egpaar in hof vir bedrog
ʼn Egpaar het in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Johannesburg verskyn op aanklagte dat hulle die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) uit ʼn groot bedrag geld bedrieg het.
Abraham Maslow en opvoeding
Die feit dat ons almal vandag produkte van beide die modernisme en postmodernisme is, vind onbewustelik neerslag in ons pogings om ons kinders se onderwys te red. Ek het waardering vir pogings soos die CVO-skole en Akademia.
Gedagte vir die dag: Vrede
Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie en julle moet nie bang wees nie. (Johannes 14:27)
[Video] Kaapse plaasskool bekoor Pole
By ‘n plaasskool buite Robertson in die Wes-Kaap brand die vreugdevure hoog ná agt van die skool se leerlinge onlangs opslae in Pole gemaak het.
ANC wil vergader oor Eskom
Die ANC het ʼn vergadering belê vir die ministers van finansies, energie en openbare ondernemings om die voortslepende kwessie oor Eskom se steenkoolkontrak met die Gupta-beheerde Tegeta-maatskappy aan te roer.
Cosatu wil privatisering van Pikitup verhoed
Die vakbondfederasie Cosatu het Dinsdag onderneem om die aankondiging deur die burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, dat hy beplan om die rommelverwyderingsmaatskappy Pikitup te privatiseer, teen te staan.
Komitee aanvaar verslag oor nuwe OB
LP’s het Dinsdag ʼn verslag aanvaar wat aanbeveel dat adv. Busisiwe Mkhwebane deur die Nasionale Vergadering as die land se nuwe openbare beskermer aangestel word.
Drie Junior Bokkapteins en ʼn Blitsbok in lostrio’s
Drie voormalige Junior Springbokkapteins aan die Blou Bulle se kant en die Blitsbok Kwagga Smith as lid van die Goue Leeus se lostrio is van die interessanthede in die twee Gautengse buurspanne vir Vrydagaand se Curriebekerwedstryd op Loftus.
Honde gebruik om misdaad te pleeg
Die polisie in die Vrystaat is besorg oor twee voorvalle waartydens ʼn hond glo gebruik is om slagoffers mee te dreig of te beseer.
Lesufi se ingryping by haarstylkwessie bekommer
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het gesê hy is bekommerd oor die manier waarop die situasie by die Pretoria High School for Girls hanteer is nadat dié skool beskuldigings van rasverdeeldheid moes aanhoor.
Video: ‘Gordhan nie bo wet verhewe’
Pravin Gordhan, minister van finansies, is nie verhewe bo die wet nie, en moet hom onderwerp aan die Valke se gesag. Dít aldus minister Des van Rooyen, wat Gordhan betig het.
[Foto’s] Maak jou kind se gekrabbel ʼn mode-treffer
Jou kind se gekrabbel hoef nie meer êrens in ʼn boks te lê en stof opgaar nie. Danksy die maatskappy Picture This kan dié gekrabbel in ʼn unieke rokkie omskep word.
Hare waai by nóg skole
ʼn Swart leerder het aan African News Agency gesê sy is deur ʼn onderwyser uit die saal geroep en gevra om haar afro-haarstyl terug te kam of vas te bind. Toe sy sê dit is nie moontlik nie, het die onderwyser haar glo gevra om chemikalieë te gebruik om haar hare reguit te maak.
Aardklop 2016: Van Taxi-teater tot komedie, én meer
Die Aardklop-kunstefees word vanjaar van 4 tot 9 Oktober in Potchefstroom aangebied, en vanjaar se propvol toneelprogram kan ʼn hoogtepunt op jou kultuurkalender wees.
Jason Rohde op borgtog vrygelaat
Jason Rohde, die uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa, is Dinsdag in die Stellenbosch-landdroshof op borgtog vrygelaat.
SR-lid ‘wat wittes wil doodskiet’ geskors
Luvuyo Menziwa, die lid van die Universiteit van Pretoria (Tuks) se studenteraad wat glo wit mense met ʼn AK-47 of ʼn bazoeka wil doodskiet, is van die raad geskors.
Ervare twee vul Bokgroep vir Australasië aan
Twee ervare Springbokke is ingesluit in die Suid-Afrikaanse toerspan vir die wegtoetse teen Australië en Nieu-Seeland in vanjaar se Rugbykampioenskap.
Video: Skollie-fliek: Stories moes my lewe red, sê draaiboekskrywer
Die nuwe Afrikaanse fliek, Noem my Skollie, gaan ʼn emosionele kishou toedien en verseker dat kykers lank ná die fliek steeds daaroor dink. Daryne Joshua, die regisseur, sê dit is veral die egtheid van die fliek wat kykers bybly.