Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid is besig met ʼn ondersoek nadat ʼn man vroeër vandeesweek op ʼn ongelukstoneel dood verklaar en die volgende dag lewend binne ʼn lykshuis se yskas gevind is.
Alles vir Vrydag 9 Desember 2016
Mick Jagger weer pa op 73
The Rolling Stones-sanger Mick Jagger het Donderdag in die ouderdom van 73 vir die agtste keer pa geword.
2017 Fiëstas-benoemings: Woordfees, KKNK kraai koning
Stellenbosch se Woordfees, die KKNK op Oudtshoorn, Innibos op Nelspruit en Potchefstroom se Aardklop: Dit is maar enkele van die feeste wat vanjaar van die beste in Suid-Afrikaanse kuns, kultuur en musiek ten toon gestel het.
Thabo Mbeki as kanselier aangestel
“Hy was by verskeie leiersrolle in die anti-apartheid-bevrydingstryd en nasiebouprogramme betrokke die afgelope ses dekades.”
Kameelperde kwyn vinniger as renosters
Die Wêreldbewaringsunie (IUCN) het vandeesweek kameelperde as “kwesbaar” geklassifiseer op sy rooilys van bedreigde spesies in ʼn poging om te verhoed dat hierdie diere uitsterf.
Junior mans se veggees nie genoeg in Wêreldbeker-hokkietoernooi
Die Suid-Afrikaanse junior manshokkiespan het Donderdagmiddag ondanks ʼn 2-4-neerlaag teen Engeland in hul eerste wedstryd by die junior Wêreldbekertoernooi in Lucknow, Indië, met hul veggees beïndruk.
Rhodespark-saak: Drie in getuiebank, ontken steeds skuld
Die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle twee vroue in Rhodespark in Kensington, Johannesburg, verkrag en hul mans verdrink het, beweer hulle het mekaar vir die eerste keer ontmoet toe hulle in hegtenis geneem is.
Spotprent 9 Desember 2016
Jerm se spotprent vir 9 Desember 2016.
SAUK-ondersoek: ‘Hlaudi was raadslede se gunsteling’
Die ad hoc-komitee wat aangestel is om die bevoegdheid van die SAUK-raad te ondersoek, het Donderdag gehoor hoe Hlaudi Motsoeneng sommige raadslede se “gunsteling” was en hoe sy aanstelling as bedryfshoof ondanks baie teenstand deurgedruk is.
Woord: garage
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord, “garage” wat na ‘n motorhuis, motorhawe verwys.
Trok wat motors vervoer, slaan om
Drie bane is vir verkeer gesluit en daar is hewige ontwrigting.
De Allende ʼn móét vir enige Springbokspan
Dié keer was dit te verwagte. Die Springbokke het Donderdagaand op Nuweland ook die jaarlikse Nelson Mandela-uitdaagwedstryd ten bate van liefdadigheid teen die Proteas verloor nadat hulle twee jaar gelede aan die wenkant was.
Nuuskommentaar: Doodskis en ras in die regspraak
Die sogenaamde doodskis-saak beklemtoon net weer hoe gevaarlik dit is om dinge aan te vang wat na rassisme ruik, maar dit wys ook uit hoe polarisasie kan ontbrand as die owerheid onewehandig optree, en die regbank die saak so hanteer dat dit na rasbevooroordeeldheid kan lyk.
Grens, OP kan pas aangee vir ander bonde
Grens en die Oostelike Provinsie kan die pas vir die ander provinsiale bonde aangee wat die beoogde herskikking van rugby binne geo-politieke grense betref.
Tien reeds dood by inisiasieskole
Tien seuns is reeds by inisiasieskole in die Oos-Kaap dood sedert die inisiasieseisoen drie weke gelede begin het.
Kalenders help geld insamel vir dokumentere rolprent oor SA renosters
STROOP, die belangrike dokumentêre rolprent oor ons renosters, stel in Desember ʼn kalender vir 2017 bekend. Maroela Media het met Bonné de Bod, bekende en bekroonde televisie-aanbieder en ster van STROOP gesels om meer uit te vind.
Niemand nog vas ná skietery by kuierplek
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die skietery Dinsdag by ʼn gewilde kuierplek in die ooste van Pretoria waartydens ʼn pa en sy dogter gewond is nie.
Limpopo-veediewe kry byna 100 jaar tronkstraf
Puik ondersoekwerk deur beamptes van die Tzaneen-polisiëringsgebied se veediefstaleenheid in Limpopo het daartoe gelei dat drie veediewe gesamentlik tot 96 jaar tronkstraf gevonnis is, sonder die opsie om boetes te betaal.
Gedagte vir die dag: Kies om afhanklik van God te bly
Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. Geen versoeking wat meer is as wat ’n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie … Hy [sal] ook die uitkoms gee … (1 Korintiërs 10:12-13)