ʼn “Perfekte storm” staar dié wildreservate wat die Covid-19-pandemie oorleef het, nou in die gesig en dit gaan al hoe moeiliker word om die boeke te laat klop, waarsku ʼn kenner.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "bewaring"
Skaars wit kameelperd gestroop; kalfie glo dood van honger
ʼn Enkele bul is nou ál wat van die trop oorbly.
Geboorte van (s)kattige cheetah-welpies ‘wetenskaplike deurbraak’
Alle vorige pogings om groot katte soos jagluiperds en leeus deur IVF te bevrug, was tot dusver onsuksesvol.
‘Jag nié bewaring’, sê organisasie
Die CACH het in ʼn verklaring gesê die jaggemeenskap het die IUCN “geïnfiltreer” en verseker dat dié toonaangewende wetenskapsliggaam geen besluite neem wat ʼn negatiewe uitwerking op die jaggemeenskap het nie.
HESC: ‘Dis nie ʼn werk nie, dis ʼn plesier’
“Ons is hier as gevolg van die goed wat mense aan diere doen.”
Lente Roode: Vir die liefde van diere
Lente Roode is sekerlik een van die bekendste name in dierebewaringskringe, maar sê dié lewe was nooit deel van haar planne nie. “Dit het net oor my pad gekom. En ek is slegs ʼn instrument in die Here se hande.”
‘Oewerkonyn’-ontdekking toe nié die seldsame diertjie
ʼn Noord-Kaapse inwoner was baie opgewonde toe hy vandeesweek ʼn klein soogdier op sy plaas aangetref het wat lyk soos die baie skaars en kritiekbedreigde oewerkonyn.
Só word bedreigde rietpaddatjie van uitwissing gered
Wat maak dié paddatjie, wat net sowat 30 mm lank is, só besonders?
Kameelperde kwyn vinniger as renosters
Die Wêreldbewaringsunie (IUCN) het vandeesweek kameelperde as “kwesbaar” geklassifiseer op sy rooilys van bedreigde spesies in ʼn poging om te verhoed dat hierdie diere uitsterf.
[Luister] BirdLasser-app wil voëlspesies beskerm
Henk Nel, ʼn Johannesburgse voëlkyker, het die app BirdLasser vir slimfone ontwerp met die doel om die bewaring en notulering van veral inheemse voëls te verbeter. Dié app is onlangs bekendgestel.
Omstrede veldtog om aasvoëls te red
“Ons probeer keer dat ʼn spesie uitsterf, daarom is ons nie bang om kontroversieel te wees nie.”
Luister: ‘Walking for Lions’ bepleit die bewaring van Afrika se laaste wilde leeus
In 2014 het Wes-Afrika aangekondig dat hulle minder as 250 wilde leeus oor het. Afrika se laaste wilde leeus staar uitwissing in die gesig en dit kan so gou as binne die volgende 10 jaar gebeur.
Goeie nuus: Klein olifantjie maak ‘n groot verskil
Adventures with Elephants het onlangs ʼn klein handgemaakte houtborsspeldjie van ʼn olifant bekendgestel om geld in te samel vir navorsing by die Rory Hensman Olifant-Navorsingseenheid.
Video: Veilige hawe teen stropers en ander gevare
Suid-Afrika spog met tientalle bewaringsprojekte, maar ‘n plaas in die Noord-Kaap s’n is bietjie anders.