Vanjaar was een van daardie uitstaande jare wat die koers van die aarde bepaal het. Donald Trump se oorwinning in die Amerikaanse presidentsverkiesing en Brexit word as van die belangrikste koersaanpassings genoem. Hier in Suid-Afrika gaan die studenteonluste in alle waarskynlikheid voortduur.
Alles vir die maand Desember 2016
Video: Beeldhouer herskep hoe blindes geliefdes “sien”
ʼn Hartroerende video doen tans die ronde op sosiale media, waarin siggestremdes aan ʼn beeldhouer kommunikeer hoe hulle hul geliefdes “sien”.
[Resep] Malvalekkers
Tydens vakansietye is die gesin altyd lus om iets soet te smul. Dié malvalekkers is ’n maklike en vinnige manier om die hele gesin gelukkig te hou.
Uitvoerende hoof bedank ná Facebook-uitlating
Pieter Hattingh, uitvoerende hoof van Hattech Holdings, het Dinsdag uit sy amp bedank nadat hy rassistiese uitlatings op Facebook gemaak het.
Negejarige verdrink in Bloemfontein
ʼn Negejarige van Kaapstad, wat vir die vakansie in Bloemfontein gekuier het, het verdrink toe hy en sy maats in ʼn rivier gaan swem het.
Gedagte vir die dag: God van nog ’n kans
Toe het God gesê: “Dit is die teken van die verbond tussen My en julle en die wilde diere by julle, ’n verbond wat vir alle toekomstige geslagte geld: my reënboog het Ek in die wolke geplaas.” (Genesis 9:12-13)
Star Wars-aktrise sterf
Die Amerikaanse aktrise Carrie Fisher, veral bekend vir haar rol as prinses Leia in die Star Wars-reeks, is Dinsdag oorlede.
Suid-Afrika staan stewig na die tweede dag teen Sri Lanka
Suid-Afrika se boulers het Dinsdag na die middelmatige vertoning van hulle kolwers op St Georgespark ʼn stewige houvas op die eerste toets teen Sri Lanka verkry.
ToekomsVenster: Verspeelde kanse en vergifnis
Ontvang God se bevrydende genade en vergifnis in Jesus se Naam.
Formele ondersoek oor sterftes by St Albans-tronk
Drie afsonderlike ondersoeke is van stapel gestuur nadat tronkbewaarders by St Albans-tronk in Port Elizabeth aangeval is waartydens drie gevangenes dood is en verskeie kritiek beseer is.
Minstens 39 dood ná giftige alkohol
Minstens 39 persone, waarvan meeste Christene wat Kersfees gevier het, is dood en talle is ongesteld nadat hulle giftige alkohol gedrink het.
Kusile-kragstasie aan nasionale netwerk gekoppel
Eskom het Dinsdag gesê die eerste eenheid van die Kusile-kragstasie is vir die eerste keer Maandagaand aan die nasionale netwerk gekoppel.
Dramatiese toename in KZN-renosterstropery
Renosterstropery het skerp toegeneem in KwaZulu-Natal en minstens 159 renosters is reeds in 2016 doodgemaak.
Ambulansmanne in Khayelitsha beroof
ʼn Ambulansspan is Dinsdagoggend in Khayelitsha in die Wes-Kaap met ʼn vuurwapen gedreig terwyl hulle ʼn pasiënt behandel het.
Vermiste polisieman se liggaam gevind
Twee persone is in hegtenis geneem in verband met die moord op ao Dion Dumas (57) van Malmesbury-polisiestasie, wat op Oukersdag verdwyn het.
Binnelanders-skrywer ‘sal altyd in ons harte wees’
Frans Kalp, ʼn vriend van die Binnelanders-skrywer Elsabé Roux wat op Kersdag oorlede is, het gesê sy sal altyd in hul harte bly.
Leeudoringstad-aanval: Joe dalk binnekort geopereer
Joe Astle (25) wat op 25 Desember twee keer geskiet is tydens ʼn plaasaanval op sy oupa en ouma se plaas in Leeudoringstad in Noordwes, gaan moontlik binnekort geopereer word om die koeëls in sy gesig te laat verwyder.
Pakistan dreig Israel met kernaanval ná fopnuus
Die Pakistanse minister van verdediging sit met eier in die gesig ná hy op sterkte van fopnuus Israel met ’n kernaanval gedreig het.
Friedrich Stark se afsterwe: ‘Ons gaan hom verskriklik mis’
Elsjé Stark, vrou van Friedrich Stark, een van die Binnelanders-vervaardigers wat op Kersdag oorlede is, het gesê die gesin gaan hom verskriklik mis.
Egpaar op Kersdag op plaas in Vrystaat aangeval
Niemand is nog in hegtenis geneem ná Dawie Keyser (67) en sy vrou, Sunita Keyser (68) op Kersdag op hul plaas Wolhuterskop in Hertzogville in die Vrystaat aangeval is nie.