Dié koek gaan nié die einde van die naweek sien nie!
Alles vir Vrydag 28 Julie 2017
Lesersbrief: Boerseun by die VN maak appèl op gemeenskap om te help
“Dit is ʼn geweldige eer om daarvoor gekeur te word en laat my voel soos ʼn atleet wat vir die Olimpiese Spele kwalifiseer.”
Woord: tandem
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “tandem”
[Video] Tips & Trix: Slaapgewoontes en slaapmetodes
In hierdie episode van Tips & Trix gee Simoné ʼn paar wenke oor beligting vir jou staanplek en hoe om warm te bly in ʼn tent.
Nóg vier van ‘The Voice’ kry platekontrakte
Universal Music het vandeesweek aangekondig dat dié platemaatskappy ook ʼn platekontrak met vier ander deelnemers van The Voice SA geteken het.
Hartprobleem knip man se staptog vir renosters kort
“Ek het reeds 2 600 km gestap en sal graag weer die eerste naweek in Oktober wil begin stap sodat ek die verdere 1 600 km kan klaarmaak.”
Redakteursbrief: Veels geluk, liewe Maroela, omdat ons verjaar!
“Die afgelope ses jaar was ʼn tuimeltrein van groei, ervarings, krisisbestuur, eerstes, suksesse, mislukkings, tas-in-die-donker en leer-soos-ons-aangaan…” skryf Susan Lombaard.
Vuurwapenlisensies: Polisie appelleer
“Daar word dus van vuurwapeneienaars met geldige vuurwapenlisensies verwag om steeds hul vuurwapenlisensies betyds te hernu.”
Limpopo-polisie maak nóg ʼn deurbraak ná plaasaanval
Die Limpopo-polisie het binne ʼn week nóg ʼn deurbraak gemaak en vermeende plaasaanvallers aangekeer.
Vergeet die verlede; Saterdag is dit man teen man
In ʼn eindstryd is daar nie tyd en plek vir dinge soos die geskiedenis en statistiek nie.
Tekenprent: Trump en politieke korrektheid
Die tekenprentkunstenaar Jerm gee sy mening oor die manier waarop pres. Donald Trump reageer op politieke korrektheid.
Nuuskommentaar: SA uitgedruk in (druip-)syfers
En pres. Jacob Zuma meen hy vaar goed as president, maar nou ja, hy het hom ook al bewys as iemand wat moeilikheid het met syfers, veral lang syfers.
Lindie Strydom: Die paar sekondes om ʼn brug te bou
“…dis klein dingetjies wat my niks kos nie en tog ʼn belangrike brug bou!” skryf Lindie Strydom.
Superrugby-halfeind: Hoe gaan jy die Crusaders keer?
Dis die hartklop van enige rugbyspan, ʼn pak voorspelers wat oorheers.
Mosie van wantroue teen Zille aangehoor
ʼn Mosie van wantroue wat deur die ANC teen die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, ingestel is, is Donderdag aangehoor.
Tel jou woorde: Oos, Wes, Bluff bes
“So ‘n rukkie gelede gewaar ek op ‘n taalforum ‘n vieserige vraag: Hoekom is dit alewig vir Afrikaanse taalvoorskrywers nodig om die name van stede of geboue in die buiteland te vertaal?” skryf Sophia Kapp
Trein, motor bots naby Stellenbosch
“By paramedici en ander nooddienste se aankoms op die toneel kon ʼn mens sien die motor se wrak is ʼn paar meter ver op die treinspore gesleep ná die botsing.”
Vandag se sportnuus
Die Superrugbyreeks se twee halfeindstryde word môre gespeel
AA reageer op probleme met rybewyse in Pretoria
Die Outomobiel-Assosiasie (AA) het Donderdag gesê hy neem met kommer kennis van die voortslepende probleme met die uitreik van rybewyse by verskeie lisensiëringstasies in Gauteng, veral in Pretoria.
‘Absurd om van ANC te verwag om Guptas te arresteer’
“Wanneer mens soms die status van ʼn familie vergroot, en mens laat alles rondom die Guptas draai, dan gee jy eintlik vir hulle onverdiende status.”