Die broer en suster is by hul aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Alles vir die maand Januarie 2018
Mooinooi-vroue: Beendere gevind
Intussen sal sewe verdagtes Vrydag weer in die hof verskyn op aanklagte van moord, ontvoering, roof, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwarsboming van die gereg wat met die verdwyning van Joey en Anisha verband hou.
Verhoudingspanning ná Desembervakansie
“Net soos wat jy jou motor vir ʼn jaarlikse diens neem, moet jy ook dieselfde met jou verhouding doen.”
IEB-slaagsyfer beter as vorige jaar
Die slaagsyfer vir matrikulante wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se eksamen geskryf het, het effens verbeter vergeleke met verlede jaar se slaagsyfer.
SA Weerdiens sê oor tropiese storm
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Woensdagoggend bevestig ʼn storm oor Madagaskar, die eiland suidoos van Afrika, is tot ʼn tropiese storm, Ava, geklassifiseer.
Waar is Malcolm Marx?
ʼn Mens wonder of die samestellers van die “Top100-rugbyspelers van die jaar” die Springbokhaker Malcolm Marx in 2017 aksie gesien het.
Foto’s: Skouspelagtige Niagara-valle ʼn winterwonderland
Die bekende Niagara-valle in Noord-Amerika het in die snerpende winterkoue in ʼn ysige sprokiesland verander.
Honderde bekendes meen ‘die tyd is verby’
ʼn Groep van meer as 300 bekendes, onder wie Reese Witherspoon, Sarah Jessica Parker, Blake Lively, Oprah Winfrey en Charlize Theron, meen ‘die tyd is verby’.
Uitdrukking: Iemand se stertvere uittrek
Taaltoffie ondersoek die betekenis en herkoms van die uitdrukking, “Iemand se stertvere uittrek”
Ontvoerde kinders se verkoolde liggame gevind
“Die kinders se ma het hulle op 31 Desember as ontvoer aangemeld.”
Man in hof ná skietvoorval op plaas
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn begrafnisganger op ʼn plaas in die Otto’s Bluff-gebied naby Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal doodgeskiet het, het Dinsdag in die landdroshof in New Hanover verskyn.
Man op plaas vasgebind, huis leeggedra
Brig. David Kanuka, bevelvoerder van die polisie in Grahamstad, het die voorval as skokkend beskryf.
Video: Bekkige kleuter roer harte met opsê van psalm
Die video is reeds meer as 400 000 keer op Facebook gekyk en ongeveer 18 000 keer gedeel.
Resep: Feestelike slaai met granaat en beet
Hierdie is ’n baie maklike resep en die kleure is ’n lus vir die oog.
Blou Bul-speler vas op seksklag
ʼn Jong Blou Bul-speler is op aanklag van seksuele aanranding in hegtenis geneem.
Nuuskommentaar: Nou nuwe denke oor Afrikaans-hofuitspraak
Selde het ’n meerderheidsuitspraak van die konstitusionele hof soveel kritiek op die lyf geloop as nou met die uitspraak oor Kovsies se taalbeleid en die hou wat dit Afrikaans toedien. Vir diegene wat Afrikaans in die hart koester, beteken dit nou die hand aan die ploeg slaan.
Man wat padongeluk oorleef skok dood
ʼn Motoris wat Dinsdag ʼn padongeluk naby Tongaat in KwaZulu-Natal oorleef het, is oomblikke daarna doodgeskok.
Twee kinders verdrink in Oos-Kaap
Twee kinders, onderskeidelik agt en nege jaar oud, het vandeesweek in twee afsonderlike voorvalle in die Oos-Kaap verdrink.
Gedagte vir die dag: Ons oë is op die Here gerig
Soos die oë van ’n slaaf gerig is op die hand van sy eienaar, en soos die oë van ’n slavin gerig is op die hand van haar eienares, so is ons oë gerig op die Here ons God totdat Hy Hom oor ons ontferm. (Psalm 123:2)
Wêreldspanne 2017: Daar is gedoriewaar ʼn Bok
Daar is gedoriewaar ʼn Springbok in een van die 2017-“wêreldspanne” wat teen die jaareinde oral uitslaan.