Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “barstensvol”
Alles vir Vrydag 6 Julie 2018
Wag beseer, verdagtes vas ná mislukte roof
Die voorval het gevolg kort nadat ʼn vermeende transitorower doodgeskiet is toe verdagtes ʼn geldwa in Boksburg aan die Oos-Rand probeer beroof het.
Van skoolseun in George tot internasionale rugbyheld
CJ Stander gesels oor sy lewe in Ierland, sy vrou Jean-Marié, sy liefde vir boer en die Springbokke.
Gestremde 9-jarige vereer ná sy bababoetie se lewe red
Die negejarige meisie wat met serebrale verlamming gediagnoseer is en nie kan praat of loop nie, word nou as ʼn heldin geloof nadat haar vinnige optrede haar 18 maande oue boetie se lewe gered het.
SuperSport-reeks: Waar is Noord-Suid dan nou?
Te oordeel aan die halfeindronde van die SuperSport-reeks sal ʼn mens wil glo dat die magsewewig in Suid-Afrikaanse rugby na die Sentraalstreek verskuif het.
Boek: Wrok
Vyf mense, vyf dele van die stad.
Nuuskommentaar: Het jy ’n hart soos Chris Hart?
Hoe reageer jy as jy onregverdig deur die post-apartheid-Suid-Afrika getrap word, veral as jy oor die vermoë beskik om met mening terug te slaan? Of probeer jy ’n brugbouer bly en ’n positiewe bydrae lewer?
Vandag se sportnuus
Die Wimbledon-kampioenskapsreeks het gister sy vierde dag beleef. Suid-Afrika se Kevin Anderson het sy tweederonde-wedstryd teen Andreas Seppi voltooi.
Een sterf tydens reddingspoging by oorstroomde grot
Een persoon het gesterf tydens die reddingspoging by ʼn grot in Thailand waar 12 jong seuns en hul sokkerafrigter deur vloedwater vasgekeer is.
Kabinet sê jammer oor Sassa-gemors
Minstens 700 000 van die land se ongeveer 17 miljoen maatskapliketoelaag-ontvangers het gesukkel om toegang tot hul toelae te kry toe probleme Sondag ontstaan het.
‘Nie nodig vir paniek oor grondkwessie’
“Die prioriteit moet wees om swart mense toegang tot 87% van die grond te gee. Dit moet die fokus van die gesprekke wees.”
Podlitiek: Belasting, benaming en bewaring
In hierdie episode gesels Daniël, Paul en Hermann oor Grahamstad se voorgestelde naamsverandering, die kommissie van ondersoek na die situasie by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en word daar ’n argument gemaak vir die bewaring van wild deur kommersiële jag.
Skotland en ’n Afrikaner ‘vrystad’
Die omstandighede in die land laat almal soek na oplossings. Flip Buys skryf ’n fiktiewe toekomsverhaal oor Skotland, waar hy die omstandighede skets waarin selfbeskikking noodsaaklik kan word. Hy verduidelik ook die verskil tussen die reg op selfbeskikking teenoor die moeilike toepassing daarvan in Suid-Afrika.
Gedagte vir die dag: Die gelykenis van die verlore seun
Die jonger seun het teruggegaan na sy pa toe. En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen. (Lukas 15:20)