Kieserregistrasie voor die 2019- algemene verkiesing is in volle swang by stempunte landswyd, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), Saterdag gesê.
Lees meerAlles vir Saterdag 26 Januarie 2019
Twee beweer hulle kan treinspoor verkoop
ʼn 41-jarige sakeman het ʼn bloutjie geloop toe hy R1,5 miljoen oorbetaal het aan twee mans wat aangevoer het hulle het magtiging om ʼn Transnet-treinspoor in die Oos-Kaap te verkoop.
ANC verwelkom Tuks se besluit oor Engels
Die ANC het die besluit deur die Universiteit van Pretoria, om Engels as primêre onderrigtaal te gebruik, verwelkom.
Gesin wag angstig vir nuus oor baba Lee
Klein Lee Jansen van Vuuren van Vereeniging, wat op 2 Januarie gebore is en reeds talle terugslae in sy kort lewe beleef het, se gesin wag Saterdag angstig vir die uitslag van bloedtoetse.
Betogings belemmer kieserregistrasie in Oos-Kaap
Minstens 56 kieserregistrasiepunte in die Oos-Kaap is Saterdag laat geopen weens diensleweringsbetogings en ontevredenheid met die afbakeningsproses, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), Saterdag gesê.
Deurbraak ná gruvonds by stadion
Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Marks Rambau (48), adjunkdirekteur van Limpopo se departement van vervoer.
Skooldogter in Welkom met messe beroof
Twee vermeende rowers is vinnig aangekeer ná hulle ʼn 14-jarige skolier met messe beroof het.
Zille wil Bosasa-kontrakte ondersoek
Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het die provinsiale regering opdrag gegee om bestaande en vorige kontrakte met Bosasa te ondersoek ná bewerings dat die maatskappy betrokke was by grootskaalse korrupsie by die regering.
Tito se twiet oor Tukkies is in die kol, sê ATR
Die Afrikaanse Taalraad (ATR) verwelkom die minister van finansies, Tito Mboweni, se Twitterkommentaar oor die afskaffing van Afrikaans by die Universiteit van Pretoria.
Sanef wil SAUK8-skenkings ondersoek
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het Vrydag ʼn onafhanklike ouditeur aangestel om ʼn beweerde skenking van R100 000 te ondersoek wat Bosasa Operations glo betaal het om ʼn veldtog te finansier vir ʼn groep van agt joernaliste wat by die openbare uitsaaier geskors is.
Hospersa veroordeel moontlike afleggings by Netcare
Die vakbond vir gesondheid en dienspersoneel (Hospersa) het Vrydag ʼn aankondiging veroordeel oor beplande afleggings by verskeie Netcare-fasiliteite oor die volgende paar weke.
Visserman word by Waenhuiskrans vermis
Daar is nog geen teken van ʼn visserman wat Vrydagoggend vroeg van ʼn vissersboot naby Waenhuiskrans in die Wes-Kaap geval het nie.
Trump hef sluiting van regering op
Pres. Donald Trump van die Verenigde State van Amerika het ʼn ooreenkoms onderteken om die regering tydelik vir drie weke oop te maak ná die langste sluiting van die regering in die Amerikaanse geskiedenis.
Ramaphosa in Indië vir groter samewerking
Suid-Afrika en Indië het Vrydag ʼn strategiese samewerkingsplan vir die volgende drie jaar gesluit.
Sewe sterf in Mpuma-ongeluk
Sewe persone is Saterdagoggend dood toe ʼn taxi en ʼn vragmotor op die D2296-pad tussen KaNyamazane en Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga gebots het.
Proteas dié keer die reën en wiskunde se baas
Die Proteas het die derde eendagwedstryd teen Pakistan met 13 lopies gewen, ná ’n reënonderbreking gesorg het dat die wedstryd vroegtydig gestop is.
Departement vat 58 plase terug ná SOE-ondersoek
Die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming het Vrydag gesê hy het, ná verdoemende bevindings in ʼn verslag deur die spesiale ondersoekeenheid (SOE) oor twyfelagtige grondooreenkomste, 58 plase teruggevat en van die betrokke personeel het bedank, afgetree of is sanksies opgelê.
Oud-vakbondhoof in hof oor bedrog van R50 miljoen
Die inhegtenisnemings volg ná die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdade ondersoek ingestel het oor bewerings van wanbesteding van geld wat die VSA geskenk het.
Gedagte vir die dag: Aan mý kant
Omdat God aan die kant van die regverdiges is, sal daar niks kom van julle planne teen die hulpelose nie. (Psalm 14:5-6)