Aiden Markram slaan nóg ’n honderdtal.
Lees meerAlles vir Sondag 31 Maart 2019
Ma en seuntjie sterf in Margate-ongeluk
ʼn Ma en haar tweejarige seuntjie is Sondagmiddag dood in ʼn ongeluk op die R61 in Margate aan KwaZulu-Natal se suidkus.
Mthembu deel pyn om op dogter se liggaam af te kom
“Ek het aan my vrou Thembi gesê ek wens dit niemand toe om in die kamer van jou kind in te loop en op hul lewelose liggaam af te kom nie.”
‘Los Magashule uit,’ sê ANC ná mediaberigte
Die ANC het Sondag vinnig sy sekretaris-generaal Ace Magashule verdedig ná hy in mediaberigte onder andere van korrupsie beskuldig is en dat hy aan die hoof staan van ʼn goedgeorganiseerde staatskapingnetwerk.
Ramaphosa ‘bang’ vir presidensiële debat, sê Maimane
Mmusi Maimane, leier van die DA, het Sondag gesê dit lyk of pres. Cyril Ramaphosa bang is, want hy weier om deel te neem aan die langverwagte presidensiële debatte wat regstreeks op die SAUK uitgesaai sou word.
Gemeenskap op plundertog ná meisie in bendeskietery sterf
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Oos-Kaap het die gemeenskap versoek om eerder saam met hulle te werk as om reg in eie hande te neem ná ʼn 12-jarige meisie Saterdagaand in Bloemendal in Bethelsdorp doodgeskiet is.
‘Nalatige’ vuurwapeneienaar aangekla ná moord
ʼn Man, in sy 50’s, is in Mecklenburg buite Burgersfort in hegtenis geneem op aanklag van die nalatige verlies van ʼn vuurwapen, ná die wapen in ʼn moord en poging tot moord gebruik is.
Uitstel vir PIC-ondersoek goedgekeur
Pres. Cyril Ramaphosa het die tydperk van die kommissie van ondersoek wat bewerings van ongerymdhede by die Openbare Beleggingskorporasie (PIC) ondersoek, verleng.
Geen besluit oor kredietgradering skep groter onsekerheid
Die Demokratiese Alliansie het sy kommer uitgespreek oor die besluit deur die Moody’s-kredietgraderingsagentskap om nie enige aankondiging te maak oor Suid-Afrika se soewereine krediet-vooruitsig nie.
Regering besorg oor aanvalle op uitlanders
Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het ʼn dringende vergadering met Afrika-ambassadeurs in Pretoria versoek om die vlaag van geweld wat uitlanders en hul eiendomme teiken, te bespreek.
Verbruikers moet eie krag opwek en ‘probruikers’ word
“Een oplossing vir die benarde elektrisiteitsituasie is om Suid-Afrikaners toe te laat, en inderdaad aan te moedig, om hul eie elektrisiteit op te wek.”
Chiefs klop Jaguares in doodsnikke
Die Chiefs het hul tweede agtereenvolgende wedstryd weg van die huis gewen.
Springbok-seisoenkaartjies vir die eerste keer beskikbaar
ʼn Unieke Springbok-seisoenkaartjie is bekendgestel om die span die grootste hupstoot ooit te gee wanneer hulle later vanjaar in Japan teen wêreldspanne te staan kom.
Departement bevestig brandstofskok vir motoriste
Die departement van energie het Saterdag amptelik die nuwe brandstofpryse vir April 2019 aangekondig.
Twee vroue in Amanzimtoti deur honde aangeval
Twee vroue het ernstige beserings opgedoen toe hulle in Illovo Beach in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, deur vyf honde aangeval is.
Gedagte vir die dag: Voel jy geestelik afgestomp?
’n Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai, ’n loot uit sy wortels sal vrugte dra. Die Gees van die Here sal op hom rus: die Gees wat wysheid en insig gee, die Gees wat raad en sterkte gee, die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here. (Jesaja 11:1-2)