Kiesers het Woensdag vroegoggend koue weer en selfs reën aangedurf om buite stemlokale in rye te staan om hul stem uit te bring, maar stemdag het egter nie sonder probleme begin nie.
Alles vir Woensdag 8 Mei 2019
Comrades wel op TV uitgesaai
Die Twee Oseane-marathon wat verlede maand in Kaapstad plaasgevind het, is nie uitgesaai nie.
Nuuskommentaar: Gaan die reën stemme wegspoel en is stembrief agterop gestempel?
Iets wat selfs ’n groter invloed kan hê as die stempels is die weer.
’n Bybelse stemgids vir die 2019-verkiesing
Moenie die verkiesing as ligtelik beskou nie. Wanneer ons stem, laat ons nie net die mense om ons raaksien nie, maar na God kyk vir ʼn hoër standaard vir die leiers wat Suid-Afrika in elke sfeer van die samelewing nodig het.
Finansiële welstand: Só pak jy jou skuldlas
Die finansiële welstandafrigter, Ronel Jooste, is terug in Maroela Media se ateljee en dié keer verduidelik sy waar jy moet begin met die opstel van ʼn effektiewe begroting. Sy gee ook raad oor skuld.
Omstrede sakeman sê ANC het vir dáái donasie gevra
Die ANC in die Wes-Kaap gaan die donasie van R1 miljoen van die omstrede sakeman dr. Iqbal Survé teruggee.
Armoede is verskriklik
Ek sien hulle elke dag as ek werk toe ry. Hulle staan langs die pad, steek hul hande op as jy verbyry, reg om met die geringste aanduiding in jou kar te spring om enige werk te doen. Sommige het blou oorpakke aan, enkeles het ʼn verfroller om te wys hulle wil werk en kan werk. Jy ry verby, en jy wonder.
Vergadering gehou oor Moreletapark se rol in NG Kerk
Die Moreletapark-gemeente in Pretoria se leierskap het Dinsdag met lede van die moderamen van die NG Kerk se algemene sinode vergader oor die Moreletapark-gemeente wat sy rol in die NG Kerk heroorweeg.
Só lyk die weer op verkiesingsdag
Wes- en Noord-Kaapse kiesers kan verspreide donderbuie verwag wanneer hulle Woensdag hul kruisies in die sesde nasionale en provinsiale verkiesing gaan trek.
#JongStemme: Die Suid-Afrikaanse demokrasie se silwer herdenking
Met die dat Suid-Afrika se demokrasie 25 word vanjaar, het ek dit goed gedink om oor ons land se silwer herdenkingsgeskenk te skryf. Bygesê dit is ’n leuen om dit ’n geskenk te noem, maar eerder ’n simbool wat bevestig dat ons tans besig is om sleg tweede te kom in Suid-Afrika.
Talle in NW vas vir verkiesingsgeweld
Minstens 21 mense is in Noordwes in hegtenis geneem in verband met verkiesingsverwante geweld.
Stem strategies of prinsipieel
Miskien is daar mense wat nog nie gestem het nie en wat nog aarsel. Laat ek maar verduidelik hoe ek die saak persoonlik sien – en elkeen is vry om met my te verskil.
Gedagte vir die dag: Ontsnap die gedrang
Ek sien geweld en oproer in die stad; dag en nag maal hulle rond op sy mure; daarbinne is onreg en onheil. (Psalm 55:10-11)