“Ek probeer baie betrokke bly by my kinders. Ek doen die gewone goed soos op- en aflaai en snoepiediens by die skool.”
Alles vir Donderdag 25 Julie 2019
‘Varkgriep’ eis lewe van negejarige: LUR vra vir kalmte
Giselle is Maandag ter ruste gelê en haar tweejarige broer is steeds in ʼn hospitaal nadat hy ook die virus opgedoen het.
Nuuskommentaar: Rassisme en die braaivleisvuur. Dood hét ’n oorsaak
Oor die stand van rassisme word gereeld na die “praatjies om die braaivleisvure” verwys waar mense, in die geslote omgewing van vriende, en met die hulp van ’n lange of ’n paar kortes, onbeskimmeld hul ware menings en oortuigings lug.
Tussenverkiesings bevestig hoe politieke wind waai
Die DA het Woensdag een wyk bygekry en een wyk verloor in ʼn reeks tussenverkiesings wat bevestig het hoe die politieke strome in Suid-Afrika aan’t verander is.
Vandag se sportnuus
Barrett én Mo’unga teen Bokke.
2 konstruksiewerkers gered toe muur meegee
Twee mans was die oggend besig om aan ’n muur te bou toe dit ineengestort en op hulle beland het.
Taakspan takel grondbesettings in Lenasia
Die taakspan moet verseker dat die polisie dringend ingryp om verdere onwettige grondbesettings in die area te voorkom.
Munisipaliteit slaan toe op vervalle geboue in middestad
Dié geboue is geruime tyd al ʼn euwel weens onder meer dwelmbedrywighede en bordele.
Podlitiek: OB geboek, Floyd se besoek en Johnny Clegg groet
Hermann Pretorius, Paul Maritz en Daniël Eloff gekyk na die omstredenheid rakende die magdom gebeure waar die Openbare Beskermer betrokke is, Floyd Shivambu se beweerde ontmoeting met Johann Rupert en derdens word die dood van die musieklegende Johnny Clegg bespreek.
Gedagte vir die dag: Die rivier van die lewe
Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit. (Op 22:1)