Hierdie heruitgawe bevat ʼn keur van die gewildste humoristiese kortverhale oor die lief en die leed van die mense op die dorp Gezinasrus.
Alles vir Woensdag 16 Februarie 2022
Gedig: Psalm 8
“Daar is geen land so ver of woes geleë,
geen strand, o Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid –
of orals blink u Naam en majesteit.” Lees hier Totius se alombekende gedig, “Psalm 8”.
Wat veroorsaak die meeste spanning in verhoudings?
Om probleme in ’n verhouding op te los moet jy eers erken daar is ’n probleem. Sodra julle die probleem geïdentifiseer het, kan julle daaraan aandag gee, met of sonder hulp.
E-tol: Mbalula kap Mboweni en waarsku paaie gaan al slegter word
Dit is Tito Mboweni, voormalige minister van finansies, se skuld dat die kwessies rakende die e-tolstelsel nog nie opgelos is nie, het Fikile Mbalula, minister van vervoer, Dinsdag gesê.
Spar tjeers op 55%-styging in drankverkope
Tops-winkels het “ongelooflike vlakke van groei in drankverkope” ondervind sedert die opheffing van die algehele drankverbod verlede jaar.
Prof van SA teister glo Harvard-studente
Drie Harvard-studente beweer dat die instelling glo al jare lank misluk het om studente teen die professor se seksuele wangedrag te beskerm.
Sitole ‘geskok en onthuts’ oor Cele se komplotbewerings
Cele het Maandag tydens die debat oor pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede beweer Julius Malema, leier van die EFF, en Sitole het saamgesweer om hom van sy amp te onthef.
Só lyk jongste Covid-19-statistieke
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is die jongste positiwiteitskoers 7,7%.
Vermiste man se motor tydens soektog gevind
Carsten Jocksch (56), die man wat al twee weke lank vermis word, se motor is Dinsdagmiddag gevind.
Gedagte vir die dag: Die smart van ’n vriend
Ek is bedroef oor jou, my broer Jonatan. Jy was baie na aan my hart. (2 Samuel 1:26)