William Borchers het duisende rande se skade gely toe meer as 200 van sy wingerdstokke afgesny is. Te midde van die reuseverlies sê dié boer egter mense se omgee en gebede ná die gebeure was verstommend.
Alles vir Vrydag 14 Oktober 2022
Groot pret dié naweek by Zwartkops
Ashley Oldfield van Cars.co.za het reeds genoeg punte gedurende die seisoen bymekaar gemaak om as kampioen gekroon te word.
IPL kom dalk gou vir vroue
Die vyf deelnemende spanne sal elk ’n maksimum van vyf oorsese spelers in hul elftalle vir wedstryde mag hê.
Namibiese boere op hul knieë oor brande
Die brand het reeds meer as 100 000 ha afgebrand en die vuurlyn is tans 70 km lank.
Kaapse marathon mik vir wêreldstatus
Dit is van kardinale belang dat daar Sondag geen haakplekke is nie wanneer 13 000 deelnemers op die Moederstad toesak om aan dié Kaapse feesgeleentheid deel te neem.
Luna Paige en vriende vier musikale voetspore
Die produksie is ’n skatkis propvol treffers uit vorige vertonings én nuwe liedjies wat gehore geboei hou.
Los die wekker, dié skool begin eers later
Die benadering erken dat elke leerder verskil en gee hulle inspraak in hul eie onderwysreis en die kans om hulself op ander gebiede ook uit te leef.
Die opleidingskaart moet die rassekaart vervang
Geen ander mynbouvakbonde het opleiding-verwante eise gehad nie, maar het eerder gefokus op die verkleining van die “apartheidsloongaping” – iets wat lankal nie meer bestaan nie!
Resep-video: Kaas-en-kruiebrood
Of jy nou op soek is na ʼn bykos vir die braai, ʼn heerlike peuselhappie of sommer net iets anders vir middagete, hierdie broodjie is die antwoord.
Geen einde in sig aan Transnet-staking
Transnet het nou ook ʼn beroep op werkers gedoen om enige optrede van intimidasie of geweld teen diegene wat nie staak nie, stop te sit, nadat ʼn Transnet werker geskiet is.
Konsekwentheid Bokke se wapen teen Fidji
Net een nuwe insluiting is deel van die Bokke se wedstrydplan om die Fidjiane met aanvallende hardlooprugby op die agtervoet te dwing.
Verskeie veranderinge aan Stormers-span
Die Stormers-afrigter, John Dobson, het ook verras met die insluiting van die Springbokke Steven Kitshoff en Joseph Dweba op die reserwebank.
Luister: Fletcher leer oor respek
Kom lees en luister saam: Lallie en Christiaan is terug van hulle vakansie af en leer vir Fletcher wat die woord “respek” beteken. Gaan vind gerus uit wat dié woordjie beteken.
Twee polisiebeamptes in Boksburg vermoor
’n 29-jarige konstabel en ’n 45-jarige sersant is Donderdagaand in Boksburg aangeval en vermoor.
Handwerk: Borduur ’n kewerborsspeld
Borduur hierdie oulike kewerborsspeld en kikker jou aandsakkie of jas daarmee op.
Mosie van wantroue teen Ekurhuleni-burgemeester
’n Mosie van wantroue is teen Tania Campbell, DA-burgemeester van die Ekurhuleni-metro, ingedien.
59 nou aangekeer na onluste
Die Valke het Donderdag nog van die beweerde aanhitsers van verlede jaar se onluste aangekeer.
Twee skietvoorvalle eis agt buite Kariega
Die provinsiale polisiekommissaris het die polisie se 72-uur-aksieplan in werking gestel om die skuldiges vas te trek.
Gedagte vir die dag: Herder en skape
Ons, u volk, die skape van u weiding, sal U vir altyd dank, en U prys van geslag tot geslag. (Psalm 79:13)