Studente aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Vrydag veiligheidsbeamptes by die kampus in Braamfontein aangeval.
Alles vir Saterdag 4 Maart 2023
Bedingingsrade loop deur onder kuberaanval
Die staatsdiens se bedingingsrade het die slagoffers geword van ʼn kuberaanval en drie daarvan moes in Maart alle dispuutbeslegtigingsprosesse opskort.
Hollywood: Dié akteur nou vriend van Poetin; Ed Sheeran stort hart uit
“Hierdie album is die deur tot my siel. Vir die eerste keer maak ek nie ’n album gebaseer op wat mense van sal hou nie, maar op eerlikheid oor waar ek tans in my lewe verkeer.”
De Ruyter moet binne 7 dae reageer op ANC-brief
“As hy nie binne die volgende sewe dae reageer nie, sal ons verdere stappe doen.”
Twee verdink van vrou se vlammedood
Die vrou is op 28 Februarie 2023 aangeval. Sy het onherkenbaar verkool.
Acsa sal brandstofprobleme by Kaapstad-lughawe oplos
“In hierdie stadium kan ons nie bepaal watter impak die huidige lae brandstofvlakke waarskynlik gaan hê op vlugte na en van Kaapstad-lughawe nie.”
EFF wil land tot stilstand bring oor kragkrisis, Ramaphosa
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) sê hy wil op 20 Maart ʼn nasionale stilstand bewerkstellig om ʼn einde aan beurtkrag en pres. Cyril Ramaphosa se bedanking te eis.
‘Perfekte storm’ laat rykmansbuurt sonder water
Die gedurige gebrek aan water in Pretoria-Oos is egter net die simptoom van ʼn veel groter probleem wat dreig om waterverskaffing vir die hele Tshwane te kniehalter.
Gholf: Woeste wind waai Rahm weg
Wanneer die wind woes waai, is die kanse baie goed dat enige gholfspeler se spel kan uitrafel, al is jy ook eerste op die wêreldranglys.
Sewes in Vancouver: Blitsbokke hou die deur oop
Die Blitsbokke het warm en koud geblaas op die eerste van drie dae van Wêreldrugby se Kanada-sewestoernooi in Vancouver.
Koalisies nou ‘leerskool’ vir 2024 (en daarna)
Indien koalisies berus op dieselfde waardesisteme, selfs al verskil die betrokke partye se beleidsrigting en ondersteuningsbasis, kan ʼn sinvolle meerderheid saamgestel word en ʼn samewerkingsooreenkoms slaag, sê kenners.
Gedagte vir die dag: Onderskei tussen reg en verkeerd
Moenie takt en oorleg uit die oog verloor nie. Hou altyd daaraan vas. Dit sal jou lewe verryk en eer en agting vir jou bring. Jou pad sal veilig wees. (Spreuke 3:21-23)