Twee verdagtes, onderskeidelik 37 en 72 jaar oud, is in hegtenis geneem in verband met ‘n dwelmlaboratorium ter waarde van R150 miljoen.
Alles vir Saterdag 13 Mei 2023
Lyntjie Jaars vind ware liefde ná 40
Sy het in haar wildste drome nooit gedink sy gaan ná veertig so verlief raak nie, sê dié radio- en TV-aanbieder wat die afgelope paar jaar met haar aansteeklike lag, Nama-aksent en pittige sêgoed diep in kykers se harte gekruip het.
Aangename kennis, Aliwal-Noord
Met my kop vol van Aliwal-Noord se geskiedenis ry ons verby merinoskape en mielies. Weereens verwonderd oor die erfenis wat op elke dorp te vinde is, as jy net soek – selfs op jou pad na ander bestemmings. Erfenis wat soms bewaar word, dikwels bedreig word, maar altyd ʼn besoek werd is.
Keur van klassieke musiek by dié fees te hoor
Van 18 tot 21 Mei kan klassieke musiekliefhebbers by die Atterbury Teater in Pretoria aansluit vir onder meer ʼn huldeblykkonsert aan Mimi Coertse.
‘Oordeelsdag’-ma skuldig aan kinders se moord
Die egpaar se godsdienstige geloofsoortuigings was volgens staatsaanklaers ʼn faktor in die moorde en hul storie is vertel in die dokumentêre reeks op Netflix, “Sins of Our Mother”, wat verlede jaar vrygestel is.
Takatso mag meerderheidsbelang in SAL kry
Een van die voorwaardes van die Mededingingskommissie was dat die konsortium afstand moes doen van sy minderheidsvennote Syranix en Global Aviation, omdat dié maatskappye ook ʼn belang in die plaaslike laekostelugdiens Lift het.
Antoinette Kellerman bekoor in Moedersdagfliek
Doyenne van die teater, Antoinette Kellerman, sal kykers Saterdagaand bekoor met ’n lekkerkyk, hartroerende Moedersdagfliek.
Woede, verwarring oor Rusland-wapenskandaal
Die sperdatum vir die ondersoek of wie dit sal lei, is nog nie bekendgemaak nie.
Wapenskandaal: Brigety vra om verskoning
Amerikaanse ambassadeur Reuben E. Brigety het Vrydag erken dat hy “grense oorskry het” en het onvoorwaardelik vir die regering en die mense van Suid-Afrika om verskoning gevra.
Luister: Tweede kans vir valskermswewer ná gru-botsing met kragdrade
Kelvin van Baalen moes eintlik nie lewend uit die brandende wrakstukke van sy valskermsweeftoerusting gekom het nie, maar loop vandag sonder vrees sy toekoms in.
Gholf: Grace kook in Oklahoma
Die dag wanneer Suid-Afrika se Branden Grace warm blaas is, is dié Buffelsbaaier vuurwarm.
Kieme al meer weerstandig teen ontsmetmiddels
In net tien opeenvolgende dae van blootstelling aan ontsmettingsmiddels, kan kieme se weerstand teen algemeen gebruikte ontsmettingsmiddels 32-voudig toeneem.
Gedagte vir die dag: ’n Doodgewone vrou …
’n Samaritaanse vrou kom toe daar aan om water te skep. Jesus vra haar: “Gee vir My asseblief water om te drink.” (Johannes 4:7)