As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk het en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie. (Romeine 11:29)
Alles deur die skrywer Annelize Brits
Gedagte vir die dag: Waardeer sy genadegawe
En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. (2 Petrus 1:5–7)
Gedagte vir die dag: God is goed
God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie? (Romeine 2:4)
Gedagte vir die dag: Binne God se wil
Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies. (Matteus 10:29–30)
Gedagte vir die dag: Doen dit vir die Here
Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan. ( Kolossense 3:23–24)
Gedagte vir die dag: Versigtig met wat jy sê
Aangename woorde is heuning, soet en geneeskragtig vir die mens. ( Spreuke 16:24)
Gedagte vir die dag: Help betyds
Moenie ’n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie. (Spreuke 3:27)
Gedagte vir die dag: God ontferm Hom
Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid uitkoms gee. In elke moeilikheid help Hy ons. Daarom kan ons ook weer ander help wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig. (2 Korintiërs 1:3–4)
Gedagte vir die dag: Die arm weduwee
‘Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het. Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe.’ (Markus 12:43–44)
Gedagte vir die dag: Jesus voed die menigte
Jesus het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: ‘Ek kry hierdie mense innig jammer, want hulle is nou al drie dae lank hier by My en hulle het niks om te eet nie. En Ek wil hulle ook nie sonder kos huis toe stuur nie, want hulle kan miskien op pad beswyk.’ (Matteus 15:32)
Gedagte vir die dag: Jesus het medelye
Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie ’n wagter het nie. Hy sê toe vir sy dissipels: ‘Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan die wie oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.’ (Matteus 9:36–38)
Gedagte vir die dag: Oorvloed
En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus. (Filippense 4:19)
Gedagte vir die dag: Ons is nooit alleen nie
Hoe groot is u goedheid: dit is altyd daar vir dié wat U dien. (Psalm 31:20)
Gedagte vir die dag: Met liefde van die Here
Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. ’n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi. (Psalm 16:5–6)
Gedagte vir die dag: God gee volmaak
Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. (Jakobus 1:17)
Gedagte vir die dag: Volhard
Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. Ek kom gou. Hou vas wat julle het, sodat niemand julle kroon wegvat nie. (Openbaring 3:10–11)
Gedagte vir die dag: Die goeie stryd
Maar jy, man van God, moet van hierdie dinge af wegvlug. Streef na opregtheid, toewyding aan God, geloof, liefde, volharding, minsaamheid. (1 Timoteus 6:11)
Gedagte vir die dag: Jou passie
Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg. (Openbaring 3:15)
Gedagte vir die dag: Jou gedagtes
Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. (2 Korintiërs 10:5)
Gedagte vir die dag: Woorde wat seermaak
Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou. (Jakobus 3:2)