Kyalami vier op 4 November plaaslike motorsport by die Kyalami Grand Prix-renbaan in Gauteng.
Alles deur die skrywer Brendon Staniforth
[Foto’s] Padtoets: Dié Clio wil aan die kraag gegryp word
Dié Clio is nie ’n rustige, lig-op-brandstof inkopie-wa nie. Gryp dié Clio aan die kraag, pluk hom bietjie rond en hy raak skielik lewendig in jou hande, skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] Padtoets: Mitsubishi-markaandeel ʼn raaisel
Dié Mitsubishi het ʼn magdom speelgoed om jou veilig en deeglik vermaak te hou tydens jou reise. Die ritgehalte is uiters gemaklik en padhouvermoë voldoende vir ʼn mediumgrootte sportnutsvoertuig, skryf Brendon Staniforth.
[Video] Porsche is wéér die baan se baas
Die Porsche 911 GT2 RS is die vinnigste sportmotor om ʼn rondte van die wêreldberoemde Nurburgring Nordschleife te voltooi.
Padtoets: Is dié JMC die perfekte werkesel?
Die lorrie is gebou om te werk. Jy kan voel hy is hard en gebou om te hou. Die enjin klink vir my presies soos die ou Isuzu KB 280-enjins … en húlle ry nou nog, skryf Brendon Staniforth.
Bekendstelling: Nissan se eerste stap in ʼn strategiese rigting
Op die pad voel die Micra geensins soos ʼn goedkoop ryding nie. Hy is ook meer ruim as van sy mededingers. Die opsionele klankstelsel met navigasie sal gratis bygevoeg word vir die bekendstellingstydperk.
[Foto’s] Hier is die tien finaliste in Wesbank se motor van die jaar
Wesbank het Dinsdag die tien finaliste in sy motor van die jaar-kompetisie bekend gemaak.
[Foto’s] Sleeptoets: Tiguan het sy vuurdoop deurstaan
Partykeer is dit moeilik vir ’n motorjoernalis om objektief te bly. Ek moet dikwels vergeet van my liefde vir ’n voertuig en hom deeglik toets. Die Tiguan, kan ek nou sê, staan hoog aangeskryf by my, skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] Vergelykende toets: Een modern, een getrou, selfde resultaat?
Die Etios sou nog nooit sommer ʼn skoonheidskompetisie wen nie, maar die nuwe Sprint-model lyk baie beter as sy voorganger. Die Renault se Sandero Stepway is modern en lekker toegerus en die enjin is gretig. Brendon Staniforth stel ondersoek in.
[Foto’s] Reikafstand g’n probleem vir nuwe Leaf
Die motorvervaardiger Nissan het verlede week hul nuwe Leaf in Yokohama, Japan, bekend gestel.
[Foto’s] Padtoets: Mazda slaan die spyker op die kop
Die Mazda 2 is een van die min kompakte luikrugmotors wat regtig ten volle toegerus is. Die hoë spesifikasievlak en goeie bougehalte bied en kompleet, perfekte pakket. Indien jy baie ry is die diensplan ook ongeëwenaar, skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] Padtoets: ʼn Japanese geskiedenisles
’n Mens het eintlik al vergeet hoe lekker ʼn eenvoudige, atmosferiese 2.0 met ʼn lekker handratkas en agterwielaandrywing kan wees. Ons is nie meer gewoond daaraan om ʼn kar te leer ken nie – sy karakter te ontsyfer en met hom te werk tot jy die beste uit hom kry. Deesdae is alles mos turboaangejaag en outomaties.
[Foto’s] Padtoets: Is dit TATA, of hallo?
Van die eerste TATA-produkte wat in SA te koop gestel is, was vir my nie iets om oor opgewonde te raak nie. Ek was redelik skepties toe die vlootbestuurder vir my die Bolt skeduleer. Maar nou ja, soos ek al telkemale gesê het … dit is regtig lekker om verbaas te word, skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] Bekendstelling: Die sewe-sitplek sportnuts-stryd
Mitsubishi Suid-Afrika het verlede Vrydag sy Pajero Sport aan die media bekendgestel. Dié voertuig is al maande in die land, maar Mitsubishi se sompompe het geworstel met wisselkoerse wat net nie in die taai mark kon meeding nie.
[Foto’s] Vergelykende toets: Luikrug? Sportnuts? Kruismodel!
ʼn Gewilde segment in die motormark is tans die nuwerige kruismodel. Vat ʼn medium-grootte luikrug, pomp sy vering bietjie hoër van die grond af op en rek sy dak dat daar ʼn persepsie van ruimte gebied word en siedaar – die kruismodel is gebore.
[Foto’s] Bekendstelling: Kia’s om te kies en te keur
Kia het sopas hul Sportage-reeks opgekikker. Aanvanklik was daar vyf modelle om van te kies, en ’n reusagtige prysgaping tussen die intree- en topmodel. Kia het ’n bietjie tyd met die sompompe deurgebring en nog sewe modelle beskikbaar gestel.
[Foto’s] Bekendstelling: Fiat Panda dalk die kleinste bergklimmer
Ons het Killarney 4×4 in Natal besoek en gery deur ’n riviertjie, los sand, oor ’n paar bultjies en weer deur ’n stroompie. Die Panda het geensins gesukkel nie en op die snelweg kan hy lag-lag by die spoedgrens hou… of meer, skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] Padtoets: Onthou jy nog die seevakansie?
Indien jy ʼn gesinsman is met ʼn kroos, is daar niks so lekker soos ʼn bus nie. Indien jy van tyd tot tyd ʼn woonwa sleep is die H1 ook puik weens sy agterwielaandrywing, puik ratkas en sterk enjin. Ek moes die sleutels vir die bus uit my vrou se hande wurg, skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] Bekendstelling: Hilux is die nuwe swart
Daar is ‘n woeste oorlog aan die gang in Suid-Afrika. Ons is bitter lief vir ons bakkies, en Toyota het besluit hulle gaan die lewe nog so effens moeiliker maak vir ons. Hulle het die Hilux sopas visueel ʼn rapsie opgekikker, skryf Brendon Staniforth.
Toyota belê in Suid-Afrika se toekoms
Op ʼn wêreldwye skaal het Toyota bekendgemaak dat hulle ’n eerstevlak- Olimpiese vennoot is tot en met 2024. Dit sluit die Paralimpiese Spele ook in.