Faf du Plessis het ʼn barshou teen die Durban’s Super Giants gespeel om te sorg dat sy Joburg Super Kings vir die SA20-uitspeelwedstryde kwalifiseer.
Alles deur die skrywer Johann Gresse
Kiwi-honderdtalle kniehalter Proteas
Kane Williamson en Rachin Ravindra se honderdtalle het ʼn goeie dag vir Nieu-Seeland op die krieketveld afgesluit nadat Tshepo Moreki ʼn paaltjie met sy eerste aflewering geneem het.
Doelwagter Williams is Bafana se groot held
Ronwen Williams het vier van die Kaap Verdiese Eilande se strafdoelpogings gefnuik om toe te sien dat Bafana Bafana vir die eerste keer in 24 jaar vir die halfeindstryd van die Afrikabeker kwalifiseer.
Proteas kan vriend en vyand teen Swartpette verras
“Dit is ʼn reusegeleentheid vir elke liewe speler om sy kleim in die toetsgroep af te steek,” het kaptein Neil Brand gesê.
Marco baljaar met kolf en bal
Die Sunrisers Eastern Cape se Marco Jansen het sy behendigheid met kolf en bal in die wedstryd teen die Paarl Royals onderstreep.
Groot oorwinning gee Iere rede om te glo
“Om Frankryk met só ʼn telling te klop is baie onverwags. Jy staal jouself vooraf vir ʼn taai wedstryd; dalk het die rooi kaart dinge vir ons makliker gemaak, wie weet?”
Maphaka, Norton skitter vir jong Proteas
ʼn Mens hoef nie ʼn krieketsiener te wees om te voorspel dat Kwena Maphaka nog baie wedstryde vir sy span gaan wen nie.
Hamilton saal ʼn nuwe perd op
“Ek het ʼn ongelooflike 11 jaar saam met Mercedes geniet en ek is baie trots op alles wat ons saam bereik het. Dit was beslis een van die moeilikste besluite wat ek nóg moes maak.”
Duhan in Skotte se opdrafspan
Duhan van der Merwe sal die no. 11-trui dra wanneer Skotland met Wallis op die Principality-stadion kragte meet.
Kolwers slaan 32 sesse op SuperSportpark
Kyle Verreynne, Ryan Rickelton, Dewald Brevis en Kieron Pollard het almal tot die sesslaanpret in die SA20-kragmeting tussen die Pretoria Capitals en MI Cape Town bygedra.
All Blacks se ‘Razor’ opgewonde oor Bok-toetse
“Die wedstryde teen die Springbokke bied ʼn gulde geleentheid vir ons om meer oor onsself as ʼn span te leer – ons speel immers teen die Wêreldbekerwenners.”
Hoe rooier hoe vinniger, hoop Lewis
Die gesaghebbende Sky Sports het vandag berig dat daar ʼn definitiewe vuurtjie onder die gerugterokie brand: Lewis Hamilton kan in 2025 agter die stuur van ʼn Ferrari inskuif.
Hane moet ‘leer’ om sonder Dupont te speel
Afrigter Fabien Galthié het gedurende ʼn mediasessie gesê dat Frankryk vinnig ʼn brug moet bou oor die leemte wat Antoine Dupont gelaat het.
Sunrisers gee Super Kings ʼn bloedneus
Faf du Plessis se kolfherlewing was van korte duur: Hy is vir ʼn nulletjie agter die paaltjies van Daniel Worrall se boulwerk uitgevang.
Netbalbase wag nog met Protea-spanaankondiging
“Dit is die afrigter wat saam met die spelers gaan werk; dus is dit net regverdig dat sy by die keurproses betrokke is.”
Jong Proteas mors met bure
Toe David Teeger ʼn rukkie gelede die wenlopies teen Zimbabwe geslaan het, was daar nog 219 aflewerings in die o.19-Proteabeurt oor.
Super Giants bespreek plek in uitspeelstryde
As die nasionale keurders na SA20-spelpeil kyk om hul T20-Wêreldbekergroep te finaliseer, dan moet Matthew Breetzke se naam seker een van die eerstes wees wat in hul gesprekke opduik.
Skotte wil vuur met vuur teen Rooi Drake beveg
“Ons wil die passievolle Walliese ondersteuners stil speel. Daarom is die aanloop tot die wedstryd – veral die eerste 20 minute – van groot belang,” het Huw Jones gesê.
Bafana speel klaar met Marokko
Suid-Afrika het vir die kwarteindstryd van die Afrikabeker gekwalifiseer toe hy vir Marokko met 2-0 geklop het.
Dricus gaan op titeltoer
Dricus du Plessis, Suid-Afrika se eie UFC-kampioen, sal Kaapstad en Pretoria op sy titeltoer besoek.