Dit is bevestig: Kwagga van Niekerk gaan inderdaad vir Skotland in die o.20 Sesnasies-reeks speel.
Alles deur die skrywer Johann Gresse
Kom meet jouself teen Froning, Smith, Davidsdottir en Sigmundsdottir
Die 2019 Reebok CrossFit Ope is ’n maand of wat weg. En tydens dié wêreldwye kompetisie kan jy jou fiksheid teen van die beste atlete op aarde meet.
SA se rugbyhuursoldaat laat Fransmanne biltong koop
Pellow van der Westhuizen voldoen basies aan die woordeboekverklaring van ’n professionele rugbyspeler. Maar die voormalige SA o.19-speler is al vir sewe jaar ’n Fransman en hy doen binnekort aansoek om burgerskap in dié land.
Kenners dink All Blacks se doppie is geklink
“All Blacks is kwesbaar,” meen kenners.
Anderson uit Aussie Ope
Dit lyk asof Kevin Anderson se Australiese Ope-nagmerrie nog nie iets van die verlede is nie.
Foto’s: SA-spanne sit die ‘super’ in Superrugby
Die Lions, Bulls, Sharks en Stormers gaan in die komende seisoen saam met superhelde “vlieg”. Dié spanne se truie het ’n superheld-mooimaaksessie ondergaan.
’n Emosionele dag by Aussie Ope
Andy Murray het waarskynlik sy laaste professionele tenniswedstryd gespeel.
Kyk hoeveel Springbokke het met pienk broeke begin!
Die FNB Varsitybeker begin op 4 Februarie en talle Springbokke het al vir hul universiteitspanne uitgedraf.
Olivier en De Kock verneder Pakistan
Die Proteas het die derde en laaste toets teen Pakistan op die Wanderers met 107 lopies gewen. Duanne Olivier en Quinton de Kock was die tuisspan se groot helde.
Anderson sit vir Mannarino ore aan
Kevin Anderson het vir die eerste keer sedert 2015 na die tweede ronde van die Australiese Ope deurgedring toe hy Frankryk se Adrian Mannarino geklop het.
De Kock deel Pak-slae uit
Enige kans wat Pakistan gestaan het om die derde toets op die Wanderers teen die Proteas te wen, is waarskynlik deur Quinton de Kock se pragbeurt in die wiele gery.
Tennisjaar begin met Aussie Ope en Anderson mik nóg hoër
Die Australiese Ope begin Maandag en van die wêreld se beste spelers sal op Melbourne toesak.
Video: Mohammed se vyf dekades van roomys, Nuweland, grenshoue en drieë
Mohammed Cassiem verkoop al vir 51 jaar roomys op Nuweland. En sy stories en staaltjies maak dié ikoniese stadion net meer kleurvol.
’n Kwagga wat ’n Skot kan word
Een van Suid-Afrika se blinkste jong rugbysterre kan moontlik binnekort vir Skotland speel.
Kolisi gekap oor rassekwota-uitlatings
Sy het Kolisi se uitlatings as “hartseer” bestempel en sportmanne en -vroue gewaarsku om nie hul menings oor rassekwessies te gee nie.
Kolisi: ‘Madiba sou nie kwotas steun’
Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, meen oudpresident Nelson Mandela sou waarskynlik nie die kwotastelsel vir die samestelling van die Springbokspan steun nie.
Vier jaar ná rugbyspeler sy nek breek het hy steeds hope moed
Dokters het weinig hoop gehad dat Heinrich Terblanche weer sou kon loop. Met hope durf het hy egter nie net langs sy vrou voor die kansel gestaan nie, maar is hy ook ’n inspirasie vir baie spelers.
Boklegende sterf op 89
Dr. Danie Craven meen hy was een van die beste slotte nog.
’n Faf-lose derde toets
Die Suid-Afrikaanse krieketkaptein, Faf du Plessis, is vir een wedstryd geskors en met 20% van sy wedstrydgeld beboet ná die Proteas gestraf is omdat hulle hul boulbeurte te stadig op Nuweland afgestuur het.
2018: Bok-brekers, gekraakte rakette en balpeutery
Die jaar 2018 was propvol sporthoogtepunte – van omstredenheid tot emosiebelaaide vuispomppret is regstreeks op jou kassie gedek.