ʼn Moordenaar wat gehuur is om ʼn onderwyser van KwaZulu-Natal dood te skiet, word Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gevonnis.
Alles deur die skrywer Mariné Lourens
Limpopo-leerder neem eie lewe
Die Hoërskool Hans Strijdom in Mookgopong (Naboomspruit), Limpopo, is Dinsdag gesluit nadat ʼn matriekleerder se liggaam Maandagaand in die koshuis gevind is.
Regstappe kom dalk teen vrou wat in polisiemotor drink
Die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) het ʼn ondersoek van stapel gestuur na foto’s wat op sosiale media versprei word van ʼn vrou met drank in haar hand in ʼn amptelike EMPD-motor.
Pta-voetgangerongeluk eis man; verkeer erg ontwrig
Verkeer in die Pretoriase Moot is Dinsdagoggend erg ontwrig nadat ʼn voetganger deur ʼn bus doodgery is.
Bfn-werkers val drie verdiepings ver
Spesialis-reddingswerkers is na ‘n konstruksieperseel in Bloemfontein ontbied nadat twee konstruksiewerkers ernstig beseer is toe hulle drie verdiepings ver geval het.
Hond verskeur jong vrou se gesig
Daar lê maande se herstel voor vir ʼn jong vrou van Stellenbosch nadat haar gesig deur ʼn boerboel verskeur is.
Kuierplek skenk wins ná moord op uitsmyter
ʼn Gewilde kuierplek in Kaapstad se bekende Langstraat sal Maandag die dag se wins skenk aan die familie van ʼn uitsmyter wat Saterdag voor die kroeg met ʼn mes doodgesteek is.
Kleuter verdrink in toiletemmer
ʼn Tweejarige kleuter van die Noord-Kaap het in ʼn emmer vol urine verdrink.
Vyfde verdagte vas ná ontsnapping uit Gauteng-hof
Die vyfde van sewe gevangenes wat op 8 Junie uit die Lenasia-landdroshof se aanhoudingselle ontsnap het, is in Eldoradopark in hegtenis geneem.
Bejaarde in plaasaanval met skêr in oog gesteek
ʼn 73-jarige man is Sondagoggend met ʼn skêr in sy oog en rug gesteek toe hy en sy vrou deur aanvallers op hul plaas in Noordwes oorrompel is.
Verdagte skiet homself toe hy vlug van polisie
ʼn Vermeende misdadiger wat in KwaZulu-Natal vir moord en poging tot moord gesoek was, het homself Saterdag gedurende ʼn jaagtog met die polisie geskiet.
Solidariteit besluit oor deelname aan anti-korrupsie optog
Die Solidariteit Beweging het gesê hy sal Maandag sy besluit bekend maak of die beweging se instellings wel in Augustus vanjaar aan die burgerlike optog teen korrupsie gaan deelneem.
Video: Speelgoedhond laat ander honde spaander
ʼn Video van ʼn speelgoedhond wat regte honde die skrik op die lyf jaag, maak weer opslae op sosiale media.
Hoof van KZN dwelmsindikaat gevonnis
ʼn Berugte dwelmhandelaar van Nigerië wat ʼn groot dwelmsindikaat in Durban bedryf het, is hierdie week tot 70 jaar tronkstraf gevonnis.
Brits-tiener ontvoer, aan die brand gesteek
Vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn tienermeisie in die Letlhabile-nedersetting naby Brits ontvoer en aan die brand gesteek het.
Jong vrou ná weke in koma oorlede
Huibré van Zyl (21), die jong vrou van Schweizer-Reneke in Noordwes wat op 6 Junie ernstig beseer is nadat die motor waarin sy en vier vriende was buite Wolmaransstad gerol het, is oorlede.
Vier dood, agt kritiek toe taxi rol
Vier mense is dood en agt ernstig beseer nadat ʼn minibustaxi op die R103 naby Vosloorus, suid van Boksburg, gerol het.
Bfn-kroegeienaar verkrag glo kelnerin
Die eienaar van ʼn sportkroeg in Bloemfontein is in hegtenis geneem nadat hy na bewering Woensdagaand ʼn kelnerin wat aan diens was, verkrag het.
Nóg ʼn baba in vullissak gevind
Die liggaam van ʼn pasgebore baba is Donderdagoggend in ʼn vullissak in Berea, Johannesburg, gevind.
Aanvallers vlug toe boervrou met geweer losbrand
Vermeende plaasaanvallers het Woensdag vinnig spore gemaak toe ‘n Noordwes-boer se vrou met ʼn vuurwapen op hulle losgebrand het.