Die man wat aangekla word van die moord en verkragting van die 15-jarge Noeline Koekemoer van Bainsvlei in Bloemfontein, het Vrydag vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn.
Alles deur die skrywer Mariné Lourens
Wes-Kaapse polisiehoof kry borg
Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, lt.genl. Arno Lamoer (55), is saam met vier ander verdagtes Vrydag op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Sneeufoto’s: Bibberweer vir die naweek voorspel
Die koudste naweek tot dusver vanjaar lê vir Suid-Afrikaners voor met sneeu wat reeds op plekke in die Oos-Kaap aangemeld is.
12 vas vir plundering in Jhb
Altesaam 12 mense is Donderdagnag in Jeppestown in Johannesburg in hegtenis geneem vir die plundering van buitelanders se winkels.
Bfn-tienermoord: Sy het nie verdien om só wreed te sterf, sê ma
Die ma van die vermoorde 15-jarige Noeline Koekemoer van Bloemfontein, het Donderdag gesê haar dogter was “haar alles” en het nie verdien om só te sterf nie.
‘Nou is jy in die k*k’; toe skiet hy
ʼn Man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy op die pad tussen Bloemfontein en Bultfontein op André Smit, ʼn dieselwerktuigkundige van Virginia, geskiet het.
‘Rassehaat’-veldtog by Tukkies gekap
Afriforum Jeug het Woensdag gesê ʼn veldtog deur die South African Students Congress (Sasco) op die kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) vuur rassehaat onder studente aan.
Agtjarige kritiek ná hy voor motor beland
ʼn Agtjarige seun van KwaZulu-Natal is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Donderdagoggend deur ʼn motor raakgery is terwyl hy skool toe gestap het.
Man in hof ná natuurbewaarder se bylmoord
ʼn 35-jarige man het Dinsdag in die Hwange-landdroshof in Zimbabwe verskyn in verband met die moord op Gregory Gibbard, ‘n Australiese natuurbewaarder.
Delmas-pa voor kinders doodgeskiet
Jannie van der Schyff (46), die pa van Delmas wat koelbloedig voor sy huis doodgeskiet is, het in sy laaste oomblikke desperaat probeer om sy gesin te beskerm.
Standbeelde in Krugersdorp geskend
Twee standbeelde in Krugersdorp aan die Wes-Rand is Woensdag in die vroeë oggendure met rooi verf besmeer.
Pta-hof ontruim ná bomdreigement
Die hooggeregshof in Pretoria is Woensdagoggend ontruim nadat ʼn bomdreigement ontvang is.
Pa van twee voor huis doodgeskiet
ʼn Man van Delmas is Dinsdagmiddag ten aanskoue van sy vrou in hul huis se oprit doodgeskiet.
Vrou (70) van Boksburg dood aangetref
ʼn 70-jarige vrou is Dinsdagaand dood aangetref in haar huis in Van Dykpark in Boksburg aan die Oos-Rand.
Twee in hof oor verkoop van ‘gesteelde, gekaapte’ voertuie
Twee vermeende verkopers van gesteelde en gekaapte voertuie, Susanna Degenaar (40) en Nikolaas Gouws (30), het Maandag in die Vryburg-streekshof verskyn nadat hulle oor Paasnaweek in hegtenis geneem is vir die besit van gesteelde goedere.
Tuisonderwys: Die keuse van kurrikulum
In Suid-Afrika is daar ʼn hele aantal kurrikulumverskaffers vir tuisonderwys, dikwels met uiteenlopende benaderings tot die onderrig van leerders.
Jhb-sakeman doodgeskiet: ‘My pa was spesiaal’
André Botha (59), ʼn bekende sakeman van Johannesburg, is Saterdag voor sy huis in Northcliff, Johannesburg doodgeskiet.
Bfn-tienermoord: Gerugte nie bevestig oor oudwerker se rol
Gerugte dat ʼn voormalige werknemer moontlik betrokke was by die moord op die 15-jarige Noeline Koekemoer van Bloemfontein kon nie deur die polisie bevestig word nie.
Twee ‘standbeeld-vandale’ vrygelaat
Die 21-jarige man wat in hegtenis geneem is vir die skending van Mahatma Ghandi se standbeeld is op borgtog vrygelaat terwyl die EFF-lid wat vir die skending van die Koningin Victoria-standbeeld in hegtenis geneem is, weens ’n gebrek aan bewyse vrygelaat is.
Man slaan vriend glo met hamer dood
ʼn 29-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy sy vriend glo gedurende ʼn rusie oor drank met ʼn hamer doodgeslaan het.