Twee verdagtes is Maandag in Hillbrow, Johannesburg, vasgetrek enkele ure nadat hulle glo ʼn motor met ʼn man en sy 12-jarige dogter daarin gekaap het.
Alles deur die skrywer Mariné Lourens
KZN-plaasaanval: ‘Hulle het gedreig om hom aan die brand te steek’
Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn egpaar van KwaZulu-Natal byna twee weke gelede op hul plaas oorval en aangerand is nie.
Noordwes-vrou wreed verkrag
ʼn 21-jarige vrou is halfnaak en met kopbeserings in ‘n straat in Klerksdorp aangetref.
Drie vas ná hulle egpaar op Vrystaat-plaas oorval
Drie verdagtes het Dinsdag in die Marquard-landdroshof verskyn nadat ʼn bejaarde egpaar Sondagaand op hul plaas in die omgewing oorval en aangerand is.
Mpumalanga-plaasaanval: Verdagte in hof
Die verdagte wat verlede week vasgetrek is enkele ure nadat ʼn plaasbestuurder in die Komatipoort-omgewing in Mpumalanga deur vyf gewapende rowers oorval, vasgemaak en aangerand is, het Dinsdag in die Louieville-landdroshof verskyn.
‘Rowers’ in hul spore gestuit
Vier vermeende gewapende rowers is Dinsdagoggend in Polokwane in Limpopo in hegtenis geneem terwyl hulle vermoedelik op pad was om te roof.
Jong vrou val na haar dood minute ná motorongeluk
ʼn Jong vrou het Sondagoggend ʼn motorongeluk oorleef net om minute later na haar dood te val.
Marli van Breda terug by skool
Marli van Breda (16), een van die oorlewendes van die Stellenbosch-bylaanval, het teruggekeer skool toe.
Kuruman-plaasmoord: Verdagtes het voorheen op plaas gewerk
Die vermeende moordenaars van Christo Kruger (63), wat voorverlede week op sy plaas naby Kuruman doodgeskiet is, het albei voorheen op Kruger se plaas gewerk.
Marble Hall-ongeluk: Terblanche-gesin sterk tuis aan
Die drie lede van die Terblanche-gesin wat op 17 Mei ernstig in ʼn ongeluk op die R573 buite Marble Hall beseer is, is uit die Life Midmed-hospitaal in Middelburg ontslaan.
Vrou (21) in koma, vier vriende beseer ná motor rol
Huibré van Zyl, ʼn 21-jarige vrou van Schweizer-Reneke in Noordwes, is in ʼn koma nadat die motor waarin sy en vier vriende was Saterdagoggend ongeveer 10 km buite Wolmaransstad gerol het.
Swaardaanval op plaas: ‘Hulle het gesê hulle gaan terugkom’
Die drie mense wat Donderdagoggend ʼn plaasaanval buite Rustenburg oorleef het waartydens ʼn swaard in ʼn man se keel afgedruk is, lewe in vrees nadat die aanvallers glo gesê het hulle sal terugkom.
Kleinseun vas vir ouma se moord, verkragting
ʼn 20-jarige man van Ganyesa, sowat 70 km van Vryburg in Noordwes, sal Vrydag in die hof verskyn vir die beweerde verkragting van en moord op sy 77-jarige ouma.
Man gevonnis vir plaasvrou se wurgdood
Phillip Kgoantha, die 22-jarige man wat skuldig bevind is aan die moord op Susan Kotze (76) van Lephalale (Ellisras) in Limpopo, is Vrydag gevonnis.
Departement swyg oor Derby-Lewis se parool
Die departement van korrektiewe dienste en justisie het Vrydagoggend geweier om redes te verskaf waarom ʼn mediakonferensie oor Clive Derby-Lewis (79) se vrylating op mediese parool op kort kennisgewing gekanselleer is.
Raaiseldood: Net man se voete brand
Die polisie in Noordwes doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn 60-jarige man se liggaam op sy bed aangetref is met net sy voete wat brandwonde opgedoen het, nadat sy bed aan die brand geslaan het.
Man en vrou vas vir Nyoni-plaasmoord
ʼn Man en ʼn vrou is Vrydagoggend in hegtenis geneem in verband met die aanval op ʼn plaas in Nyoni, KwaZulu-Natal, waartydens een man doodgeskiet is en sy broer ernstig beseer is.
Vlugte dán beskikbaar van Wonderboom na die Moederstad
Reisigers tussen Pretoria en Kaapstad kan binnekort van vlugte tussen die Wonderboom-lughawe en die Kaapstadse Internasionale Lughawe gebruik maak.
Vrou in hof ná sy glo jok oor verkragting
ʼn 35-jarige vrou van die Vrystaat het Donderdag in die Virginia-landdroshof verskyn nadat sy glo ʼn vals aanklag van verkragting en roof aanhangig gemaak het.
Reddingspoging om bejaarde by doktersafspraak te kry
ʼn 82-jarige vrou van Plettenbergbaai moes die hulp van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) inroep om ʼn doktersafspraak na te kom nadat die pad voor haar huis oorstroom het.