Die bekende kettingwinkel Woolworths se tak in die Canal Walk-winkelsentrum in Kaapstad is Maandagoggend in ʼn rooftog geteiken.
Alles deur die skrywer Mariné Lourens
Motoris red drawwer wat ontvoer word
ʼn Vrou van Durban is Maandagoggend deur ʼn verbygaande motoris gered nadat sy deur drie gewapende rowers oorval en ontvoer is.
Liggaamsdele langs vrou se lyk aangetref
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat ʼn vrou se liggaam sonder haar neus, lippe en geslagsdele die naweek gevind is.
450 kg-man moet eers wag voor vog dreineer kan word
Corrie le Grange (60), die man van Johannesburg wat 450 kg weeg, se toestand moet eers gestabiliseer word voordat enige van die vog uit sy liggaam gedreineer kan word.
Wildvanger steeds kritiek na helikopter val
Jason Badenhorst (27), ʼn wildvanger van die Noord-Kaap, is steeds in ʼn kritieke toestand nadat ʼn helikopter waarin hy ʼn passasier was, Donderdag geval het.
Vermiste Tzaneen-vrou dood gevind; voertuig glo gesteel
ʼn Vermiste vrou van Tzaneen in Limpopo wie se foto oor die naweek wyd op sosiale media versprei is, is Sondag dood gevind.
Jong krieketspeler byna vinger kwyt toe hond hom aanval
ʼn Elfjarige seun van Bela-Bela in Limpopo was byna ʼn gedeelte van sy wysvinger kwyt nadat hy Maandag deur ʼn hond aangeval is.
Taxidrywer red man se lewe tydens kaping
Louis Fourie van Empangeni in KwaZulu-Natal se lewe is deur ʼn taxibestuurder gered nadat twee mans probeer het om sy motor te kaap.
Mango-vlug maak noodlanding ná passasier se dood
ʼn Mango-vlug onderweg na die Kaapstad-lughawe moes Dinsdag ʼn noodlanding in George doen nadat ʼn middeljarige man aan boord dood is.
Kovsies en Jansen vir miljoene gedagvaar
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) en die universiteit se rektor, prof. Jonathan Jansen, word vir meer as R6 miljoen gedagvaar.
Swanger vrou deur buffel gedood
ʼn Swanger vrou van Zimbabwe wat vermoedelik onwettig die grens na Suid-Afrika oorgesteek het, en haar ongebore baba is Dinsdag dood toe ʼn buffel haar gegaffel het.
450 kg-man: ‘Hy het sy waardigheid verloor’
Corrie le Grange (60), die man van Johannesburg wat 450 kg weeg en wie se gesin desperaat op soek was na ʼn mediese instansie wat hom sal behandel, sukkel om al die aandag van die publiek te hanteer.
Foto’s: Motor ploeg deur huis se dak
’n Man van Kwamakhutha in die suide van Durban het Donderdagoggend met ʼn skok wakker geskrik en afgekom op ʼn motor wat deur sy huis se dak geploeg het en halfpad in die woonkamer hang.
Beampte verkrag vrou glo: ‘Vanaand maak ek jou my vrou’
ʼn Polisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn 25-jarige vrou in die aanhoudingselle van die Linden-polisiestasie in Johannesburg verkrag het.
Bejaarde egpaar in aanval beseer; ‘rower’ doodgeskiet
ʼn Vermeende gewapende rower is gedurende ʼn rooftog doodgeskiet nadat ʼn bejaarde egpaar van Middelburg, Mpumalanga helder oordag deur drie mense in hul huis oorval is.
Man van 450 kg kry hospitaalbed
Die man van Johannesburg wat 450 kg weeg en wie se gesin desperaat op soek was na ʼn mediese instansie wat hom sal behandel, is uiteindelik op pad hospitaal toe.
Polisiebeamptes vas ná hulle glo man ontvoer
Drie polisiebeamptes van Mthatha in die Oos-Kaap en ‘n vierde medebeskuldigde is vasgetrek nadat hulle glo ʼn man van Dutywa ontvoer het.
Oorsaak van kleuter in swaai se dood bekend
Die kleuter wat in ʼn speelpark in Maryland in die VSA gevind is waar sy ma steeds besig was om sy liggaam op ʼn swaai te stoot, se oorsaak van dood is bekend gemaak.
Tiener sterf na bakkie oor hom ry: maats geweldig getraumatiseerd
John Kuhne, die 17-jarige seun van Louis Trichardt in Limpopo wat Dinsdag dood is toe ʼn bakkie oor hom gery het, sal Vrydag veras word.
Liggaam in gebrande gebou ontdek ná man se raaiseldood
ʼn Man van Limpopo se raaiseldood het gelei tot die afbrand van ʼn gebou deur ontstoke gemeenskapslede en die ontdekking van ʼn onbekende persoon se liggaam.