ʼn Tienerseun is dood en sy vriend is ernstig beseer nadat hulle Woensdagmiddag deur ʼn bakkie omgery is in Johannesburg.
Alles deur die skrywer Nico
Renosterstropery styg steeds skerp
Die departement van omgewingsake sê meer as 380 renosters is reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak.
‘Vonnis nie lig’
Johan van der Walt (43), ʼn voormalige veiligheidswag, is Dinsdag tot drie jaar korrektiewe toesig gevonnis nadat hy ʼn 11-jarige seun doodgeskiet het.
Julius wil met soldate vergader
Die minister van verdediging het na bewering ʼn dringende vergadering belê nadat dit bekend gemaak is dat die geskorste ANC-jeugliga-leier Julius Malema vandag lede van die weermag sal toespreek.
Moordenaar kry ligter vonnis oor k-woord
ʼn Werker wat sy bejaarde werkgewer vermoor het, is gister ʼn ligter vonnis opgelê omdat die man hom glo nie betaal het nie en hom ʼn k****r genoem het.
Drie vas na moord op bejaarde egpaar
Drie mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op Johan Fourie (71) en sy vrou Cecile (72).
Lasarus-pil ruk glo man uit koma, help sieke soos Joost
Dit gons behoorlik oor die sogenaamde Lasarus-pil nadat daar berig is dat ʼn man na sewe jaar uit ʼn koma ontwaak het en dat die pil ook die gesondheidstoestand van ʼn man met motorneuronsiekte (MNS), dieselfde dodelike siekte waaraan Joost van der Westhuizen ly, wonderbaarlik verbeter het.
Bekende inwoner van Hartebeeshoek vermoor
Beresford Jobling (56), ʼn bekende inwoner van Hartebeeshoek buite Pretoria, se liggaam is Sondag in ʼn rivier gevind nadat hy vermoedelik Vrydagaand vermoor is.
‘Ek wil hemel toe gaan’ sê vrou aan aanvallers
ʼn Bejaarde vrou van Cullinan het aan haar aanvaller gesê haar laaste wens is om hemel toe te gaan terwyl sy in ʼn kas toegesluit was en haar huis aan die brand gesteek is, het die hooggeregshof in Pretoria Maandag gehoor.
Ma vas na sy met baba jaag
ʼn Vrou van Centurion is Maandagaand in hegtenis geneem nadat sy teen meer as 200 km/h gery het met haar baba in die motor.
‘As ek plekke met hom kon ruil, sou ek’
Johan van der Walt (42), ʼn voormalige veiligheidswag, het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria getuig dat indien hy kon, hy plekke sou ruil met ʼn 9-jarige seun wat hy vyf jaar gelede doodgeskiet het.
Konstabel brand glo los op kollegas na ongeluk
ʼn Vrystaatse polisiebeampte wat glo op sy mede-beamptes losgebrand het nadat hulle hom in hegtenis probeer neem het op ʼn ongelukstoneel, het Maandag in die Harrismith-landdroshof verskyn.
Zuma: ‘Dienslewering in SA is uitsonderlik’
President Jacob Zuma sê Suid-Afrika het in 18 jaar baie meer uitgerig in terme van dienslewering as enige ander land in Afrika.
Man gered van Lonmin-betogers
ʼn Man is Maandagmiddag van stakende werkers by Lonmin se Marikana-myn buite Rustenburg gered danksy flink optrede van die polisie.
Koningin Elizabeth se oudste hondekind sterf
Koningin Elizabeth se 13-jarige corgi Monty, wat sy lyf verlede maand nog tydens die openingseremonie van die Olimpiese Spele akteur gehou het, is dood.
Seun kom op ouers se lyke af
Ryno Greeff het op die lyke van sy vermoorde ouers in hul huis in Sandton afgekom nadat ʼn vriendin hom gevra het om te gaan kyk wat aangaan nadat hulle nie vir ʼn afspraak opgedaag het nie.
Advertensie: ‘Woolworths stel wit mense aan’
Woolworths het advertensies in verskeie Sondag-koerante geplaas waarin die groep sy indiensnemingsbeleid verdedig.
Paralimpiese atlete kry selfde bonusse as nie-gestremde atlete
Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het gister bevestig dat die land se Paralimpiese atlete dieselfde bonusse sal kry as die nie-gestremde atlete wat aan die Olimpiese Spele deelgeneem het.
Nóg nat en koue weer verwag
Swaar reënval en baie koue weer word vandag oor sekere dele van die land verwag.
Drie vas na moord op seun (8)
Drie mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 8-jarige seun en ʼn aanval op ʼn vrou in Kaapstad.