Mynwerkers is Dinsdag deur vermeende koperdiewe gyselaar gehou in ‘n Xstrata-steenkoolmyn in Witbank.
Lees meerAlles vir Woensdag 12 September 2012
Waarskuwing oor hoenderprodukte
Verbruikers is Woensdag gewaarsku oor verkeerde etikette op sommige gevriesde hoenderprodukte wat landswyd verkoop word.
Woolworths volstaan met kommentaar
Woolworths volstaan met hul kommentaar dat hulle nie rassisties is nie en dat hulle deur die Wet op Billike Indiensneming verplig word om ’n werksmag te hê wat op grond van ras, geslag en gestremdhede saamgestel is.
SuperSport-man sterk aan ná aanval by rugbywedstryd
Jacques van Schalkwyk (44), ‘n regisseur van SuperSport, wat oor die naweek glo by Vodacompark in Bloemfontein aangeval is, was tydens die aanval glo saam met ‘n ander man se vriendin.
Skoolhoof pleit skuldig
‘n Skikkingsooreenkoms is Woensdag in die dissiplinêre verhoor van Carol Drysdale, skoolhoof van Laerskool Rivonia, onderteken.
Vasgekeerde sekuriteitswagte by Witbank-myn gered
15 Sekuriteitswagte van die Xstrata-steenkoolmyn (XCSA) in Witbank wat deur vermeende koperdiewe in ‘n ondergrondse skag gyselaar gehou was, is gered.
Goeie nuus: Video: 5 000 ballonne bring hoop
Die Hatfield Christian Church het Sondag 5 000 omgewingsvriendelike ballonne die hemelruim ingestuur om hoop en vreugde te versprei.
Video: Eendjies se noue ontkoming
‘n Ma-eend en haar kleintjies het ‘n paar noue ontkomings gehad toe hulle onlangs ‘n 4-baansnelweg in Toronto, Kanada, oorgesteek het.
Vyf vas na moord op Krugersdorpse skoolmeisie
Vyf mans is in hegtenis geneem vir die moord op die 13-jarige Alyssa Botha van Hoërskool Monument in Krugersdorp.
7de Laan-aktrise in ongeluk
Een van die aktrises van 7de-laan was Woensdag in ʼn botsing op die N1-deurpad betrokke.
Nuuskommentaar: “Goeie dag SA, hoe gaan dit vandag?”
Die Instituut vir Rasseverhoudinge het Dinsdag gesê dat ‘n mite posgevat het dat dienslewering in Suid-Afrika ‘n mislukking is. Maar hoekom dan die gewelddadige proteste oor dienslewering?
Malema kry nóg klagte teen hom
Die vakbond Solidariteit het Woensdag nóg ’n strafregtelike klag van aanstigting tot openbare geweld en intimidasie teen die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema, aanhangig gemaak.
Wat is goeie protes?
Ingrid Scholtz bespreek die Woolworths-debakel.
Plaasmoorde: “ANC moet verantwoordelikheid aanvaar” sê AfriForum
“Die ANC se stilswye en aktiewe steun vir haatspraak op boere, Afrikaners en wittes oor die algemeen, dra direk daartoe by om omstandighede te skep waarin dié groepe as geregverdigde teikens gesien word.” – AfriForum
Metropolisiebeampte skiet motoris
ʼn Motoris is geskiet en gewond nadat hy glo Woensdag ʼn vuurwapen op ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte gerig het.
Vat jou goed en trek, Ferreira
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die bekende uitdrukking en Afrikaanse liedjie, “Vat jou goed en trek, Ferreira”
Nuuskommentaar: SA-universiteite vaar swak op QS-lys – Is Christelike universiteite regtig ‘n slegte idee?
Op die jongste QS-ranglys het net een SA universiteit, Kaapstad, onder die eerste 200 gekom. Wits, in die 363de plek, is die enigste ander universiteit onder die top 400, terwyl Tuks die lysie van 501 tot 550 haal.
Fiela se kind-akteur, Goliath Davids, sterf
ʼn Geliefde akteur en mentor in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf is gister oorlede.
Vliegtuig doen noodlanding in Pietermaritzburg
‘n Ligte vliegtuig moes Woensdagoggend ʼn noodlanding in Oldfield weg in Pietermaritzburg, Kwazulu-Natal, doen.
‘Vonnis nie lig’
Johan van der Walt (43), ʼn voormalige veiligheidswag, is Dinsdag tot drie jaar korrektiewe toesig gevonnis nadat hy ʼn 11-jarige seun doodgeskiet het.