Hulle kom kuier so een keer ʼn jaar in Suid-Afrika. Dan word haar 8-jarige seuntjie ʼn nuwe kind, vertel sy. Die stil Engelse seuntjie word ʼn Afrikaanse babbelbek. Hy hardloop kaalvoet buite rond, swem in yskoue buitelugswembaddens en vang paddas en sprinkane. En as hy terug is in Engeland, skryf hy skoolopstelle oor “bugs”, “sunshine” en “snails”. Sy huis is daar, maar sy tuiste is hier, skryf Susan Lombaard.
Alles deur die skrywer Susan Lombaard
Redakteursbrief: My driestap-oorlewingsplan vir die chaos in ons land
Ons moet onsself deesdae soms knyp om seker te maak ons is wakker wanneer ons na die nuus kyk. Dis regtig bisar, skryf Susan Lombaard in haar redakteursbrief.
Kopi luwak: Die duurste koffie wat jy kan drink
Jy het dalk al van kopi luwak gehoor, maar die kans dat jy dit al gedrink het (of ooit sal drink), is skraal. En dis waarskynlik nie net die prys – in die omgewing van R3 000 vir 1 kg bone – wat jou gaan afskrik nie.
Redakteursbrief: Nie alle jonges brand af nie
In ʼn week wat die #FeesMustFall-chaos en verwoesting op kampusse oor die land heen nuwe laagtepunte bereik, ontmoet ek ʼn handjievol jongmense wat my vrese vir die jeug stuk-stuk besweer, skryf Susan Lombaard in haar redakteursbrief.
Video: ‘I love it when you talk foreign’
Ons was almal dol oor die Wimpy-advertensie waar die jong man sy meisie beïndruk deur vreemde woordjies soos “macchiato ” en “caffè mocha” in haar oor te fluister. As jy dié koffieterme ken, kan jy dalk ook net ʼn aantreklike koffie-entoesias se aandag in ʼn geselskap trek.
Video: Maak só ʼn perfekte koppie koffie
Elke deel van die koffiemaak-proses het ʼn invloed op hoe jou koffie uiteindelik proe: jou koffiemaler, die grofheid waarteen jy die koffie maal, jou keuse van koffiebone, die broumetode wat jy kies en selfs die water uit die kraan.
Koffie: Dinge wat jy (dalk) nie geweet het nie
Koffie is die produk wat die tweede hoogste verbruik in die wêreld het (naas olie). Daar word wêreldwyd sowat 4 miljard koppies koffie per jaar gedrink.
Ons koffiepad: Van boeretroos tot macchiato
Koffie het inderdaad ʼn lang pad gekom sedert ons oupagrootjies tydens die oorlog in die veld patats en boomwortels uitgegrawe het om ʼn blikbeker boeretroos mee te brou.
Redakteursbrief: Die gewoongeit van mense
Want te midde van die doodgewoongeit van so ʼn kuier met mense wat ek skaars ken, word ek telkens geroer oor die harte wat in doodgewone mense skuil, skryf Susan Lombaard.
Redakteursbrief: ʼn Eg Suid-Afrikaanse, alledaagse sepie-dag
Ek het ʼn eg Suid-Afrikaanse week agter die blad. Al die elemente van ʼn goeie spanningsverhaal was daar: misdaad, internetbedrog, rassevooroordeel, lagwekkende swak diens, misverstande weens elektroniese kommunikasie en onprofessionaliteit, skryf Susan Lombaard.
Redakteursbrief: “Ek droom oor ʼn radiostasie vir my gemeenskap”
Altesaam 51 mense van Afrikaanse gemeenskapsradiostasies oral oor die noordelike deel van die land is gister en vandag by mekaar by Maroela Media se vyfde gemeenskapsradiostasieseminaar. Hierdie klink na ʼn doodgewone inleidende sin vir ʼn redakteursbrief, maar dit is glad nie – dis gelaai met betekenis, skryf Susan Lombaard.
Redakteursbrief: Vyf jaar later: Mylpale wat mens nie kan meet nie
Die waarheid is, vyf jaar en 1 miljoen lesers beteken niks as dit nie mense se lewe geraak het nie, skryf Susan Lombaard in haar redakteursbrief aan jou.
Redakteursbrief: Hier’s die Maroela-app waarvoor jy gewag het (en dis gratis)
Toe ons jongste, amper 7, anderdag ʼn gewone lessenaarrekenaar sien, sê hy: “Mamma, is dit ʼn outydse rekenaar?” As mens ʼn digitale mediahuis is in die tyd waarin ons lewe, is dit nogal ʼn uitdaging om nie “outyds” te word nie.
Redakteursbrief: Dankie aan jóú – een van Maroela se 1 miljoen lesers
Ons vier vandag by Maroela Media ʼn groot mylpaal: meer as 1 miljoen lesers het in Junie vanjaar Maroela Media gelees. Dis die eerste keer dat Maroela die 1 miljoen-kerf verbysteek. Lees Susan Lombaard se redakteursbrief.
Onafhanklike media sal nie stilbly nie
Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, se aankondiging vroeër vandeesmaand dat die SAUK nie meer beelde of klank gaan uitsaai van stakers wat openbare eiendom beskadig of aan die brand steek nie, het gister tande gekry, skryf Susan Lombaard.
‘Só het my verhouding met my pa my lewe geraak’ – pa’s vertel
“My pa het my dikwels gekielie tot ek dit nie meer kon uithou nie.” Só vertel ʼn jong man, nou self ʼn pa, toe ek hom die afgelope week vra wat sy mooiste herinnering aan sy pa is.
Redakteursbrief: Lesse van my onkonvensionele pa
“Ek het ‘n onkonvensionele pa,” skryf Susan Lombaard in haar redakteursbrief. Lees gerus dié huldeblyk aan haar pa en vertel ons sommer hier in die kommentaar meer oor jou eie pa.
Redakteursbrief: Reeva-foto’s – Só het Maroela besluit
Maroela Media gaan nie die foto’s van Reeva Steenkamp se moordtoneel wat aan die publiek en media beskikbaar gestel is, plaas nie.
Redakteursbrief: Ons Afrikaans is rooibostee en roulynolie… hoe lyk jou Afrikaans?
Hoe lyk jóú Afrikaans? wil ʼn splinternuwe veldtog vir die bevordering van Afrikaans as handelsmerk, Afrikaans.com, by ons, die gebruikers van Afrikaans, weet. Ek krap kop, al ʼn week lank. Ons weet hoe klink Afrikaans. Maar hoe lyk Afrikaans? Só skryf Susan Lombaard in haar redakteursbrief.
Redakteursbrief: Facebook – soms ʼn monster, dikwels ʼn engel
Sosiale media het ʼn ryk en skynbaar onuitputlike bron geword van stories wat andersins by ons én ons lesers sou verbygegaan het, skryf Susan Lombaard.