“My hart is seer, maar ek is nie kwaad nie, want ek weet God se hart is net so seer vir my as wat my hart seer is oor Grieta.”
Alles deur die skrywer Susan Lombaard
Redakteursbrief: Ken jy ook ’n hedendaagse Spreuke 31-vrou?
“As jy ʼn hedendaagse Spreuke 31-vrou ken, soos ek, deel hierdie met haar. Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen; laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.”
Udolpho soos ʼn kuier by familie op die plaas
Jy haal diep asem. Dit ruik na plaas. En wanneer Trudie en Jane wat die fort in die kantoor hou, jou letterlik met ope arms verwelkom, voel jy behoorlik asof jy by familie op die plaas aangekom het…
Redakteursbrief: #BLM: Voor wat kniel jy?
Om die knie te buig voor iets of iemand hou nie noodwendig dieselfde betekenis in vir dié wat die #BLM-beweging steun as wat dit vir my inhou nie.
Redakteursbrief: Dis ons beurt om kaalvoet oor die Drakensberge te trek
“Daar is nie opstand of veglustigheid in haar houding nie, net vasberadenheid en ʼn stil krag wat ʼn knop in jou keel los. ‘Ek wens ek kon haar ken’, het ek gedink terwyl ek langs haar staan en my man vir my ʼn foto neem …”
Redakteursbrief: Ons mág maar kwaad wees
Vandag is ek kwaad. So kwaad dat die trane loop, skryf Susan Lombaard.
37 keer meer kinders kan van wanvoeding sterf as van Covid-19, meen verslag
Daar is ʼn beduidende verskil in die infeksiefataliteitskoers van Covid-19 vir mense jonger as 50 jaar vergeleke met mense 50 jaar en ouer, en daarom moet verskillende strategieë vir verskillende ouderdomsgroepe ontwikkel word, luidens die verslag.
Redakteursbrief: ’n Brief uit my gr. 5-kind se nuwe juffrou se stoel
Dalk is jy ook, soos ek, een van die werkende ma’s wat steeds van die huis af moet werk, maar skielik moet verstaan wat in jou kind se skoolkurrikulum aangaan (mag ons nooit weer Nasionale Juffrou-dag laat verbygaan sonder groot bosse blomme en baie sjokolade nie).
Meer angs oor inkomste-verlies as Covid-19 self, toon studie
“Dit tref mense dalk nou eers wat moontlik vorentoe kan gebeur.”
Redakteursbrief: Die storie van ʼn dooprokkie, ʼn oorlogfoto en twee geborduurde sakdoekies
“Ek kyk terug na die mense wat deel van my geskiedenis is; na die tragedies, oorloë, depressies, siektes en rampe wat hulle oorleef het, en hoe hulle aan die ander kant uitgekom het – beter mense, omdat hulle geweet het waar hulle krag vandaan kom.”
Redakteursbrief: Maak Maroela jou ligtoring in die Covid-19-storm
“Daarom wil ek jou in hierdie moeilike tyd verseker dat die span van Maroela Media alles in ons vermoë doen om seker te maak dat ons jou ingelig hou. Hoewel ons werksomstandighede verander het, het ons doelpale nie verander nie.”
Covid-19: Drie afsonderingscenario’s en die resultate daarvan
Die mate waartoe mense aan vereistes vir afsondering voldoen, kan ʼn reusagtige impak hê op die verspreiding van die koronavirus in SA.
Covid-19: Londenaars snel gestrande SA’ners te hulp
Nie die lugredery of die Suid-Afrikaanse ambassade was die reisigers tot dusver van enige hulp nie.
Covid-19: Gedeeltelike afsondering in Namibië werk só
Die regering beloof die vloei van goedere en dienste na Namibië vanaf Suid-Afrika en ander buurlande sal nié onderbreek word nie.
Vyf noodsaaklikhede om voor Vrydag te doen
Terwyl ons besig is met ons eie dringende lysies, moet ons nie vergeet van die mense en instansies om ons wat in ʼn tydperk van isolasie baie meer uitgelewer gaan wees nie.
Redakteursbrief: Korona: Kom ons klim dié kloktoring saam uit
Dis dalk ʼn bietjie filosofies om die vreemde en skrikwekkende tyd waarin die wêreld tans is, te vergelyk met opklim in ʼn donker kloktoring, en te dink as ons anderkant uitkom, gaan die uitsig prentjiemooi en wonderskoon wees. Waarvan ek wél seker is, is dat ons wêreld anders gaan lyk, en dat ons anders na ons wêreld gaan kyk.
Redakteursbrief: Die oom in die koffiewinkel
By ʼn tafel skuins oorkant my kom sit ʼn ou oom. Hy lyk soos my oupa gelyk het …
Redakteursbrief: Fontein-se-watse nonsens?
Maroela-fontein is ʼn lekker plek – dis wa’ jy hoort, sê ons.
Redakteursbrief: Om die liefde te vier in ʼn land wat brand
Juis daarom moet ons soms op ʼn klip gaan sit en ons voete in die koue water laat rus saam met iemand vir wie ons lief is …
Pianis se R3 miljoen-klavier flenters ná klavierskuiwers dit laat val
Die ongeluk het op 31 Januarie gebeur nadat Hewitt ʼn opname van Beethoven se klaviervariasies by ʼn opname-ateljee in Berlyn afgehandel het, en die klavier teruggeskuif moes word na haar woning in Italië.