Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega het Saterdag gesê Radovan Krejcir se inhegtenisneming is ‘n reuse deurbraak vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens ná ‘n langdurige ondersoek deur verskeie eenhede van die polisie.

“Daar is baie ondersoeke wat plaasvind, selfs op die aanklagte waarvoor die verdagtes in hegtenis geneem is, en ons hoop om nog verdagtes in hegtenis te neem soos wat die ondersoek vorder,” het Phiyega tydens ‘n perskonferensie aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Ons het lank hieraan gewerk. Ek bedank die polisie se multidissiplinêre spanne.”

Phiyega sê Krejcir en ‘n vennoot sal Maandag in die landdroshof in Alberton verskyn.

Die polisiehoof het herhaaldelik gesê dat die staat aansoek om borgtog sal teenstaan. “Ons sal Maandag in die hof wees en, indien daar ‘n aansoek is om borgtog, sal ons dit teenstaan,” het sy gesê. “Ons sal ook die betrokkenheid van ons eie lede ondersoek.”

Krejcir se vennoot, wat Vrydag saam met hom in hegtenis geneem is, se naam sal eers in die hof bekend gemaak word. “Ek wil nie in die publiek die vennoot se naam bekend maak nie. Die naam van die vennoot sal Maandag in die hof bekend gemaak word.”

Krejcir is in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord en ontvoering.

Phiyega het Saterdag gesê ‘n aanvanklike aanklag van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig is in die Oos-Rand aangemeld. Weens die erns van die aanval sal die aanklag na poging tot moord verander word.

Phiyega het nie die besonderhede van die klaer bekend gemaak nie. Sy het net gesê “dit is ‘n Suid-Afrikaanse man van die Oos-Rand”. Sy het gesê die aanranding het in Junie plaasgevind.

Lees ook:
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.