Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking, “Oor koeitjies en kalfies praat”
WAT Woord van die week: sieal
Die WAT Woord van die week is die ongewone “sieal”
Boek: Toe Elvis ophou sing
Toe Elvis ophou sing is ʼn boek wat ʼn binnekyk gee in die lewe van alkoholisme gesien deur die familielede van die alkoholis. Meer spesifiek die kind van ʼn alkoholis. Die boek beeld die progressiewe stadia van alkoholisme uit. Waar die alkoholis net as ʼn sosiale drinker begin en opeindig as ʼn aggressiewe dronkaard.
Boek: Imperiale somer: Suid-Afrika tussen Oorlog en Unie, 1902 – 1910
Die boek gee ’n voëlvlugoorsig van die vier Suid-Afrikaanse kolonies gedurende die Eduardiaanse tydperk van 1902–1910. Dié tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die hele Imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog sou eindig.
Boek: Lekkerlag stories
In hierdie boek word ware onware stories vertel van lekkerlag insidente wat die skrywer self beleef het of van gehoor het. Hierdie stories kan na hartelus om die braaivleisvuur, potjiekos, kaggelvuur, viswaters of om die kampvuur oorvertel en na smaak aangedik word.
Boek: Immer Wes
Irma Joubert “Irma Joubert se nuutste boek, die eerste van ’n oorlogtrilogie, is nog nie eens in Suid-Afrika op die rakke nie maar die vertalings…
Afrikaanse taalhulpbronne nou vir almal beskikbaar
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) stel Vrydag sy volle webwerf (viva-afrikaans.org) met nuwe produkte en dienste vir alle gebruikers van Afrikaans oop.
Gedig: Die seemeeu
“Wat sing die see? Wat kla die wind? Wat roep die meeu? Wat snik die hart aaneen alleen?” Uys Krige se gedig, “Die seemeeu”
Boek: Die takkie wat nie wou knak nie
Mika, die mier, het ‘n probleem. Hy roep die hulp van ander dierevriende in, maar daar is ‘n waardevolle les wat hy moet leer…
Boek: Die verdwyning van Billy Katz
Speurder Ella Neser stel ondersoek in nadat vier gemummifiseerde linkervoete in ’n Checkers-sak in ’n openbare tuin gevind word. Lou Pepler, eks-polisieman, nou sekuriteitskonsultant, glo dit hou verband met ’n saak wat hy twintig jaar gelede ondersoek het – die verdwyning van Billy Katz, rykmanseun en rokjagter.
Boek: Portrette in my gang
Dolf van Niekerk In Dolf van Niekerk se sesde digbundel kyk hy terug op mense, dinge en gebeurtenisse wat ’n betekenisvolle rol in sy lewe…
Uitdrukking: In die verknorsing wees
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking, “in die verknorsing wees”
Boek: Asterix en Obelix – Die verlore papirusrol (Le papyrus de césar)
Die verlore papirusrol (Le papyrus de césar), die 36ste boek oor die avonture van Asterix die Galliër, verskyn 22 Oktober 2015 by boekhandelaars regoor die wêreld.
Luister: Borskanker kry Madelein Rust nie onder nie
Die skrywer Madelein Rust het verlede jaar haar boek Monstersaad aan kankerstryders opgedra, min wetend dat sy vanjaar self ʼn paadjie met borskanker sou begin stap.
WAT Woord van die week: rondomlelik
Die WAT Woord van die week is “rondomlelik”
[Foto’s] Land se beste spellers in Afrikaans wen speel-speel
Die beste Afrikaans spellers in die land woon in die Wes- en Noord-Kaap!
Boek: Struisvoël
Op die plaas Vrede, langs die Gamkarivier in die Klein-Karoo, spoel drie kinders op 16 Desember 1880 soos opdrifsels uit twee verbondsriviere saam: Bloedrivier en die Gxhara. In die Blanckenbergs se plaaskombuis ontstaan op hierdie dag ’n verbintenis tussen Klein Sarel, Victoria en Marja, ’n voorbeskikte lot wat ’n leeftyd sou duur. Drie struisvoëls wat in vloedwater voortdryf, langnekmaste sonder seil …
Boek: Voor-bode
Die titel van Cas Vos se nuutste bundel dui nie op ’n onheilsboodskap nie, maar eerder op die draer of draers van boodskappe van hoop. Dié tema word reeds in die openingsgedig in die vooruitsig gestel, waar die môrester die opdrag kry om deur die donker te kyk na waar “duister soos ’n vlermuis / vlug voor die nag hom verlaat.”
Joernalis deel agter-die-skerms inligting van SA se gruwelikste misdade
Die ervare ondersoekende joernalis en skrywer, De Wet Potgieter, het Woensdagaand sy splinternuwe boek, Grusaam, in Pretoria bekend gestel.
Internasionale Woordeboekdag
Internasionale Woordeboekdag word Vrydag wêreldwyd gevier.