“Die Koue Oorlog, wat die wêreld verskeie kere op die randjie van ’n allesverwoestende kernoorlog laat steier het, was verby. Die toekoms het vir die mensdom geglimlag. Maar daardie glimlag is verby…” skryf Leopold Scholtz.
Nuuskommentaar: ’n Geseënde Christusfees
Wat word van ons as Christene met die viering van Kersfees verwag? Beslis geen sekulêre “hêppie, hêppie” met die bottel vuurwater in die hand nie. Dit is ’n belangrike stimulus van ’n boodskap van liefde wat oor millennia strek.
Nuuskommentaar: Deurmekaarspul oor ras moet koers kry
Wanneer mag na iemand se ras verwys word, en wanneer is jy kniediep in die soufflé as jy wel ras vir identifikasie inspan? ’n Gekonsolideerde “reëlboek” wat konsekwent en ewehandig is, moet nou dringend geskep word om die een rassevoorval ná die ander te voorkom.
Desember 2016 – Januarie 2017: Tyd om te besin
“As ek my kop vanaand op die kussing sit en ek kan nie dink aan iemand vir wie ek ʼn verskil gemaak het nie, het ek ʼn kosbare dag gemors.”
Nuuskommentaar: “Happy holidays” versus “Geseënde Kersfees”
In Suid-Afrika begin “Happy Holidays” nou in al hoe meer sfere nesskop en word die eintlike Kersboodskap rondom Jesus se geboorte al hoe meer eenkant geskuif.
‘Demokrasie staan tussen ons en ANC-diktatuur’
Dis duidelik dat as Zuma en die ANC hul sin kry, Suid-Afrika ’n tipiese illiberale demokrasie sal word.
Hou tog net jou kant skoon
Dís nie altyd maklik nie, maar wat is die alternatief? Om self boos en onregverdig, hard en wreed te word? ‘n Mens word wat jy haat.
Ritmes vir 2017
Ek het te veel keer hierdie jaar vir myself gesê: “Laat ek net hierdie week verby kry, dan….”
Nuuskommentaar: Vavi: Zuma ʼn Marikana-struikrower
Soos ʼn baie groot bom met ʼn lont wat vreeslik stadig brand, ontvou ʼn verhaal van hoe pres. Jacob Zuma glo die land se geheime dienste ingespan het om ʼn teenvoeter vir AMCU te skep om die vakbond te destabiliseer.
Nuuskommentaar: Die markiestent en die tokkelossie
Gaan die voorval, waarin die markiestent tydens pres. Jacob Zuma se Versoeningsdagtoespraak weggewaai het, sy aansien by tradisionaliste, wat meen die voorvaders is kwaad vir hom en dus sy politieke oorlewingsvermoë knou?
Oom Herrie se kerrie: Laat die duisendpote byt!
Oom Herrie se huis is vol boeke – met baie ensiklopedieë. Party oud, party in Engels en pak die skuld vir die Anglo-Boereoorlog op die Boere.
Afrika-politiek: tekens van hoop, of net weer dieselfde?
Om in Afrika optimisties te wees, is moeilik, want dit lyk asof Afrika-pessimisme gelyk is aan realisme, skryf Sebastiaan Biehl.
Geloftedag
Ons moet egter onthou dat vandag se jeug nie vanself opgewonde gaan raak oor iets wat amper 180 jaar gelede gebeur het nie maar dat hulle van kleins af moet leer waarom 16 Desember so ʼn spesiale dag is.
Nuuskommentaar: Versoeningsdag en Geloftedag
Terwyl die gees van Versoeningsdag nou aan die kwyn is, is dit bykans onmoontlik om voor te bly met die aantal Geloftefeeste wat beplan word.
Geloftedag: Om anders te sien
Wanneer ons vanuit God se perspektief na ons reuse kyk, sal ons vind dat groot reuse klein word, dat sterk stede swak word, dat God vir ons en ons kinders met die oorvloed van hierdie land sal sorg. Dit het Hy beloof. Sy woord is genoeg.
2017 is wat óns daarvan maak
Daar is geleenthede en terugslae in elke jaar en die kuns is om die beste van jou geleenthede te maak terwyl jy gou van jou terugslae herstel, skryf Eugene Brink.
ʼn Grondwet-verskuiwing?
Teen dié agtergrond is dit des te meer verstommend dat die president mense na die hoofstuk nege-instellings verwys as hy self nie eens uitsprake deur die konstitusionele hof – die opperbeskermer van die Grondwet – eerbiedig nie.
Nuuskommentaar: Fees van kluitjies bak en rassistiese doodsdreigemente
Iemand lieg dat die nete klap – dit is immers onmoontlik dat die weersprekende getuienis van getuies voor die parlementêre ad hoc-komitee oor die SAUK alles die waarheid kan wees. Dié meinedige gedrag word egter oorskadu deur rassistiese doodsdreigemente wat sommige getuies nou weer ontvang het.
‘Survivor-wittebrood’ – deel 1
As ek nou terugdink, kan ek nie my nuwe manlief al die skuld gee nie. Maar kom ons begin by die begin, skryf Marianne Styan.
Is Geloftedag nog relevant?
Wat maak die Gelofte en die gebeure rondom die Slag van Bloedrivier vir ons relevant vandag? Christoff van Wyk stel ondersoek in.