Die uitjouery van pres. Jacob Zuma in Bloemfontein en die gelyktydige soortgelyke teenspoed wat twee van sy vernaamste handpoppe, Jesse Duarte en Baleka Mbete, op Werkersdag op die lyf geloop het, laat dit lyk of rollende massa-aksie teen Zuma momentum kry.
Oom Herrie se kerrie: Wat is die lekkerste eetding ter wêreld?
As ’n mens dan by ’n plattelandse tuisnywerheid ’n flessie makataankonfyt kon raakloop… dis lekkerder as lekker, skryf Herman Toerien.
‘Aanvaar ons net, wees geduldig,’ vra outisme-gemeenskap
Tog, al wat ons in die outisme-gemeenskap aan die publiek vra, is: Aanvaar ons en wees geduldig met ons. Ons kan ʼn baie positiewe bydrae lewer.
23 April, die dag ná It’s Time
Daar mag moontlik vandag mense wees wat dink: “Sien, alles was toe verniet. Klomp mense het nou gaan bid en die son het opgekom, die Rand is nie sterker nie, niemand is weggeraap nie, die president het nie verander nie en geweld het nie opgehou nie.”
Oom Herrie se kerrie: ’n Kind en sy hond
Dit word duidelik wat van hulle geword het toe Piesang begin katte skiet en dit pure sjokolade en tinfoelie is skryf Herman Toerien.
Tel jou woorde: Waar kry jy daardie woord?
Ek vind dikwels dat mense onrustig, ongedurig en somtyds sommer onverdraagsaam raak as hulle vermoed dat ons ʼn woord in Afrikaans gebruik wat ons uit ʼn ander taal gaan leen het.
Ons elkeen het ’n storie
As ek op 18 my loopbaan uit die hemel moes bestel, sou ek dit nie so goed kon uitwerk soos God nie!
Chris Chameleon: Die stortkop-protesoptog
“…op hierdie wonderbaarlike dag was hierdie faktore skynbaar ontoereikend om die opmars van menige wit Suid-Afrikaner te stuit. Ek moet bieg, ek was trots, verlig, verheug,” skryf Chris Chameleon.
Tel jou woorde: Oor -krasieë en kloake
En daar tref ek die -krasieë. Dis nou die stelsels. Regeringstelsels. Magstelsels. Stelsels van staatsbeheer, oor die bevolking, die land, die staat en die staatskoffers. Die “-krasie” is immers ʼn erfstuk uit Grieks, waar “kratos” beteken het “mag” of “heerskappy”…
Oom Herrie se kerrie: Hier steek ’n lelike ding sy kop uit
Daar is ’n gedempte gelag, maar die donkielongman hoor dit, en meen dis omdat hulle nie met sy vertoning beïndruk is nie, skryf Herman Toerien.
Tye van niks ʼn belangrike iets
Ek sê “slat ʼn blank”! Jou kop en jou hart het ʼn lugleegte nodig – God het spasie vir inspraak in jou lewe nodig, skryf Lindie Strydom.
Oom Herrie se kerrie: Boeremusiek op steroïde
Pa Jan was ’n man vir klassieke musiek, en die Beatles het hom glad nie aangestaan nie. Nog minder die Rolling Stones, skryf Herman Toerien.
Die sport van gewigoptel
“…waar ons heeltyd op die uitkyk is vir ander mense wat dalk swaar dra en vir geleenthede waar ons deur klein dingetjies iemand se las net so effens kan verlig?”
“Wag geduldig: God antwoord altyd”
Vir dekades het ek gewroeg met onbeantwoorde vrae – die hoekoms en waaroms het nie opgehou nie. Maar die Here het my beveel om op te hou met soek en geduldig te wag omdat Hy áltyd antwoord. 44 jaar was ʼn baie lang tyd, maar dit was God se tyd. En nou is dit mý beurt om die hoop te deel.
[Rubriek] Boksiemense
Wat ek geleer het, is dat ons moet begin uitklim uit ons boksies waarin ons mekaar sit, waarin ons ons kinders sit en ook waarin ons onsself sit.
Onder die Maroelaboom: Die dodelikste wapen
En tog smokkel ek telkens die grootste, gevaarlikste wapen met my deur die doeane, skryf Chris Chameleon.
Oom Herrie se kerrie: Nala die weerwolf
Die selfoon was nie baie ingenome daarmee om middernagtelik so natgepiepie te word nie, skryf Herman Toerien.
Oom Herrie se kerrie: Om gepottebak te word
Oom Herrie is so dankbaar die Here het mev. Herrie ’n regte engel gepottebakker.
Oom Herrie se kerrie: Genoeg vrywilligers om ’n vroueslaner reg te sien
“Jis, sorrie, my tjom, ek is self brouk, ek sê. Maar wat van die pônsjop en daai baaik waarin jy die gate in die eksôs gemaak het?”
Badplaas se balleramme
Die aantrekkery was so iets tussen ʼn fiasko en ʼn fantasie. Sonder ʼn enkele vrou se hulp het ons in ons toetoes en skoentjies ingeseil en ingeklim.