Die sanger en liedjieskrywer David Kramer is nie net bekend vir sy hartroerende musiek nie, maar ook vir die rooi vellies wat hy gereeld dra….
[Video] Eerste sonkragvlug om die wêreld voltooi
Die Solar Impulse 2, ʼn sonkragaangedrewe vliegtuig, het Dinsdagoggend die eerste reis om die wêreld, waarin slegs sonkragenergie gebruik is, voltooi
ToekomsVenster: Die woestyn
Israel moes die woestyn binne trek met niks minder en meer as God se belofte nie. Toe daar nie water was nie, het Hy dit uit ʼn rots gegee, meer as een keer. Toe die kos opraak, het hy manna en kwartels laat reën, meer as wat hulle kon opeet. Toe die struktuur uit mekaar val, het hy die tien gebooie gegee as riglyn vir die lewe.
Gedagte vir die dag: Die omkeer
Deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. (Klaagliedere 3:22–23)
Prins Harry wens hy het vroeër oor sy ma gepraat
Engeland se prins Harry het gesê hy wens hy het vroeër oor die afsterwe van sy ma, prinses Diana, gepraat.
Orgaanskenkertjie red vreemdeling se lewe
Ons besef dat daar ʼn gesin is wat hul kind Maandag verloor het. Ons wil net ons simpatie aan hulle betoon vir hul verlies en ook ons ongelooflike dankbaarheid vir die groot geskenk wat Michelle ontvang het. Baie, baie, baie dankie vir die groot geskenk.
[Video] Tweejarige: ‘My boetie is ʼn alien’
Lapa Uitgewers het Vrydagoggend ʼn skattige video op Facebook gedeel van die tweejarige Elmea Smit wat die dierbare maar ellelange rympie, “My boetie is ʼn alien”, uit Jaco Jacobs se boek, Wurms met tamatiesous en ander lawwe rympies, opsê.
ToekomsVenster: “Die arm van die Here is nie te kort nie”
Wat mense nodig het, kom van God. Dis brood en wyn, water en melk, die heuning van die beloofde land, wat nooit sal teleurstel nie. Maar die onverskillige wêreld, aangevuur deur die magte van die duisternis, staan gereed om na hartelus uit te deel met die waansinnige belofte dat mense se honger en dors gestil sal word as hulle eet wat aangebied word.
Luister: Sy het gedink die Here stuur vir haar ‘n ridder
Anthony was tydens hulle ontmoeting baie welvarend. Elsje het pas haar ouers verloor. Sy het gedink die Here stuur vir haar ‘n ridder. Toe verloor hulle alles en Anthony begin sy troos in drank soek.
Gedagte vir die dag: Berge kan padgee
Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie, my vredeverbond met jou sal nooit wankel nie, sê die Here wat jou liefhet. (Jesaja 54:10)
R26 miljoen vir nuwe Kaapstad-brandweerstasies
Die Stad Kaapstad het R26 miljoen bewillig om twee nuwe brandweerstasies in onderskeidelik Masiphumelele en Somerset-Wes te bou.
Gedagte vir die dag: God het sy eie tyd
Wanneer die tyd daarvoor kom, doen Ek dit. Ek is die Here. (Jesaja 60:22)
[Foto’s] Prins George word 3 jaar oud
Die Kensington-paleis het Vrydag foto’s van prins George op sosiale media gedeel om die koninklike kleuter se derde verjaarsdag te vier.
Gedagte vir die dag: God bepaal ons pad
Die Here bepaal ’n mens se koers; hoe sal ’n mens weet waarheen hy moet gaan? (Spreuke 20:24)
[Foto’s] Internet op hol ná Melania Trump-toespraak
Dit is al byna vyf dae sedert Melania Trump Maandagaand gedeeltes van haar toespraak woordeliks uit ʼn toespraak van die huidige Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama, gehaal het, maar gebruikers op sosiale media het nog lank nie die stof laat lê oor dié debakel nie.
ToekomsVenster: Liefde is ʼn wonderlike ding
Die Bybel is ʼn liefdesverhaal. Dis ʼn roman. Dit vertel van God se groot liefde vir mense wat dit nooit kan verdien nie. Dit vertel van God se selfopofferende liefde. “So lief het God die mens gehad, dat Hy Homself gegee het. Sy enigste en mees kosbare besitting, sy lieflingseun gegee het sodat ander mense ook liefde kan ontvang”.
Gedagte vir die dag: Alles ten goede
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. (Romeine 8:28)
Akademia stel bekend: BCom in Ekonomie en Regte
Akademia het gisteraand sy nuwe Bcom-graad in ekonomie en regte, ontwikkel in samewerking met en onderskryf deur die Vereniging van Regslui vir Afrikaans, by ʼn dinee in Pretoria bekendgestel.
Jou gesig spreek boekdele
ʼn Mens se gesig spreek boekdele oor jou persoonlikheid. Met die regte vaardighede is dit moontlik om baie inligting van ʼn persoon te gesig te bekom, deur bloot na hom te kyk.
Moet-lees: Juffrou se hartroerende brief aan outistiese seun
“ʼn Baie belangrike stukkie inligting wat ek wil hê jy moet verstaan, is dat die toetse slegs ʼn klein deel van jou en jou vaardighede toets.”