“Ek het grootgeword met botterkoek – my ma het ons nog die suiker en botter met ʼn houtlepel laat roer tot dit romerig was. Jou arms was later lam, maar daar mag nie ʼn korreltjie suiker te bespeur wees as sy dit tussen haar vingers gerol het nie.”
[Resep] Wasgoedbondeltjies
Nie almal hou van wasgoed was nie, maar dié wasgoedbondeltjie klink soos min moeite!
[Resep] Sjokolade-wortelkoek
Reinette Lotter van Stellenbosch het al verskeie pryse met hierdie resep gewen, onder meer ’n motor in Huisgenoot se Groot Bakwedstryd in 1982.
[Resep] Hoenderpastei vir baie
Ek onthou die hoenderpastei van my kleintyd wat my tannie Martie so lekker kon maak, met haar eie tuisgemaakte skilferkorsdeeg.
[Resep] Mediterreense knoffelbrood
Met ’n paar ekstra bestanddele kan ’n knoffelbrood in iets dekadents en propvol geur verander word. As jy tyd wil spaar, koop ’n klaarbereide knoffelbrood van goeie gehalte.
[Resep] Suurlemoenmeringue-roomyskoek
Die welbekende suurlemoenmeringue-tert word net effe aangepas om dit as ’n roomyskoek voor te sit. Neutwafelbeskuitjies is heerlik hierby.
[Resep] Tant Katie se kaastert
Vir afwisseling kan ʼn mens 250 g gaar, gegeurde maalvleis of 125 ml gesnipperde ham, polonie of Weense worsies by die vulsel voeg, sê mev. H. J. Truter van Mbombela (Nelspruit).
[Resep] Rondomtalies
Die rondomtalies met skilferkorsdeeg is baie eenvoudig om te maak. Jy kan hulle maak vir ’n buffet-ete, voorgereg of bykos, piekniek, kosblik of om laataand voor die TV te geniet.
[Resep] Nataniël se aartappelpastei
Hierdie heerlike aartappelpastei uit Nataniël se kombuis is ʼn eenvoudige en maklike gereg wat jy met min bestanddele vir die gesin kan voorsit.
[Resep] Vrieskaskoekies: Een deeg met ses variasies
Hier is nou vir jou is ’n absolute staatmaker om in die vrieskas gereed te hê. Die deegmengsel word in ’n rol gerol en dan in die vrieskas gedruk. Soos jy Ius kry vir koekies bak, sny jy skyfies van die rol af en bak die lekkerste koekies.
[Resep] Mascarponebruintjies met sjokolade, amandels en ganache
Tydens vakansietye is die gesin altyd lus om iets soet te smul. Die bruintjies is ’n maklike en vinnige manier om die hele gesin gelukkig te hou.
[Resep] Spoggerige pavlova
Die grootste geheim is om die suiker net bietjie vir bietjie by te voeg sodat dit fluweelglad in die meringue ingeklits word, anders gaan die meringue “nat trek en trane huil”, soos my ma altyd gesê het.
Resep: Gebakte sjokoladekaaskoek
(Uit: Beste uit Vrouekeur 1, Marlo Carstens)
Resep: Muffins met grondboontjiebotter en piesang
Kyk na die video van TipHero vir die metode.
Resep: Semel-karringmelkbeskuit
Dié resep is een van die gewildste beskuitresepte in die land.
Resep: Dadelblokkies
(Uit: Smul sonder sukkel, Olga Wall)
Resep: Bessie-en-suurroom-koek
Bevrore bessies werk net so goed as jy nie vars bessies in die hande kan kry nie. Bessies word net so gevries gebruik
Resep: Kaasbrood met basiliekruid en songedroogde tamaties
Lewer 1 brood
Resep: Patatkoek
Mev. Bessie Harmse van Brakpan het hierdie resep baie jare gelede oor die radio gehoor.
Sy sê: “Dis altyd ’n sukses en ek bak dit heel dikwels. Mense se mond hang letterlik oop as ek hulle ’n snytjie patatkoek aanbied en hulle vra altyd ongelowig: ‘Patatkoek?’”
Resep: Kaneelrolletjies met roomkaasversiersel
Hierdie resep lewer ongeveer 10 kaneelrolletjies met roomkaasversiersel.