Die staat voer aan Van Breda het sy ouers en broer vermoor, sy suster ernstig beseer en sy geringe wonde self toegedien om dit te laat lyk asof hy ook aangeval is.
Talle dood ná skietery by skool
“Dis ʼn aaklige dag vir ons. Dis ʼn katastrofe. Daar is regtig geen woorde nie.”
Ramaphosa neem waar as staatshoof
Ramaphosa het laat Woensdagaand waarnemende president geword ná Jacob Zuma tydens ʼn regstreekse uitsending van die Uniegebou af bedank het.
Gedenkdiens vir metropolisieman wat aan diens sterf
“ʼn Beloning van R100 000 word uitgeloof vir enige inligting wat tot die suksesvolle inhegtenisneming en vervolging van die verdagtes wat in die skietery betrokke was, kan lei.”
Nuuskommentaar: Nege lewens van neet wat kleef opgebruik
Maar, waarsku verskeie ontleders, Ramaphosa is ook nie die ridder op die wit perd nie. En dit gee opposisiepartye moed om kort voor lank met die ANC klaar te speel.
Die wêreld in foto’s – 14 Februarie 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
‘Ons sal toesien dat Zuma vervolg word’
“Dié aankondiging moet geensins beteken dat Zuma vervolging kan ontduik nie.”
Nét die DA kan ʼn ‘nuwe begin’ vir SA verseker – Maimane
“Zuma het toegelaat dat korrupsie floreer tot die punt wat dit ons land amper heeltemal vernietig het. Dít sal vir ewig sy skandelike nalatenskap wees.”
ANC reageer ná Zuma bedank; vra steun vir Ramaphosa
Volgens die ANC bied dié besluit van die party en Zuma se bedanking sekerheid in ʼn “tyd wat talle ekonomiese en maatskaplike uitdagings die land in die gesig staar” en daar “dringende en besliste reaksie nodig is”.
Jacob Zuma vir al die verkeerde redes onthou
Pres. Jacob Zuma sal sekerlik in die geskiedenisboeke opgeteken word as een van die swakste en mees omstrede leiers wat die suidelike deel van die vasteland tot dusver opgelewer het.
Jacob Zuma: ʼn Gevalle president
Hoe het Zuma gekom tot die punt waar hy verwyder sou word en toe bedank het – hier is ʼn tydlyn van ʼn paar sleutelsake.
Pres. Jacob Zuma bedank
“Ek vrees nie enige mosie van wantroue of ʼn staat van beskuldiging nie, omdat dit die wettige meganismes is om die president te verwyder. Ek het die mense van Suid-Afrika na die beste van my vermoë gedien.”
Zimbabwe se Morgan Tsvangirai oorlede
Morgan Tsvangirai, leier van die MDC-T, die opposisieparty in Zimbabwe, is Woensdag oorlede.
DA se nasionale woordvoerder bedank onverwags
Phumzile van Damme, nasionale woordvoerder van die Demokratiese Alliansie, het Woensdag onverwags haar bedanking aangekondig.
Rekordhoogtes vir rand ná Zuma sperdatum kry om te bedank
Die Suid-Afrikaanse rand het laat Woensdag tot 11.74 teen die Amerikaanse dollar verstewig – die sterkste sedert 2015, in die lig van ʼn sperdatum vir pres. Jacob Zuma om te bedank.
Zuma praat nonsens, sê Malema
Julius Malema, leier van die EFF, het Woensdag pres. Jacob Zuma se bewerings verwerp, dat hy nie die versoek om voormalige pres. Thabo Mbeki in 2008 te herroep, ondersteun het nie.
Van Breda-bylmoorde: Regter besorg oor ‘waansin van die aanval’
Die aard van die aanvalle op die Van Breda-gesin was “waansinnig” en “persoonlik” met die doel om te moor, aldus regter Siraj Desai.
De Lille: Speaker mag besluit oor geheime stemmery
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Woensdag beslis dat die speaker van die stadsraad mag besluit of ʼn mosie van wantroue in Kaapstad-burgemeester Patricia de Lille met ʼn geheime stemmery sal plaasvind.
Vyf vas ná Gupta-klopjag
Vyf persone sal Donderdag in die Bloemfonteinse streekshof verskyn ná die Valke en die polisie op die Gupta-familie se huis in Saxonwold toegeslaan het.
ANC gaan voort met mosie van wantroue
Die komitee het ook beslis dat, hangende die beskikbaarheid van die hoofregter of sy genomineerde, sal die nuwe president van die Republiek van Suid-Afrika Vrydagoggend, 16 Februarie 2018, aangewys word.