Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco het Maandag gesê die organisasie is geskok deur die uitsprake van Bathabile Dlamini, president van die ANC-Vroueliga (ANCVL) en ʼn kabinetsminister, dat Suid-Afrikaners staatskaping moet vergewe soos hulle apartheid vergewe het.
Britse diplomaat se liggaam by snelweg gevind
“Ons is verpletter oor die verlies van ons geliefde Rebecca. Ons doen alles wat ons kan om te probeer verstaan wat gebeur het.
Ses vas oor vuurwapen by Nasrec
Ses verdagtes verskyn binnekort in die Johannesburgse landdroshof nadat hulle buite Nasrec, waar die ANC se nasionale verkiesingskonferensie tans aan die gang is, met ʼn vuurwapen betrap is.
Mantashe se raad aan nuwe ANC-leierskap
Die ANC het omstreeks 12:00 Maandag op Twitter bevestig dat die stemproses afgehandel is.
Vyfde verdagte (18) vas ná moord op tiener
ʼn Woordvoerder van die polisie het gesê die vyfde verdagte het homself Sondag aan die polisie oorgegee.
Patricia de Lille: ‘Skorsingsproses was blatant onbillik’
Patricia de Lille, Kaapstad se burgemeester wat deur die DA geskors is hangende ʼn ondersoek na bewerings van wanadministrasie in die stad, is van mening die party het nie genoeg rede om haar te verwyder nie.
Herrie oor ‘peperduur’ bottels water
ʼn Foto van die munisipale faktuur is op sosiale media versprei en het wyd opslae veroorsaak.
ANC-konferensie: Nog ANC-hoës steun Ramaphosa
Terwyl die stemproses steeds by die ANC se nasionale verkiesingskonferensie by Nasrec in Johannesburg aan die gang is, het nog senior ANC-lede openlik hul ondersteuning van adj.pres. Cyril Ramaphosa verklaar.
Foto’s: Twee verdrink tydens ritueel
Drie mense het glo in die water in die moeilikheid geraak, maar een van hulle kon gered word.
Vermiste Mooinooi-vroue: Familie bly hoop
“Ons koester nie onrealistiese verwagtings nie en ons is ook nie naïef nie. Ons glo eenvoudig net op die oomblik dat God by magte is om dinge te doen wat vir ons onmoontlik is.”
Skermswewer val na sy dood in Wes-Kaap
Die voorval het glo gebeur tydens ʼn kompetisie wat in Porterville aangebied is.
Man sterf in ongeluk voor skool
ʼn Middeljarige man is Maandag in die vroeë oggendure in ʼn motorongeluk voor ʼn hoërskool in Heidelberg, Gauteng, dood.
Nuuskommentaar: Geseënde Kersfees of ‘Happy Holidays’
Moet die Christusfees as groot en gewyde feestyd vir Christene sonder politiek korrekte beperkings gevier kan word – ook in die openbare domein – of moet dit ‘n sekulêre “happy holidays” word waar die Kersvieringe tot kerke en gesinne beperk word?
Minstens 11 dood, 15 vermis ná modderstorting
Reddingswerkers in die gebied soek tans na oorlewendes en help inwoners wat deur die storting geraak is.
Duiker vermis by Durban-hawe
“Die duiker het vermoedelik onder die water ingegaan om ʼn ander duiker af te los wat onder ʼn skip, wat in die hawe vasgemeer was, besig was met ʼn instandhoudingsoperasie.”
Twee dood, 4 beseer in botsings
Twee mense is dood en vier ander beseer in twee verskillende botsings Sondag in Gauteng.
ANC-konferensie: Stemmery het begin
Die stemmery vir die nuwe top-ses van die ANC het Maandag in die vroeë oggendure by Nasrec in Johannesburg begin.
Vier vas ná moord op tienerseun
Volgens die polisie is die vier verdagtes almal tussen 16 en 18 jaar oud. Die vierde verdagte se ma het hom na die polisiestasie gebring.
ANC-konferensie: Hier is benoemings vir top-ses
Die ANC het Sondagaand by die nasionale konferensie wat by Nasrec in Johannesburg gehou word die lys bekendgemaak van aanspraakmakers vir die top-posisies in die party.
ANC-konferensie: Nee vir twee adjunkpresidente
Benoeming vir die ANC-top-ses sal Sondag vroegaand begin.