Die polisie het intussen die name van die oorledenes bekendgemaak.
Nuusleser kondig sy eie broer se dood aan
“Natuurlik moes ek rugbaar maak dat hy as gevolg van my werk as joernalis gemartel is.”
Katalaanse separatiste seëvier weer
Dit lyk of die wyse waarop Spanje in Katalonië ingegryp het die inwoners van Barcelona, en veral die omstreke, net nader aan separatistiese partye gedryf het.
Staatskaping: Zuma wil appelleer
Pres. Jacob Zuma het ʼn aansoek om verlof tot appèl by die hooggeregshof in Pretoria ingedien teen ʼn hofbeslissing waarin hy beveel word om binne 30 dae ʼn geregtelike kommissie van ondersoek na bewerings van staatskaping op die been te bring.
Man, vrou saam ontvoer
Volgens die polisie is daar vrouekledingstukke, ʼn paar swart tekkies en een van die man se skoene op die passasiersitplek aangetref.
Motorfietsryer sterf toe hy teen trok bots
ʼn Man, vermoedelik in sy 40’s, is vroeg Vrydagoggend dood toe sy motorfiets teen die agterkant van ʼn vragmotor gebots het.
Polisieman, twee ander vas ná ontvoering en roof
Een van die verdagtes is ʼn polisiebeampte. Twee vuurwapens, waarvan een ʼn dienspistool is, is in die verdagtes se besit gevind.
Polisieman dood, nog een gewond toe verdagtes losbrand
“Die verdagtes het die opsigter gedreig en hom opdrag gegee om die polisiebeamptes weg te stuur. Terwyl hy besig was om met hulle te praat het een van die gewapende mans uitgekom en op die polisie losgebrand.”
Vier in hof ná Mooinooi-vroue se verdwyning
Vier verdagtes het Vrydag in die Brits-landdroshof verskyn in verband met die raaiselagtige verdwyning van Joey en Anisha van Niekerk van Mooinooi in Noordwes.
Aanvallers slaan toe op Muldersdrift-kleinhoewe
ʼn Egpaar is Woensdagnag op ʼn kleinhoewe in die Muldersdrift-omgewing in Gauteng deur drie gewapende mans oorval terwyl hulle geslaap het.
Shoprite-werkers staak landwyd
“Gebeurlikheidsplanne is beraam om winkels oop te hou en handel so normaal as moontlik te laat voortgaan.”
Drie vas ná ontvoering, rooftog
Drie verdagtes is vasgetrek nadat hulle vroeër vandeesmaand ʼn onderneming beroof en ʼn man in KwaZulu-Natal ontvoer het.
SA-aktivis nuwe hoof van Amnestie Internasionaal
Kumi Naidoo, ʼn Suid-Afrikaanse burgerlike samelewing- leier, anti-apartheidsveldtogvoerder en lewenslange aktivis, is as die nuwe sekretaris-generaal van Amnestie Internasionaal (AI), die internasionale menseregteorganisasie, aangestel.
Pta-sentrum beroof: Verdagte in hospitaal vasgetrek
“Ons wil graag vir die publiek die versekering gee dat die veiligheid van ons huurders en klante vir ons uiters belangrik is.”
Gimnasium-brand: Dodetal styg
Brandbestryders het nog liggame binne die gebou gevind waar daar ook verskeie restaurante, ʼn swembad en binnenshuise gholffasiliteite was.
‘Suid-Afrika voor keuse van armoede of groei’
“Daar sal van die regering verwag word om grondeienaars by te staan en te beskerm teen grondbesettings.”
Nuuskommentaar: Grondgryp – 2019-verkiesing het belangriker geword
Daar sal stellig nog verskeie nuanses uitgespel word in die ANC se nuwe grondgryp-beleid om totale ekonomiese ineenstorting te voorkom, maar dit het skielik noodsaaklik geword dat die ANC met 2019 se algemene verkiesing hard gestraf word hiervoor.
Een dood, twee beseer in Jhb-ongeluk
Een man is dood en twee ander beseer toe ʼn motor van agter af met ʼn ander motor gebots het.
Eskom-resultate eers dán bekend
Nersa het verlede week Eskom se versoek van ʼn 19,9% verhoging van die hand gewys en net 5,23% toegestaan.
Vrou spring glo uit bewegende motor
ʼn Vrou, vermoedelik in haar 40’s, is Donderdagmiddag beseer toe sy na bewering uit ʼn bewegende voertuig gespring het.