ʼn Verbyganger het opgemerk hoe die seun onder die golwe in die see verdwyn.
Polisie krap kop oor miljardêr-egpaar se raaiseldood
Die Kanadese miljardêr Barry Sherman en sy vrou, Honey, het onlangs hul luukse huis in Toronto in Kanada vir ongeveer $5,4 miljoen (sowat R70 miljoen) op die mark gesit. Vrydag is die egpaar onder raaiselagtige omstandighede dood in hul huis aangetref.
Drie vas oor vuurwapens, gekaapte voertuie
Polisiebeamptes het die motor deursoek en twee AK 47’s, ʼn LM5-geweer, twee pistole en ammunisie in die motor gevind.
Motorfietsryer ernstig beseer ná hy meters ver val
“Toe reddingswerkers die man uiteindelik tot op grondvlak gekry het, is hy met ʼn helikopter van die Suid-Afrikaanse Lugmag na die Mediclinic Tzaneen geneem vir verdere behandeling.”
Gratis onderrig: Tesourie ondersoek moontlikhede
Nadat pres. Jacob Zuma Saterdag wyd reaksie ontlok het met sy aankondiging dat die regering gratis hoër onderrig vir arm en werkersklasstudente sal subsidieer, het die nasionale tesourie gesê hy het kennis geneem van dié aankondiging en sal moontlike finansieringsopsies ondersoek.
Mbete steun nou vir Ramaphosa
“Ons het gepraat en ons stem saam oor hoe om die kwessies rondom eenheid in die organisasie aan te pak.”
Zuma se laaste presidentstoespraak: ‘Ek het my bes probeer’
“Ek het my bes probeer. Ek koester geen wrok [nie],” het Zuma afgesluit. Hy het ook vir oulaas ʼn liedjie en paar danspassies ingewerk om sy laaste politieke toespraak af te sluit.
Vreugde, kommer oor studiegeld-aankondiging
Bozzoli meen pres. Jacob Zuma het tot nou gewag met hierdie aankondiging sodat hy opslae by die ANC se verkiesingskonferensie kan maak, terwyl studente, hul families en hoëronderriginstansies al lank angstig wag op nuus oor studiefooie.
Vermiste Mooinooi-vroue: Voertuig gevind
Die motor van Joey (32) en Anisha van Niekerk (30), die twee vroue wat verdwyn het nadat hulle Sondag by ʼn kleinhoewe in die Mooinooi-omgewing in Noordwes weggery het op pad Pretoria toe, is gevind.
Wag sterf toe hy verdagtes agternasit
ʼn Tweede verdagte is ook deur paramedici vir geringe beserings behandel nadat hy glo deur dieselfde verdagtes aangerand is.
Foto’s: ANC-konferensie begin
Die ANC se nasionale verkiesingskonferensie het uiteindelik Saterdagmiddag by Nasrec in Johannesburg aan die gang gekom, ure nadat dit veronderstel was om te begin.
SAUK-staking: Ooreenkoms bereik
Die SAUK het ʼn ooreenkoms bereik met die Broadcasting, Electronic Media, and Allied Workers’ Union (Bemawu) oor werkers se salarisverhogings vir die 2017/18- finansiële jaar.
Prokureur vas wat glo eie dood vervals
Die Vryheid-gemeenskap is in Julie vanjaar geruk deur die skielike afsterwe van ʼn prokureur van dié KwaZulu-Natalse dorp, maar vandeesweek is dié prokureur saam met sy verloofde in hegtenis geneem.
Nog geen teken van vermiste Mooinooi-vroue
Intussen het drie mans Vrydag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, ontvoering, roof, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwarsboming van die gereg.
Sanger se noue ontkoming toe motor ontplof
“Ek dink nie die hele voorval het eintlik al behoorlik by my ingesink nie. Ek kry nie geslaap nie en kry nagmerries oor wat gebeur het. Die trauma hiervan is moeilik om te verwerk.”
ANC-konferensie: Talle afgevaardigdes nou net waarnemers
“Die spesiale NUK-vergadering was nodig om te verseker ons doen nie iets wat die nasionale konferensie besmet nie.”
11 trokke in brand verwoes
Elf vragmotors het Vrydagaand in ʼn brand by ʼn maatskappy in Westmead in Pinetown, KwaZulu-Natal, deurgeloop.
Gratis onderrig vir arm en werkersklasstudente
Die presidensie het Saterdag aangekondig dat die regering gratis hoër onderrig vir arm en werkersklasstudente sal subsidieer.
Winkelgroep waarsku oor WhatsApp-slenter
Talle mense het gereageer deur te sê hulle het die slenterboodskap uit alle oorde ontvang en sommige het erken dat hulle daarvoor geval en dit ook vir hul vriende aangestuur het.
Steinhoff: Reguleringsraad sal Deloitte ondersoek
Bernard Agulhas, die uitvoerende hoof van Irba, het gesê die reguleringsraad sal ondersoek instel na die oudits vir die finansiële jare van 2014 tot 2016.